|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 119
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die eerbied van die priestervroue vir die Heer
119 Toe ons ons saal binnekom, kom die vyf priesteresse My baie eerbiedig tegemoet en vra My om vergewing omdat hulle My en My leerlinge voorheen so hardnekkig teëgepraat het; want hulle het tog nooit kon vermoed dat Ek Die Een was, wat Ek was nie.
[2] Die priesters het hulle naamlik op die man af vertel, dat Ek met My Geestelike deel God Self is, die Enige en Enkele, en dat Ek `n uiterlike liggaam het om My vir die mense sigbaarder en toegankliker te maak. Hulle sê dat My liggaam weliswaar net soos die liggaam van elke mens begrens wat, - maar dat My Gees alles deurdring, naby en veraf, en daarom slegs hoef te wil om naby en veraf te laat gebeur wat Ek maar wil laat gebeur. As ek iets wil, is dit daar en bly dit bestaan solank Ek dit wil laat bestaan. As Ek dit egter nie meer verder wil laat bestaan nie, bestaan dit ook nie meer nie, en wel asof dit nooit daar gewees het nie. Ook weet My innerlike, goddelike Gees alles, hoe verborge ook; ja, Ek ken volgens hulle selfs die allergeheimste gedagtes van alle mense op die hele aarde en weet ook alles wat daar waar dan ook nog so verborge gebeur.
[3] Dit alles het hulle met feitelike bewyse onderbou, sodat die vroue wel gedwing was om alles wat hulle mans oor My gesê het, vas en sekerlik te glo, en dit was dan ook die rede waarom hulle My nou met so `n grenselose eerbied tegemoet gekom het.
[4] Maar Ek sê baie rustig vir hulle: 'As julle, beste kinders, nou deur julle mans weet en glo dat Ek Die Een is, dan is die manier waarop julle My nou tegemoet kom, gladnie in orde nie. `n Te groot en onbegrensde, met menslike gemoed heeltemal van wroeging vervulde eerbied vir `n goddelike wese is net so nadelig as `n te geringe eerbied; want as julle iemand met te veel vrees en bewing hoogag, vra julle dan eers in julle hart af of julle hom nog wel kan liefhê! As julle egter heeltemal geen agting vir iemand het nie, sal julle hom ook nie kan liefhê nie. Maar as julle van iemand goed weet watter talle goeie, beste eienskappe en vaardighede hy het, dan sal julle hom in julle hart buitengewoon bewonder en bomatig liefhê; en kyk, dit is dan die ware eerbied, en dit is julle net so verskuldig aan `n goddelike wese as aan elke mens wat jou naaste is, orals waar jy hom teëkom!
[5] Laat vaar dus julle huidige oordrewe eerbied! Kom aan tafel, en eet en drink opgewek en bly by My! Want as julle baie dikwels by julle feesmaaltye vrolik kon wees toe die dood nog in julle harte gewoon het, sal julle nou nog baie vroliker kan wees omdat die dood van julle gewyk het en die lewe sy intrede in julle harte gemaak het! - Wat vind julle daarvan?'
[6] Die priesteresse sê: 'Ja wel, ja wel, - maar ons is nog te veel onder die indruk van die mag en die grootte van U Gees! Ook in die opsig sal ons egter alle moontlike moeite doen om nie voor U te bewe nie, maar U waaragtig te ag en sekerlik bo alles lief te hê. Slegs U kry dus al ons eer en al ons liefde!'
[7] Ek sê: 'Nou, dit is wel goed; laat ons dus maar almal dadelik aan tafel gaan en in alle opgewektheid eet en drink! Na die maaltyd sal ons dan wel oor allerlei sake praat en ons amuseer en stig!'
[8] Daarop gaan almal aan tafel en eet en drink na hartelus. Na die maaltyd word nog oor alles en wat gepraat, en die priesteresse weet heelwat merkwaardige sake te vertel, en die gesprek kom oor die maan en die dikwels ongeneeslike inwerking op die aarde en ook op baie ander mense.
[9] `n Priesteres vertel dat sy `n maansiek man geken het wat meestal snags by die volmaan met geslote oë sy kamer verlaat het, sy hande na die maan uitgesteek het en dan met onfeilbare sekerheid selfs maklik teen die steilste rotswande na bo gegaan het asof hy oor `n vlak bodem voortbeweeg het. Slegs één ding moes die verbaasde toeskouer daarby in die oog hou, naamlik dat hy stil en rustig moes bly, omdat `n menslike geluid die maanwandelaar se lewe kon kos.
[10] (Die priesteres:) 'Wel, wat is dit dan vir besondere invloed van die maan op bepaalde mense, en hoe kom die mense daaraan?'
|
|
|
|
|