Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die astrologie

96 Toe sê die Minerva priester: “Luister, Elohimmens, ons werk bestaan ook vir `n groot deel uit die daaglikse tydsbepaling, die rangskikking en tel van dae, weke, maande en jare, en ons moet `n studie maak van die planete en die twaalf hemeltekens en vasstel watter een die jaar beheers! Dit is `n werk wat baie kennis, ervaring en werk vereis, en dit is vir die hele mensdom iets uiters noodsaaklik omdat hulle sonder ons waaksaamheid, sorg en inspanning baie gou met al hulle verskillende werksaamhede in die war sou raak.

[2] Daarom maak ons ook die sandlopers en sonwysers volgens die stand van die twaalf hemeltekens. Wel, as ons U nuwe godsdiens en lewensleer self in ag neem en dit ook aan die volk bybring, mag ons dan daarbenewens hierdie werk ook nie meer doen nie?”

[3] EK sê: “O ja, hierdie werk is volkome in orde en goed, daarom mag julle dit ook bly doen; maar dit geld nie vir julle sterrewiggelary nie, en ook nie vir julle poging om daaruit die lot van die mense te wil lees en vas te stel nie, en dan ook nie vir die sien van al die gode in die sterrebeelde, en die aanbidding daarvan, en die offers aan hulle nie. As julle dus daarvan afsien, kan julle reken wat julle maar wil, en dae, weke, maande en jare tel, en ook horlosies maak soveel julle maar wil, as julle daarby alle afgodery en waarsêery maar agterweë laat! Hierdie dinge ontraai Ek julle nie, hoewel Ek openlik aan julle moet erken dat by julle tydsbepalende werk die vasstelling van die planeet wat oor die jaar heers, totaal nutteloos en dom is. Want kyk en let op:

[4] Julle reken ook die son en die maan tot die heersende planete. Van die maan wil Ek nog niks sê nie, omdat sy as konstante begeleier van hierdie aarde, wat wel `n planeet is, `n byplaneet is. Maar die son is tog geen planeet nie, maar `n vaste ster, soos wat daar tallose talle in die eindelose skeppingsruimte is. Sy is sekerlik minstens `n miljoen maal groter as hierdie aarde en vir haar omsirkelende planete `n vaste ligwêreld, wat `n onveranderlike plek het, wat julle beter sal leer ken as dit deur My studente ook nog van naderby aan julle uitgelê sal word.

[5] As dit alles nou onweerlegbaar is, hoe kan julle dan julle planete tot heersers oor `n bepaalde jaar maak? Sien, daarin lê afgodery verborge wat alreeds deur die ou heidense priesters baie fyn bereken is! Want as by julle byvoorbeeld in die jaar Jupiter - of julle Zeus - die regerende planeet is, dan moet aan hom as God in die jaar ekstra baie geoffer word, sodat hy vriendelik gesind bly en die vrugte die jaar goed laat gedy. Sien, dit is afgodery en nie toegestaan waar mense die ware, lewende en enigste God moet erken en volgens Sy getroue, geopenbaarde wil moet lewe en handel nie; want in die ou boek van die wysheid staan geskryf: “Ek alleen is julle God en Heer, daarom sal julle geen nietige, vreemde gode langs My hê en vereer nie!”

[6] Daar is dus maar één God, wat alles wat bestaan, uit Homself geskape het. In Hom alleen moet julle glo, Sy gebooie, wat Ek aan julle bekendmaak, hou, en Hom meer as alles ter wêreld liefhê!

[7] Maar as julle dit sal doen, om die Een wat Ek julle beloof het, te ontvang, dan is dit met die heersende planete afgeloop; want net God is die heerser oor alle dinge, alle elemente en alle tye.

[8] Wie dit glo, en dit vas en sonder twyfel aanvaar, en leef volgens die erkende wil van God, sal ook in homself weldra duidelik gewaarword dat hierdie woorde, wat Ek nou met julle spreek en gespreek het, God se woorde is en dat hierdie selfs sekerlik tot die bereiking van My belofte wat aan julle gegee is, sal lei, soos die sekerheid dat Ek net deur My wil alles kan doen wat Ek wil. - Het julle dit nou goed verstaan?”

