Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die egbreekster

(Evangelie van Johannes 8:3-11)

197 Maar terwyl hulle so sit en redekawel, bring die geregsdienaars wat hulle uitgestuur het, `n egbreekster wat hulle op heterdaad betrap het en nou volgens die wet van Moses gestenig moes word, wat egter deur die huidige Fariseërs – as die egbreekster ryk was, - altyd in `n groot geldboete verander kon word. En as sy arm was, maar jonk en mooi, was sy gewoonlik gegesel en daarna verplig om die tempeldienaars te dien, en `n ou en lelike een was alreeds deur die natuur beveilig teen egbreuk. Die aanwesige egbreekster was nog baie jonk en arm, maar wou by `n ryk vreemdeling tydens die feestyd `n rojale appeltjie vir haar dors byverdien, om haar daarna makliker in die lewe te kon onderhou. Sy sou beslis die eiendom van die tempel geword het as Ek nie daar was nie, en as die tempeldienaars nie gedwing was om hierdie vernaamste middel te gebruik om my daarmee, soos wat hulle gedink het, met sekerheid te vang nie.

[2] Dus word die arme egbreekster deur die wyse Fariseërs voor My gebring en ook te midde van die volk wat My van alle kante omring. (Johannes 8:3)

[3] Toe die vrou, deur doodsangs gekwel, voor My staan, vra een van die hooggekwalifiseerde Fariseërs My: 'Hierdie vrou is op heterdaad tydens egbreuk gegryp. (Johannes 8, 4) Moses het ons in sy wet gebied om so `n persoon te stenig, - en die wet van Moses is bykans gelyk aan God se wet. Wat het jy daarop te sê?' (Johannes 8, 5)

[4] Dit spreek wel vanself, dat hy dit maar net gedoen het om My, na sy denke, deels deur die streng wet van Moses, en deels deur My toespraak oor die groot barmhartigheid van God die Vader, en ook deur My goedheid vir die sondaars, wat aan hulle welbekend was, onvermydelik in verleentheid te bring, waardeur hy My dan sou kon beskuldig en vervolgens teen die volk, soos wat reeds gesê is, met groot, indrukwekkende betoog onmisbaar sou kon sê: 'Kyk nou eers na die groot bedrieër en volksverleier, wat ons nou tereg sal gryp en aan die gereg sal oorlewer!'

[5] Maar so gou as wat hy dit wil, gee Ek geen antwoord op sy vraag nie, maar Ek buk neer en skryf die skuld van die sondares in die sand op die grond (Johannes 8, 6); want daar het by sulke groot feeste altyd baie sand op die grond gelê, omdat die tempel eers nadat die hele fees verby was, weer gevee word en die byeengeveegde vuilheid verkoop word aan allerlei bygelowige Judeërs.

[6] Toe die Fariseërs en die tempeljode egter bly vra, rig Ek Myself op en sê vir hulle: 'Dit is volkome waar dat Moses so `n wet gegee het; maar hy wat die reg het om so `n sondares te stenig, moet sonder sonde wees, - dit staan ook geskryf! In elke geval moet hulle wat die eerste klip na die sondares werp, volkome rein en sonder sonde wees! Wie van u dus sonder sonde is, werp die eerste klip na hierdie sondares! (Johannes 8, 7) God se barmhartigheid word nie daardeur geskaad nie, want Moses het die mense wyse wette gegee. Wie dit ken en dit nie hou nie, het homself geoordeel en sy doodsvonnis bevestig.'

[7] Daarop buk Ek weer na die grond en skryf verder. (Johannes 8, 8)

[8] Toe hulle egter hierdie woorde van My hoor, waarmee hulle nie gereken het nie, en hulle gewete hulle sê: 'Julle is tog self veelvoudige sondaars en egbrekers, en die hele volk ken julle as sodanig!', toe sê van die hoogste tot die laagste niemand meer iets nie en elkeen verlaat die tempel so vinnig hy maar kon en verdwyn.

[9] Na enkele oomblikke was daar niemand van die Fariseërs en Tempeljode, die Leviete, knegte en geregsdienaars meer binne in die tempel nie. Slegs Ek en die sondares was nog daar, en natuurlik staan die volk en My leerlinge in `n groot sirkel om ons heen. (Johannes 8, 9) Die volk verbaas hulle en was baie bly dat Ek die Fariseërs met so min woorde op die vlug gejaag het.

[10] En `n aantal sê baie hardop: 'O, as hulle ook maar één klip sou gegryp het, sou ons hulle verskeur het, die ou sondebokke! Want `n sondaar kan en mag sekerlik iemand wat baie minder gesondig het, glad nie oordeel nie.'

[11] Toe rig Ek My weer op en sien niemand van die regters binne die kring nie , slegs die vrou wat gestenig moes word.

[12] En Ek vra haar: 'Wel, waar is jou aanklaers? Het niemand jou dan veroordeel nie? ' (Johannes 8:10)

[13] Die egbreekster sê: 'Nee, Heer, niemand het my veroordeel nie, maar hulle het almal so vinnig moontlik weggegaan' (Johannes 8: 11)

[14] Toe sê Ek vir haar: 'Dan veroordeel Ek jou ook nie! Maar gaan nou na jou woonplek en sondig voortaan nie meer nie! Want as jy sondig, sal dit met jou sleg gaan! ' (Johannes 8:11)

[15] Toe bedank die sondares My vir die bewese barmhartigheid, maar vra My egter of Ek haar sou wil sê hoe sy veilig na haar huis kon gaan, want sy was tog bang dat die geregsdienaars van die Fariseërs haar onderweg sou gryp en kwaad sou aandoen.

[16] Toe sê Ek: 'Wees nie bang vir hulle nie, want hulle sal bly wees om jou nie onder oë te kry nie! Gaan nou egter onder die volk, wat jou goed sal beskerm en jou behoue sal tuisbring! Kyk maar eers daar by die voorhangsel van die tempel, dan sal jy almal sien wat juis nou hier gestaan het! Want die volk het hulle buite gevra waarom hulle almal so haastig uit die tempel gevlug het. Hulle het hulle egter geskaam om die waarheid te spreek, bedink toe `n onbeholpe smeerkampanje en keer deur die poort wat na die ooste staan, weer baie stilletjies terug. Maar gaan jy nou onder die volk wat in My glo, dan sal daar niks met jou gebeur nie! Ek sal die volk nou verder onderrig en dan sal hulle hulleself dadelik weer aanmeld en hulle na My toe laat deurdring; want hulle is nou nog baie kwaad vir My, omdat Ek hulle beskaamd gemaak en jou uit hulle kloue gered het. Maar gaan nou maar gerus daar waar Ek jou gesê het, wees vroom en sondig voortaan nie meer nie!'

[17] Toe gaan sy bedeesd weg tussen die volk in, wat haar vriendelik opneem en haar onder luide bedreiging teen die Fariseërs moed inpraat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205