|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 47
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Judas Iskáriot.
47 Daarmee het Ek hier duidelik Judas Iskáriot bedoel, omdat Ek alreeds vanaf die begin herken het van watter mentaliteit hy was. (Johannes 6:71) Maar nogtans was hy baie geesdriftig, altyd druk besig en kon goed praat en die leer uiteensit, en daarom is hy dan ook vanweë die goeie en nie vanweë die slegte deur My as voorbereidende sendeling met die ander elf uitgekies. Omdat hy egter as sodanig deur sy ernstige ywer en deur sy welsprekendheid in dieselfde tyd meer tot stand gebring het as die ander elf tesame, het hy homself ook baie begin verbeel. (Johannes 6:71)
[2] Maar toe sy hoogmoed baie teenstand ondervind het, het daar langsaam maar seker `n heimlike wrok in hom begin knaag, waardeur hy van dag tot dag meer geslote geword het, en hy het begin om die ander studente skerp in die oog te hou om hulle êrens te betrap om hulle dan by My ter verantwoording te roep. Maar omdat so-iets nie gebeur het nie, wat sy wrok sou kon verminder het, het hy heimlik steeds meer verbitterd geword en het hy steeds yweriger na `n geleentheid gesoek om sy broers `n keer in die verleentheid te bring; en dikwels het hy nagedink oor `n gepaste middel.
[3] Hy was `n gierige en geldsugtige mens, wat self dikwels met baie welsprekendheid die besit van geld as iets baie noodsaaklik vir die aardse lewe beskryf het, omdat die wêreldheersers dit nou eenmaal ingevoer het ter vergemakliking van die moeisame ruilhandel.
[4] Ook het hy een keer aan die wyse Nathanaël gesê, met wie hy nog die meeste gepraat het, dat dit baie begryplik was dat Ek kennelik vir die aardse lewe geen geld nodig gehad het nie, want as mens oor Goddelike almag beskik, dan kan mens orals sonder geld deurkom. Maar mense sonder hierdie vermoë en sonder die geluk dat hulle studente van My was, moes vir die aardse lewensonderhoud net so goed en noodsaaklik geld hê as die keiser self om sy soldate en ander staatsdienaars te betaal.
[5] Nathanaël het hom wel steeds aangetoon dat die geld nogtans `n groot boosheid onder die mense was, hoewel dit net soos elke aardse besit in die hand van `n regverdige ook die oorsaak van baie goeie dinge kan wees. Die bose daarvan sou egter altyd wees dat dit die begeerte van die mense baie daarna sou wek en dat dit die vernaamste oorsaak sou wees van allerlei sonde en misdade, klein sowel as groot.
[6] Ons Judas Iskáriot was dit weliswaar daarmee eens, maar hy het nogtans verklaar dat geld `n noodsaaklike kwaad is, soos wat ook die liggaam vir die siel `n noodsaaklike kwaad is. As die siel die liggaam egter wys gebruik, dan is die liggaam vir hom ook `n tempel van geluk en sy enigste weg om tot die ewige lewe te kom en die ware kindskap van God te bereik.
[7] So het hy deur sy welsprekendheid geweet hoe om orals `n regverdiging vir alles te vind, en dit was moeilik om met hom te redetwis. Hy het dit egter met sy spitsvondige drogredenasies so ver gebring dat hy, net soos die Spartane en Kretensers, selfs diefstal in `n noodgeval, as `n regverdige saak voorgestel het en Moses van swaksinnigheid beskuldig het omdat hy elke diefstal sonder meer as sondig betitel het. Hy het egter nie bedink dat geoorloofde, en selfs noodsaaklike diefstal die mense mettertyd tot groot traagheid sou verlei nie, en dat niemand ook maar sou gewerk of gespaar het, as hy geweet het dat sy uiteindelike voorraad al gou verraai sou wees en dadelik van hom deur die noodlydendes afgeneem sou word nie. Hoe sou dit dan egter gesteld wees met die naasteliefde en met die kennis van God, as die gebruik by die mense wettig sou word en so toegestaan sou word?!
[8] Nathanaël het wel vir Judas laat sien dat sy regverdiging van diefstal hom nie laat rym het met sy groot ekonomiese strewe nie en dat die geoorloofde diefstal elke spaarsaamheid, hoe geregverdig ook, tot niet gemaak het. Maar dan verberg hy hom weer agter sy spitsvondighede, en daarom was daar met hom niks uit te rig nie. Slegs wanneer Ek `n teregwysing aan hom gegee het, het hy sy idees vir `n tydjie laat vaar en hom heimlik oorgegee aan beter beskouinge. Daarom het Ek aan hom in die skool ook nog hierdie les gegee, wat hy die beste verstaan het, terwyl die ander studente net `n vermoede gehad het, maar nogtans nie bepaald met die vinger na hom kon wys nie, want dit wou Ek ook nie gehad het nie, hoewel Ek geweet het wat hy nog alles sou doen; want vir hom moes ook sy maat vol word, en hy moes uiteindelik in homself heeltemal daarvan oortuig wees dat sy hele aardse handelswyse deur en deur sleg was en `n afskrikwekkende voorbeeld vir alle mense, want anders sou daar vir sy siel ook in die hiernamaals geen verbetering moontlik gewees het nie.
[9] Ek vermeld hierdie karaktertrekke van hierdie student om dit begrypliker te maak waarom Ek hom hierdie keer `n duiwel genoem het; want ongemerk was hy die een wat die meeste beswaar gehad het teen die toespraak wat Ek in die skool gehou het en waaroor so baie hulle vererg het, sodat hy hulle van My wou afkeer; want by homself het hy alreeds allerlei besluite geneem waarin hy `n rol gespeel het en daarom het hy hom ook heimlik die meeste vererg. Ja, hy het selfs saggies aan Nathanaël opgemerk dat Ek My in die huis van Petrus baie skerp uitgelaat het oor die boosheid van die ergernis, maar nou self duisende baie groen van ergernis laat word het, en hoe dit nou kon saamgaan met My leer.
[10] Nathanaël het ewenwel gesê, dat Ek toe vernaamlik oor die boosheid van die ergernis by klein kinders gepraat het.
[11] Maar ons sofis (drogredenaar) het ook geweet wat om daarteen in te bring, en toe Ek omstreeks die vierde uur die namiddag met die studente die skool verlaat het en weer na ons goeie herberg gegaan het, het Judas Iskáriot nie saamgegaan nie, maar hy het na die stad na `n paar kennisse gegaan, waar baie oor My onbegrypte toespraak gepraat is. Daar het hy hom egter weer as My student gewys en as `n goeie spreker en hy het deur allerlei oratoriese kunsgrepe My toespraak vir hulle aanvaarbaarder gemaak, al was dit nie in die regte lig nie. Ons het hom sewe dae lank nie gesien nie en gedurende hierdie tyd het ons in en om Kapernaum vertoef. Maar toe het hy weer na ons toe gekom.
|
|
|
|
|