[9] Die vyf priesters sê: “Heer, Heer en volmaakte ware Elohimmens, ons het dit nou goed verstaan, en sê en erken openlik dat U in alles volkome gelyk het en die suiwere waarheid spreek! Maar nogtans is ons met betrekking tot ons werk van mening dat die heersende planete wel gehandhaaf kan word by ons tyd- en jaarberekening, as ons net die ou vertroude name behou. Ons sou dan wel aan ons mense daarby uitlê dat dit maar net name is waarmee ons bepaalde planete aandui, om maar net op ordelike wyse die siklus van sewe tot sewe jaar te kan bepaal, volgens die stelsel van die ou Egiptenare. Dit, dink ons, sou die opbloei van U leer nie skaad nie.”

[10] EK sê: “Ja, ja, ook al sou dit nie skaad nie, dit sou ook geen nut hê nie; want waarvoor is die siklus van sewe jaar goed? Die een van sewe weke en van sewe maande het alreeds heeltemal geen betekenis nie, - hoeveel dan minder `n siklus van sewe jaar! Maar julle het nou eenmaal die getal sewe magies gemaak, betekenis daaraan gegee, allerlei invloede daaraan toegeskryf en die hele volk daarmee verblind, en dit is die rede waarom julle van die meeste nuttelose dwaashede geen afstand kan doen nie. Maar as julle dit alles na julle mening moet behou, leer die volk dan egter in alle erns dat die ou godsname nou voortaan maar net ydele, betekenislose name vir bepaalde planete is!

[11] Ek sê vir julle: Al julle berekeninge daar bo aan die sterrehemel is suiwer leuens en bedrog. My studente kan dit volkome volgens waarheid bevestig. Ek het dit ook aan hulle onthul, en hulle weet wat die son, die maan en al die ander sterre is. Vra hulle later daarna, dan sal hulle julle ook daaroor reg voorlig! Daardeur sal julle ontdek hoe uitermate verkeerd en lagwekkend dom al julle berekeninge en bepalinge is.

[12] Soos wat gesê is, van julle tydsberekening is net die maankwartiere wat om die sewe dae steeds wissel, die daaruit voortkomende week, die periode van `n maand en die duur van die jaar waar en korrek, - al die ander is groot kletspratery. Nou weet julle ook watter waarde julle rekenwerk het, en dit hang nou heeltemal van julle self af wat julle wil doen!”

[13] Na die aanhoor van sulke woorde oor hul tyd- en sterreberekening, wat hulle so belangrik geag het, was die vyf priesters baie verbaas en het heimlik aan mekaar gesê: “Sy wysheid en magiese wilskrag het Hy nie uit Egipte gekry nie; want andersins sou Hy oor Egipte se ou, uitstekende sterrekunde tog anders moes spreek! Maar Hy verwerp dadelik alreeds alles behalwe wat elke eenvoudige mens baie maklik op sy vingers kan natel en uitreken. Hy moet sy redes daarvoor hê. Ons sal wel met sy studente daaroor spreek!”

[14] Daarop het die eerste Apollopriester, wat eintlik die vernaamste astronoom was, gesê: “Ek het tog in Diathira in Opper-Egipte onder die groot diereriem in die tempel van Chronos sorgvuldig die tydsberekening, die astronomie en die wonderbare astrologie bestudeer, en wel volgens die nuwe stelsel van die groot Ptolemeus*, en is dit nou skielik alles niks werd nie?! Maar wat moet mens dan dink by die sien van die fantastiese sterrebeelde aan die hemel? Moet dit dan in alle erns geen ander en belangriker betekenis hê nie, as dat hulle maar net deur hul skynsel snags hierdie aarde baie spaarsaam verlig?! Waartoe dien dan al die menigte groeperings wat altyd dieselfde bly? Waarvoor die verskille in grootte en kleur? Waarlik, dit is tog wel `n swaar beproewing vir ons! Maar hoe dit ookal sy, ons sal sien wat sy studente nuuts aan ons kan vertel!”

(*) (Let wel! Dit is nòg Ptolemeus, die jonger astronoom nòg een van die konings, maar Pdolomeuz, wat heeltemal vir die wêreldgeskiedenis in volkome vergeet is. ‘Landmeter’ (‘Feldmesser’) het 400 jaar na die tyd van Moses geleef. Hy moet ook nie verwar word met die Pdolomeus van diathira nie, wat die diereriem bereken het. Pdolomeus beteken soveel soos ‘landmeter’ (‘Feldmesser’). ‘geometer’. Neem goed kennis daarvan! (Jakob Lorber))

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205