Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die bekwaamheid en die dade van die drie wyses

38 EK sê: “Dit is alles baie mooi en prysenswaardig van u, maar mense vertel tog dat die drie wyses wat die Wonderkind, wat in Bethlehem gebore is, besoek het, later - alreeds ongeveer vyftien jaar gelede - gesterf het. Hoe kom dit dan dat u nog leef en nog orals in die wêreld aktief is?”

[2] Daarop sê die oudste: “Edele vriend, by ons in ons land kan mens vyf maal, maar ook sewe maal sterf en daarna, opnuut tot lewe gebring word, en weer verder leef. Dit word daar deur die lug, die aarde en sy geeste, die wonderkruie en ons kragte wat ons uit die geheime kragte van die natuur put, teweeggebring.

[3] Maar toe ons destyds in Bethlehem was, was daar nog drie geeste in ons, stammende uit die oertyd van die mense van hierdie aarde*; hulle is nou nie meer in ons en met ons verbonde nie, ons is nou vry en alleen. *(Sien: “Die geistige Sonne”' (“Die geestelike son”), deel 2, hfst.15, 17 en 18: Adam, Kain en Abraham. Ook in die boek, Die Jeug van Jesus)

[4] Toe hierdie geeste ons verlaat het, het dit uiterlik sekerlik voorgekom asof ons gesterf het; maar ons geeste het ons weer lewend gemaak en ons leef nou weer baie goed verder vir ons self en sal nog `n geruime tyd verder leef. Maar as die liggaam eers heeltemal onbruikbaar sal word, sal ons nie soos wat die arm mense hier in die land, erbarmlik sterf nie, maar ons sal by ons volle bewussyn self vrywillig ons liggaam verlaat en dan as geeste voortleef en ook werk onder mense soos ons. Sien, edele, groot Heer, so staan die sake by ons omdat ons nog `n onbedorwe oer- en natuurvolk is.”

[5] EK sê: “Dit weet Ek goed, en Ek weet ook dat daar op hierdie aarde nog `n paar sulke volke is, teen wie Ek beslis niks in te bring het nie, en Ek neem dan ook aan dat u die drie wyses uit die Verre Ooste is wat die pasgebore Wonderkind in Bethlehem in `n skaapstal besoek het, en nou weer teruggekom het om die Wonderkoning te besoek wat uit die Kind gegroei het om weer aan Hom u eerbied te betuig, wat onteenseglik baie prysenswaardig van u is.

[6] Maar Ek vra u ook, wat u dan op u verre reise alles met kunste en werksaamhede verrig het, en wat se nut u dan daarvan het. Daaroor moet u My ook iets vertel, sodat hierdie studente van My minstens ook iets van u kan leer. Daarna sal Ek u ietwat meer oor Myself vertel.”  

[7] Die oudste sê: “Ja, groot Heer, as U alles doen wat ons oor U gehoor het, dan sal U studente bepaald nie so baie van ons leer nie; maar omdat U dit wens, kan ek wel die vernaamste aan U vertel. Die eerste en die eintlike hoofsaak vir ons is om baie dinge aan die mense vanuit die sterre te voorspel wat vir hulle nuttig is en dit gebeur dan meestal ook. Weliswaar kom dit daarby, eerlik gesê, meer op die kunsmatige posisie van die sterre aan, wat, behalwe die weinige planete, tog altyd onveranderd bly.

[8] Net by die geboorte van die Judese Wonderkind, toe ons nog min of meer deur die bepaalde geeste bewoon is, het ons in die Weste wel baie merkwaardige posisies van die sterre gesien en ook `n ster van besondere grootte wat na die Weste toe `n lang roei gehad het, en omdat ons ook goed waargeneem het dat hierdie ster juis vinniger na die Weste toe beweeg het as die ander sterre, het ons toe gedink dat daar in die Weste iets groots moes gebeur het. En weldra het ons in die sterre gelees asof daar geskryf gestaan het: “By die Judeërs is `n nuwe Koning gebore, wat `n Ryk sal vestig wat nooit in ewigheid sal eindig nie, en Hy sal heers oor alle volke van die aarde!”  

[9] Wel, wat daar geskryf gestaan het, was heeltemal waar en ons het toe ons reis presies volgens die beweging van die ster onderneem wat ons skynbaar by die korrekte stad en op die regte plek te staan laat kom het, en daar het ons werklik `n geboorte gevind waarby alle moontlike wonderwerke gebeur het, sodat ons geen oomblik kon twyfel of ons wel op die regte plek was nie. Toe was ons uitleg van die sterre dus heeltemal waar; vir die korrektheid van die volgende en latere sou ons, eerlik gesê, nie volkome kon instaan nie. So is dit dus met ons sterrewysheid gesteld.

[10] Ons magie bestaan egter uit drie dele. Die eerste en vernaamste deel is die resultaat van ons talle proewe, eksperimente en ervaringe, waardeur ons kennis kry van en vertroud word met die geheime kragte van die natuur, sodat ons in staat is om duisend en één dinge en sake ten uitvoer te bring wat die blinde en onwetende mensdom natuurlik in stomme verbasing bring en ons `n groot aansien en ook `n groot inkomste besorg.

[11] Op die oomblik is ons in besit van `n geheim om `n korrelsoort te produseer wat baie maklik ontvlambaar is, maar tydens hul vinnige ontvlamming in `n geslote ruimte so `n krag ontwikkel dat die sterkste en hardste rots met `n groot knal in duisend stukke uitmekaar breek daardeur as mens vooraf, deur `n opening wat hiervoor gemaak is, `n paar pond van die genoemde korrels inbring en deur `n onsigbare lont aansteek. Om die volk te mislei, maak ons wel asof ons die rots beveel om uitmekaar te breek; maar uiteraard word dit net veroorsaak deur ons springkorrels, wat ons alreeds sommige dae vantevore baie ongemerk op `n geskikte plek aangebring het. 

[12] En so het ons nog `n klomp van die soort dinge waarvan die eksperimente die onwetende volk in groot verbasing moet bring. Daartoe hoort ook ons vaardighede met vuur, waarmee ons ook die weerlig en alle uitwerkinge daarvan egter bedrieglik kan naboots. Daaruit bestaan dus die eerste deel van ons magie.

[13] Die tweede deel is suiwer meganies, waarby ons deur bepaalde masjiene, wat tot op hede nog onbekend is, ook bepaalde effekte teweegbring, wat elke leek stomverbaas laat staan, omdat die oorsaak van die effek onbekend is en deur niemand behalwe ons verklaar kan word nie.

[14] Die derde deel van ons magie is eintlik niksseggend, omdat dit net deur bepaalde geheime afsprake tot stand kom. By die volk veroorsaak dit egter byna die meeste opsien, hoewel daar niks anders agter steek as `n bepaalde aangeleerde vaardigheid en behendigheid nie. Dit is dus die drie dele waaruit ons magie bestaan. 

[15] Ten slotte is ons egter ook geneeshere en kan met die beste gewete ter wêreld baie siektes deur geheime middele genees, lastige ongediertes van allerlei aard verdelg, en alle soorte gevaarlike diere op die vlug jaag of tem, - en met hierdie bekwaamheid het ons aan die mense ook alreeds baie goeie dienste bewys. - En hiermee het U, groot Heer, nou `n kort oorsig van alles wat ons kan doen. Maar nou vra ons U ook, of U ons ietwat meer oor Uself wil vertel.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205