|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 192
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
`n Besoek aan die Universum
192 Almal lê op die grond. Slegs Agricola sit op `n bank en begin die volgende te sê: 'Dus, die groot bal daar benede is die aarde en daar bo is die maan soos `n kleinere bal en daar nog dieper onder die aarde onmiskenbaar die son! O, dit is `n wonderbaarlike gesig, en die skynbaar leë ruimte is vol met wesens van my soort! Sommige sweef na benede na die aarde, en ander sweef weer daarvandaan. En, o, o, daar is die maanaarde al! Sy lyk baie soos ons aarde, maar alles sien so doods en verlate daaruit. Dit sou my egter nie daar beval nie en dit skyn ook dat dit haar bewoners ook nie al te goed beval nie, want hulle trek almal baie bedroefde gesigte en sien daar baie kwynend uit.'
[2] Die engel sê: 'Dit is slegs bepaalde aardse siele wat daar in `n sekere sin losgemaak word van hulle groot liefde vir die wêreld, sodat hulle dan geskik word vir `n hoër geestelike vorming. Kyk, hier op die ander kant van hierdie aarde sien dit daar al vroliker en natuurliker uit! Dit is die werklike bewoners van hierdie maanaarde.'
[3] Dit stel die Romein gerus en hy bekyk alles met groot verbasing en verwondering.
[4] Vandaar gaan hulle na die son.
[5] Toe Agricola in die omgewing van die son kom, sê hy vir die engel: 'Vriend, hierdie wêreld is vir my te groot! Ek vergaan tot `n volkome niks. Bring my na `n kleinere aarde!'
[6] Die engel sê: 'Ja, vriend, dit kan ek nie doen nie, want ek moet die wil van die Heer uitvoer! As ons op die oppervlakte van hierdie ligwêreld sal staan, sal hy hom wel vriendeliker aan jou voordoen. Dus, daar gaan ons!'
[7] Oombliklik bevind hulle hulle op die mooiste punt van die middelgordel. Daar word die Romein oorweldig deur die grootste prag. En toe hy daarna ook nog die mense sien, wat buitengewoon mooi was, wou hulle nie meer daar weggaan nie, en hy smeek die engel of hy nie `n jong vrou van hierdie groot aarde kon saamneem na die klein aarde toe nie, sodat die mense hulle almal daarvan sou kon oortuig dat die son ook `n wêreld is, waarop baie mooier en ook baie beter mense woon.
[8] Die engel sê: 'Ja, vriend, ook dit kan weer nie! En ook al sou ek haar na die aarde kon bring, dan sou dit vir haar tog onmoontlik wees om verder op aarde te lewe, omdat die lug van die aarde vir haar presies dieselfde sou wees wat water vir die liggaamlike mense op die aarde is. So sien jy goed dat die mense van die ander wêrelde so geskape is dat hulle maar net op hulle aangewese wêreld kan bestaan. - Maar nou gaan ons weer verder!'
[9] Na die son word nog planete en `n paar nabygeleë sonne besoek, waarop die Romein dit steeds die meeste na sy sin het, sodat hy dit voortdurend jammer vind dat hy nie `n bewoner van so `n groot, pragtige, mooi ligwêreld geword het nie.
[10] Maar die engel sê vir hom: 'Ja, my vriend, juis op hierdie ligwêreld het jou siel vierduisend jaar lank liggaamlik gewoon! Kyk, daar staan jou pragtige huis nog; en die mense wat daar in- en uitgaan, was liggaamlik jou naaste bloedverwante.
[11] Maar toe `n rondtrekende wyse wese jou vertel dat daar êrens in die eindelose groot skeppingsruimte `n wêreld is waarop die mense vroeër of later volledige kinders van die groot God kon word, as jy kan besluit om jou siel van hierdie wêreld los te maak, om op die aarde van God nog eens in `n onbeholpe liggaam `n lewe in die vryheid van die liefde deur te maak - egter sonder enige herinnering aan hierdie pragtige wêreld, omdat die lewe daar nie die siende wysheid, maar slegs, veral in die begin, die volkome blinde liefde as basis sou hê, - het jy daarmee ingestem. En kyk, daarna word jy dadelik verander, en nadat jy vrygeword het van jou siel, was jy gou in `n aardse moederliggaam verwek, en wel in die pragtigste stad van die aarde van God, sodat jy in bepaalde, verligte drome nie `n heimlike verlange sou kry om weer hier te wees nie!
[12] En kyk, jy was dus al `n keer op so `n mooi wêreld, iets wat jy nou in jou gees baie goed besef en waarby jy jou ook alles herinner wat jy vir ongeveer vyftig aardse jare alles gedoen het! Maar om te sorg dat jou verlange om hier te bly nie te veel ontwaak nie, sal ons dadelik weer na ons aarde van God gaan.'
[13] Op die oomblik was hulle almal, dit wil sê alle Romeine, weer uit die derde gesig teruggeplaas in die vroeëre tweede en word daarom weer wakker, maar met `n presiese herinnering aan alles wat gesien is, en ook duidelik gehoor is.
[14] Toe hulle almal ook weer opgestaan het, sê die Romein 'Ek het dit en dat gesien! Het julle ook so-iets gesien of gehoor?'
[15] Elkeen vertel in kort wat ook hulle gesien en gehoor het.
[16] En Agricola sê: 'Nou glo ek ook, dit wat ek gesien, en wat ek gehoor en meegemaak het, werklik so is, omdat julle almal presies dieselfde gehoor en gesien het. Dit is dus louter sonne en aardes, en die meeste ontsettend baie groter en mooier as ons aarde, - en dit alles moet deur die gees van hierdie wonderbaarlike Judeër geskape wees?!'
[17] Die engel sê: 'Ja, aardse broer, dit alles en nog eindeloos baie meer, groter en wonderbaarliker! En Hy, die verhewenste, ewige gees, het nou terwyl Hy ook `n mens van julle aarde is, die teken gedoen sodat ook julle Hom waaragtig erken, volgens Sy woorde sal lewe en dan as Sy kinders meer as salig kan word. En gaan dank Hom nou almal uit die grond van julle hart daarvoor dat Hy julle so-iets groots geopenbaar het, en julle laat sien het dat slegs Hy die Heer is van alle dinge en alle lewe!'
[18] Daarop doen almal dit, en Ek laat hulle ontwaak uit die tweede gesig, en alle engelenskares word weer onsigbaar.
[19] Ek vra hulle hoe hulle die teken ervaar het.
[20] Almal sê: 'Onbeskryflik goed!'
[21] Maar hulle verlang nou almal na rus en sê dat hulle eers die volgende dag nugterder daaroor sou kon praat. En dus gaan ons weer na ons kamer om te rus.
|
|
|
|
|