|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 67
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die onsterflikheid van die siel van die mens
67 Toe sê die herbergier: “Ek het weliswaar ook alreeds oor talle sake uit U Goddelike mond onderrig ontvang, maar nogtans het ek nog verskeie belangrike vrae op die agtergrond. Eén daarvan kom vir my van die grootste belang vir die lewe voor, en as U dit daarmee eens is, sou ek die vraag wel graag deur U beantwoord wil sien!”
[2] EK sê: “Hoe lui dan jou vraag vervolgens?”
[3] Die herbergier sê: “Aldus, Majesteit en Heer: Sien, die mens weet baie goed, dit wil sê deur onderrig, dat sy siel, waarvan mens ook nie so `n baie korrekte begrip het nie, onsterflik is; maar ondanks al die vaste geloof, vermeng hom daarmee tog steeds die bittere gevoel van die algehele afsterwe en uiteindelik die volledige vergaan en verdwyning uit die ry van lewende en van hulself bewuste wesens.
[4] Met die gedagte aan die bestaan in en aan die ander kant van die graf kan niemand, selfs met die beste wil, ooit sodanig vertroud raak dat sy hart hom geluksaligheid daaroor sou gee nie, maar dit huiwer steeds opnuut daarvoor, omdat juis oor hierdie belangrikste punt, ondanks alle moontlike moeite, van geen enkele kant duidelikheid aan hom gegee word nie.
[5] Omdat die dood en die graf dus die bitterste gedagtes by die mens oproep, en omdat daaroor nêrens `n goeie verklaring wat standvastige lig gee, te kry is nie, is die menige mense egter nie kwalik te neem nie dat hulle hulleself, om hierdie duistere gedagtes in hulle te oorstem, hulle volledig oorgee aan die roes van die wêreld. Oor die belangrike lewensvraagstuk sal die korrekte liggewende uitleg uit U mond, o Heer, daarom werklik baie noodsaaklik wees! Want watter nut het die mens aan die mees wyse lesse, as hy in sy innerlike bewussyn nie volkome duidelik weet, dat hy die lewe van die siel na die dood besit nie?! Mens hou jou wel aan die wette en die onderrig, maar meer terwille van die uiterlike, burgerlike orde, eerder as om daardeur die ewige lewe op `n bepaalde manier met sekerheid te verkry.
[6] Ek is soveel moontlik tog nog een van hulle wat redelik getrou is aan die insettinge van Moses, en ek is, wat geestelike sake betref, steeds die liefste daarvoor en wat die meeste met die belangrikste wyse mense van alle nasionaliteite omgaan, en hulle weet ten slotte niks van die betrokke onderwerp nie, of kan niks meer sê as ekself nie. Die Romeine sê, en met hulle ook die Grieke: “Dit is nou juis die noodlottige sluier van Isis, wat tot op hede nog deur geen sterfling opgelig is nie!” Ja, dit is baie mooi gesê, en daar is ook baie waarheid daarin; maar daarby baat ons jammer genoeg niks nie! Want `n dooie voel, hoor en sien niks meer nie, en ons, wat nog aan hierdie lewe knaag, soos wurms aan `n verrotte stuk hout, sien, hoor en voel van die gestorwene ook niks anders meer nie as sy dooie, stinkende liggaam, wat weinige jare later tot stof en as word nie. Dus, Majesteit en Heer, U, wat die lewe Self is volgens U leer, gee aan my, en eintlik aan ons almal, `n duidelike uitleg daaroor, ek smeek U daarvoor! Want waarlik, met die duistere gedagte aan die dood, aan die graf en aan die vernietiging wil ek nie graag nog een jaar lewe nie!”
[7] EK sê: “Ja, My liewe vriend, jou vraag is baie goed gestel, en daar spreek `n menslike behoefte daaruit van die eerste orde; maar om daaroor `n dusdanige uitleg aan jou te gee dat jy die ewige lewe van jou siel deur `n baie duidelike sonhelder bewussyn in jou voel, is `n buitengewoon moeilike saak! Want kyk, Ek het immers juis in hierdie wêreld gekom om aan die mens die besef van die ewige lewe volkome te skenk as hy heeltemal volgens My leer leef en handel! As `n mens My leer egter nie ken nie, of - as hy dit wel ken – en dan tog nie daarvolgens leef nie, kan hy ook nie tot die innerlike lewensbewussyn kom nie, omdat alleenlik Ek die weg en die deur daarheen is.
