Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

weegesprek tussen die arts en die herbergier oor die Heer

89 Toe ons ons rusbanke in beslag geneem het om te rus, het die tollenaar en ook sy seun, sy ander kinders en sy vroue, waarvan hy volgens die sede en gewoonte van die Ooste sewe gehad het, en ook sy talle amptenare en ander dienaars, ons verlaat en ons het weldra baie rustig aan die slaap geraak, omdat ons deur die lang reis behoorlik moeg geword het. Maar die huisbewoners het in die ander kamers nog lank wakker gebly en uitgebreid oor ons koms in hul stadjie gepraat.

[2] Die jongste arts, wat agtergebly het, het op die laatste nog aan die tollenaar gesê: “Vriend, as dit moontlik sou wees dat mens die lewensmeesterskap jou eie kon maak, dan sou mens alreeds spoedig al die geld van die hele aarde besit het! Dan sou menige koning sy halwe ryk as geskenk gee aan diegene wat op hierdie manier sy lewe kon beveilig! Nee, wat daar nie alles op hierdie goeie aarde voorkom nie!

[3] Hoe lank is dit dan gelede dat `n aantal magiërs, wat uit Egipte gekom het, ter geleentheid van hul deurreis na Melite ons met menige merkwaardige toorkunste verras het?! Maar al hul toorkunste was duidelik skynwonderwerke en vir niemand behalwe hulself van nut nie. Hulle het wel die mense vermaak, maar niemand het iets goeds daarby geleer nie. Hulle het ook allerlei apparate saamgebring en slange en ape en honde, kamele en muildiere en vate vol salwe en olies. Maar hierdie groep het nou te voet gekom en heeltemal niks saamgebring nie en het dinge verrig wat gemaak het dat jy hulle maklik as gode sou kon aansien! Dit is nie meer te oortref nie!

[4] Ook die leer wat hulle aan ons verkondig het, was baie goed, en ooreenkomstig die werk wat hulle doen; net die ou Judeërdom het daar sterk na vore gekom, net so is dit vir my nie onbekende grond- en leerstellinge van die ou Judese profeteskole nie, waaruit ook baie uitsonderlik manne, wat mens profete noem, moes voortkom. Of mens egter self, deur die navolging van die reëls so noukeurig moontlik, wat baie kortliks aan ons vertel is, in alle erns tot die wonderbaarlike lewensmeesterskap kan kom, dit sal miskien nog nie so eenvoudig blyk te wees nie! 

[5] Om een enkele en enige godheid, sê maar, volkome bo alles lief te hê, is `n moeilike saak, omdat mens as volwasse denkende mens alreeds moeilik glo dat daar êrens `n volkome bewys vir so `n God bestaan. Sy bewys vir die bestaan van een enkele ware God is baie goed en klink aanneemlik; maar daar sou jy jou as leerling alreeds vanaf die wieg intensief mee moet besighou, onder voortdurende leiding van `n baie ervare teosoof, omdat niemand anders langs hierdie weg ooit tot volkome kennis van `n enige ware God sou kon kom nie. 

[6] Maar hoe dit ookal sy, afgesien van die verklaring wat die wonderdoenende leier aan ons gegee het, is Hy tog `n buitengewone verskynsel! Ten eerste is dit net deur `n woord in die lewe terugroep van `n dooie, en nog heeltemal gesond ook, iets, wat nog nooit so volmaak voorgekom het nie, - en ten tweede, om presies te weet wat iemand diep in die geheim in sy hart dink, en iemand wat jy nog nooit vroeër gesien het nie, dadelik by sy naam te noem, - vriende, dit is dinge, wat geen menseverstand kan begryp nie! Waarlik, ofskoon ek van gode en goddelikhede nie juis soveel dink nie, sou ek nou egter nogtans baie geneig wees om hierdie man eerder vir `n God aan te sien as vir `n gewone mens!”

[7] Die tollenaar sê: “Dit sou ek ook dink, en deur dit aan te neem, sou mens wel baie nader aan die doel kon kom, as deur die nog so streng navolging van die gegewe reëls wat deur Hom gegee is. Verder het Hy `n paar maal taamlik duidelik laat deurskemer dat agter Hom iets meer as `n suiwer aardse mens is. Wel, môre sal daar miskien nog baie oor hierdie brawe man opgehelder word! Sy karakter skyn baie eerbaar te wees en jy kan goed met Hom praat. Ons sal sekerlik nog baie van Hom te wete kom! Vir vandag gaan ons ook rus, want môre het ons baie te doen!”

[8] Daarop het elkeen geleidelik gaan rus en die mense het tot sonsopgang vas geslaap.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205