|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 100
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die terugkeer na Chotinodora
100 Daarop het die studente weer na ons toe gekom, behalwe Judas Iskáriot. Hy het nog die moeite gedoen om die bewoners die gebruik van verskillende gereedskapstoestelle te leer, en in elke huis het hy geëet en gedrink, want hy wou vir sy onderrig tog wel iets gehad het. Ons het hom egter sy vreugde gegun en het onder die voer van menige goeie gesprekke na Chotinodora gegaan. Toe ons daar aankom, het die son alreeds byna ondergegaan en ons het dan ook ietwat moeg geword en Jored se huis binnegegaan na die reeds bekende saal. Daar was ook beide die studente met die vier priesters, wat daar deur hulle onderrig is, en alreeds gou het daar `n menigte mense uit die huis en uit die stad gekom, wat graag wou weet wat daar alles tydens die klein reis na die vissersdorpie gebeur het.
[2] Wel, dit het byna tot die aanbreek van die nag aan beide kante aanleiding tot baie verhale en verbasing gegee. Net die aandete wat binnegebring is, is die tonge ietwat tot rus gebring en die burgers uit die stad het ons verlaat en die een na die ander weggegaan, sodat ons met meer rus die maaltyd kon geniet.
[3] Eers toe ons klaar geëet het, het Judas Iskáriot binnegekom en hy het taamlik ondersoekend rondgekyk of die maaltyd eers begin het of alreeds geëindig het. Hy het egter gesien dat dit reeds geëindig het en gewillig in sy lot berus. Jored wou nog iets vir hom laat voorberei, maar Judas Iskáriot wou dit nie toelaat nie en het hom net vir brood en wyn gevra, wat hy ook dadelik gekry het.
[4] Maar ons Thomas kon nogtans nie nalaat om `n opmerking te maak omdat hy deur My gewaargeword het dat Judas Iskáriot hom in die nuwe dorp deeglik goed gehelp het aan die wonderwyn aldaar nie. Hierdie keer het Judas Iskáriot egter net gemaak asof hy Thomas gladnie gehoor het nie, maar hy het nogtans, nadat hy `n deeglike beker wyn leeggedrink het, na buite gegaan, en ons het hom hierdie nag nie weer gesien nie. Buite het hy `n burger aangetref wat met hom oor die gebeurtenisse van hierdie dag gepraat het en hom toe ook saam na sy huis geneem het, waar aan hom `n goeie en ryklike aandete ten deel geval het.
[5] Toe ons egter nog so aan tafel gesit het, het die vroue en kinders en ander dienaars van die vyf priesters gekom om te kyk wat daar met hulle gebeur het, omdat hulle hulleself die hele middag op geen van die plekke laat sien het waar hul familielede gewoonlik gegaan het nie.
[6] Ook het die vroue heel ernstige woorde gespreek oor hoe dit nou verder moes gaan, omdat alles nou vernietig was wat andersins by hul diens behoort het.
[7] Maar die priesters het hulle ernstig oor hierdie vrae berispe en gesê: “Ons - en nie julle nie - was die priesters van die menslike, ou, onverbeterlike blindheid en gruwelikste domheid! Ons ken nou iets anders en sal ook rotsvas daarby bly. Maar as die waardelose, ou, valse gode ons vir ons nuttelose diens gevoed en onderhou het, dan sal die enigste, ware, almagtige God ons ook wel onderhou wanneer ons almal Hom nou alleen waarlik sal dien! - En vra ons nou verder niks meer nie; môre is daar ook nog `n dag waarop julle vroulike, dom nuuskierigheid bevredig kan word!”
[8] Ook hierdie goeie, ernstige berisping van die vyf priesters aan hul familie het `n goeie uitwerking gehad; hulle het geswyg en het baie geduldig weer huistoe gegaan.
[9] Daarna is nog heelwat goeie dinge bespreek, en die twintig nuwe studente het onder mekaar gesê: “O, was dit hier maar Jerusalem, wat `n salige lewe sou daar dan gewees het! Maar as in Jerusalem sou gebeur wat vandag alles hier gebeur het, dan sou dit die tempeldienaars nog erger opgewen het, en geeneen van ons sou sy lewe nog `n uur meer seker gewees het nie. En moet die kinders van God dan daar woon, en is hier maar net duistere en liglose heidene?! Ons praat nie meer oor kinders van God in Jerusalem nie! Hier is nou die ware kinders van God - en in Jerusalem die kinders van Satan!”
[10] EK sê: “Wel, wel, wen julle nie teveel op nie! Julle het wel korrek geoordeel, maar dit is hiervoor nie die regte plek nie. Praat dus liewer oor iets anders!”
|
|
|
|
|