[8] Jy sien die blomme aan die boom; maar van die groeiende vrug sien jy tydens die bloeityd weinig of niks nie. Eers wanneer die blomme afgeval het, word `n baie klein vrugbeginsel sigbaar. Maar in die vrug moet tog ook die saad met die lewenskiem groei; waar is die eerste klein vrugbeginsel te bemerk?! Alles blyk daar nog één en dieselfde te wees. Die vermoë is egter wel alreeds daarin, maar jy kan dit nog lank nie onderskei van alle ander lewenslose dele nie, waarin geen lewenskiem ryp word nie. As die vrug egter tot volle rypheid kom, sal jy maklik en sonder enige moeite die saadkorrel ontdek.
[9] En sien, dit is byna net so met die volle, duidelike lewensbewussyn van die siel in die mens! Solank die mens dit nie in hom het nie, is die siel in sy liggaam nog nie so lewensryp dat hy te onderskei is van die vlees nie. Hy is nog te veel en te nou verbonde met die vlees en kan in homself dan nie baie anders voel en waarneem as net die lot van sy liggaam nie, en selfs die beste verklaringe kan nie aan `n siel, wat nog nie ryp is vir die lewe, die innerlike, volkome, ryp lewensbewussyn gee nie.
[10] Het `n siel egter deur haar eie werksaamheid volgens My leer die genoemde lewensrypheid bereik, dan is elke verdere bewys daarvoor heeltemal onnodig. Of het jy dalk `n bewys daarvoor nodig dat jy nou op `n natuurlike wyse in jou liggaam leef? Beslis nie, en jy sou elkeen uitlag wat van plan sou wees om aan jou te bewys dat jy nou in jou liggaam leef, beweeg en na alle kante besig kan wees. Sou die mees oortuigende bewys dat jy nog leef jou egter iets help as jy in `n diep slaap sou versink en nie in staat sou wees om iets waar te neem nie?!
[11] Sien, ook elke dier het `n siel, waarvan die bestaan ook geestelik-substansieël en dus onvernietigbaar moet wees, omdat dit nie andersins die ledemate van sy liggaam sou kon laat beweeg nie! Maar probeer eers om aan `n dier te verduidelik wat sy siel is, en dat hy net deur sy siel leef! Sou die dier wel begryp wat jy aan hom gesê het? Beslis net so min as wat `n klip jou sou verstaan het! Maar waarom verstaan `n dier dit nie, en waarom het dit geen woorde om sy gevoelens aan `n ander skepsel mee te deel nie?
[12] Sien, `n dieresiel is noodsaaklikerwys nog diep in sy vlees begrawe en word, buiten die behoeftes van sy liggaam, van byna niks gewaar nie! As iemand `n dier vir `n baie eenvoudig werk wil afrig, moet hy heelwat moeite doen om die dieresiel eers in soverre uit sy liggaam te wek, dat die dier verstaan wat die mens van hom wil hê.
[13] Glo jy egter dat daar mense is waarvan die siele nie so baie ver bo die dieresiel staan nie, ja daardeur dikwels oënskynlik selfs oortref word? Wel, om sulke siele reeds aan hierdie kant deur woorde tot innerlike lewensbewussyn te probeer bring, sou totaal vergeefse inspanning en moeite wees! Vir sulke mense voldoen reeds die blinde en stille geloof dat hul siel na die dood van die liggaam voortleef en daar hetsy loon of straf te verwag het, ten einde hulle te voeg volgens die een of ander wettige orde, soos die os na sy juk. Alle verdere dinge moet vir `n ander lewenstoestand bewaar word.
[14] `n Dier kan net deur allerlei soorte pynlike tug so intelligent gemaak word dat hy nuttige take verrig, - so-ook `n baie lae wêreldse mens van wie die siel net na bevrediging van die liggaamlike behoeftes streef en behalwe die moontlikheid tot spraak byna niks verheffend te bied het wat uitstyg bo die dieresiel nie.”
|
|
|
|
|