Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Romein vra die herbergier en Lasarus na die Wonderman Jesus

183 Na die oorvloedige maaltyd begin dit in die eetsaal eers rumoeriger te word, en omdat die wyn die vreemdelinge ook meer moed gee, begin hulle steeds opnuut oor hulle ou tema van die nuwe profeet, en ons vooraanstaande Romein wend hom nou tot ons herbergier en vra vir hom: 'Beste herbergier, jy sal dit my tog nie kwalik neem as ek jou vir iets heel spesiaals vra nie!?

[2] Kyk, vanuit Judea tot selfs in Rome het die storie versprei dat daar êrens in die Judese land `n buitengewone Man, `n soort Profeet, opgestaan het, wat toekomstige dinge voorspel, en aan wie se wil alle natuurkragte hulle volkome moet gehoorsaam! Ons wou dit vir lank nie geglo het nie, maar daar het eers kort gelede, van `n baie betroubare kant af hernude berigte na Rome gekom en dus ook na my toe - omdat ek een van die vernaamste patriarge van Rome is, - en ek en al hierdie vriende van my, wat ook tot die aansienlikste van Rome behoort, dag toe: Iets daarvan moet tog waar wees, - maar wat? Skepe het ons genoeg en seeliede by die honderde, laat ons `n reis na Asië maak en wel na Judea! Daar sal ons die maklikste ervaar wat daarvan waar is!

[3] Wel, ons het veertien dae gelede vertrek, het ten dele `n redelike gunstige wind gehad en is nou hier! Maar merkwaardig genoeg, in Rome het ons duidelik meer te wete gekom as hier in die land waar die Wonderman Homself moet ophou! Hulle, wat ons onderweg hierheen gevra het, weet of heeltemal niks of nouliks meer as wat ons uit Rome saamgebring het.

[4] Jerusalem, as hoofstad van die land, moes dan tog wel as die eerste alles oor hierdie saak geweet het! Daarom het ons ook juis hierheen gekom. Maar ook hier is alles stil! Ons pragtige gids, wat ons vandag slegs aangeneem het om ons die stad te laat sien, het ons weliswaar nog die meeste vertel, maar vir so `n buitengewone saak kan ons dit beslis nie voldoende vind nie. Daarom het ek my nou vir hierdie aangeleentheid tot u oordeel oorgegee om te vra of u ons meer daaroor sal kan vertel. Sê my eers! Bestaan daar in Judea so `n man, en wat doen hy? Wat weet u van hom af?'

[5] Die herbergier kyk My aan en vra My in `n sekere sin met sy oë of hy My bekend mag maak. Maar hy hoor in homself die duidelike antwoord: ' Nog nie noual nie, hy sal My wel later self herken!'

[6] Daarop sê die herbergier vir die Romein: 'Ja, baie geagte vriend, die Man bestaan presies soos wat u dit in Rome gehoor het; maar ons meer as selfsugtige en heerssugtige priesters is Hom en ook elkeen wat Hom goed ken in `n hoë mate vyandig gesind, en daarom moet ons, om ons huid te spaar, liewer nie so veel of te hard oor Hom praat nie.

[7] Ek ken u natuurlik gladnie en weet ook nie met watter doel u eintlik nou meer inligting wil hê nie, u sal dit my voorlopig dus ten goede moet hou as ek u nou nie meer oor Hom kan sê nie as: Hy bestaan presies soos wat Hy in Rome aan u beskryf is; maar waar Hy nou is, en wat Hy doen, kan en mag ek u nie sê nie.

[8] Ook hierdie meester hier, wat tans eienaar is van die hele ou stad Bethanië, net soos hierdie berg met hierdie herberg, ken Hom baie goed en weet wat die groot Man kan doen! Hy kan ook volkome na waarheid getuig dat die Wonderman nog bestaan en aktief is; maar oor die waar sal ook hy swyg. Ons weet wel dat al ons priesters, wat hulleself as gode beskou, hom ewig niks sal kan doen nie; maar desondanks wil ons alle opsien vermy, om rus van die giftige priesters te hê. Meer kan en mag ek u nie sê nie.'

[9] Die Romein sê: 'Daarmee is ek ook al tevrede; ek sou nog slegs deur u, meester van die huis, hierdie uitspraak bevestig wil sien! Wat sê u oor die beroemde man?'

[10] Lasarus sê: 'Wat die herbergier vir u gesê het, is waar, en meer kan en mag ek u ook nie sê nie! Maar omdat u môre en ook oormôre nog nie afreis nie, kan dit baie goed gebeur dat u Hom, as u goed met Hom bedoel, nog maklik persoonlik sal leer ken! Want Hy kom graag by hulle wat opreg is en `n waaragtige goeie wil het; maar verraaiers haat Hy, nie oor hulleself nie, maar vanweë hulle eie, verwerplike slegtigheid. Sy wil is so kragtig dat Hy slegs hoef te wil en dit wat Hy wil, gebeur oombliklik. Hy sou byvoorbeeld kon wil dat hierdie hele aarde nie meer bestaan nie en dan is sy ook nie meer daar nie! Hy vrees ook geen vyand nie; maar is hom nie vyandiggesind nie, nie omdat Hy `n vyand ook maar enigsins sou vrees nie, maar omdat Hy Self wil dat die mense hulle maar net daarop moet toelê op die wedersydse liefde. Daarom is groot vyande van die mensdom vir Hom `n gruwel, en wee diegene wat Sy regverdige toorn tref! Kortom, Hy is die wyste, beste en magtigste, waaragtige Elohimmens op die hele aarde! Meer hoef ek u nie te sê nie.'

[11] Die Romein sê: 'Daarmee is ek al volkome tevrede! U kan daarvan verseker wees, dat ons almal maar net, besiel met die beste bedoelinge vir die besondere man, hierheen gekom het! As ons al ons skatte by ons sou hê wat ons vir die grootste deel in ons skip agtergelaat het, sou ek dit alles as onderpand gegee het vir ons goeie planne met die beroemde man! Maar jy kan ons wel vertrou, want `n egte Romein doen alles openlik en verag agterbaksheid. Gestel dat ons Hom ook maar êrens sal ontmoet, dan sal Hy ons agting vir Hom nie slegs deur woorde en diep buiginge nie, maar deur kragtige, belangrike dade leer ken!'

[12] Lasarus antwoord: 'Met goud, silwer en edelstene hoef u egter nie by Hom aan te kom nie, want as Hy iets begeer, kan Hy Self berge in blinkende goud verander! Vir Hom geld niks anders as slegs `n suiwer en goeie hart nie. Wie Hom met hierdie grootste skatte tegemoetkom, is Sy vriend, en vir hom doen Hy ook alles waarvan Hy sien dat die ander dit nodig het. Maar goud en silwer kan mens beter tuislaat, want Hy haat dit, omdat dit die mense hard en sleg maak. Alles wat vir die wêreld groot en skitterend genoem kan word, is in Sy oë `n gruwel. Nou weet u hoe Hy is; gedra u daarvolgens as u Hom sal vind, dan sal Hy u graag Sy liefde, die waarheid en die ewige lewe gee!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205