Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

`n Wonderwerk met wyn: Die werk in die wingerd van die Heer

21 EK sê: “Julle sou wel graag van My wondertekens wil geniet?! Maar sien, Ek is nie soos die een of ander towenaar wat sy bedrieglike tekens tot stand bring sodat die blinde en dom wêreldse mense hulle daaroor verwonder en om hulle te amuseer nie, maar Ek doen My tekens net volgens die wil van Hom wat My as `n mens van vlees en bloed in hierdie wêreld gestuur het en nou ook in My woon; en as Ek dus `n teken doen, dan moet dit dien vir die diepe innerlike, geestelike onderrig van die siel, en daarnaas moet dit vir die mens allerlei goeie dinge bring! Maar die teken wat julle vra, weliswaar sonder onsuiwere bedoelinge, het hier geen regte doel, geen nut nie en help nie en daarom is dit beter as Ek dit nie doen nie; want julle kan julle nou intussen ook wel voorstel dat alle dinge by God moontlik is.”

[2] Toe sê DIESELFDE JUDESE GRIEK: “Heer, U moet ons ons blindheid maar vergewe, dit is nog groot en net daardeur het ons durf waag om U om nog `n teken te vra! O Heer, vergeef ons ons al te voorbarige vermetelheid!”

[3] EK sê: “Nee, nee, My vriende! Julle wens was heel natuurlik in orde, want Hy wat iets heeltemal in die materiële niks kan laat oorgaan, moet ook die teendeel kan doen! So het julle gedink en ook presies so uitgespreek en dit was tog immers goed en korrek! Die sou net nie korrek gewees het as julle anders sou gedink en gespreek het nie. Dat die verlangde teken egter direk na die reeds gegewe teken nie heeltemal volgens die goeie orde sou gewees het nie, kon julle immers nie geweet het nie, maar net Ek! En dus het julle deur julle wens beslis geen fout begaan nie, maar Ek ook nie, deur nie dadelik aan julle wens te voldoen nie. Maar omdat julle nou volkome afgesien het van die verlange in julle harte en ook sonder teken glo dat Ek eweneens `n teenoorgestelde teken kan doen, sal Ek nou eers ook so `n teken ten uitvoer bring! - Kyk of daar nog wyn in julle kruike is!”  

[4] Hulle het gekyk en gesien dat hulle kruike leeg was.

[5] Toe sê DIE SPREKER: “Heer, hulle is almal leeg!”

[6] En EK sê: “Wel, laat hulle dan nou almal vol wees!”

[7] En kyk, alle kruike was tot die rand gevul met die beste wyn!

[8] Toe verwonder DIE JUDESE GRIEKE hulle en sê: “Kyk wat `n wonderkrag die Heer het! Nouliks het Hy die woord gesê, of die kruike is al vol van die heerlikste geurige wyn! O, mag ons deur U lewenswoorde ook maar so vol van U lig en U barmhartigheid word! O Heer, wees geduldig met ons groot swakheid!”

[9] EK sê: “Dit kan en mag Ek by die mens nie so doen soos by hierdie wynkruike nie, want dit hang net af van julle ywer en julle eie vrye wil. Maar aan My hulp sal dit julle nie ontbreek nie. Wat julle self kan doen met die mate van krag wat aan julle toegemeet is, moet julle ook self doen; vir dit wat dit te bowe gaan, sal Ek dan wel sorg. Want waarlik, Ek sê vir julle: Wat julle die Vader in My Naam en binne My orde, wat aan julle bekend is, sal vra, dit sal ook aan julle gegee word na die mate waarin dit vir julle siel nuttig is. Maar drink nou, want dit het intussen alweer aand geword!”

[10] DIE JOODSE GRIEKE het toe hulle kruike opgelig, gedank en gesê: “Op die bloei van die groot geluk wat ons gister gevind het, vir alle Judeërs en alle volke van die aarde! Mag U woord, U leer en U barmhartigheid hulle almal so deurdring soos hierdie voortreflikste, geesrykste en soetste heel vry en nuutgeskape wyn ons ingewande en ledemate sal deurdring en verlewendig! Heer, U wil geskied!”

[11] Daarop het almal amein gesê en EK het van My sitplek opgestaan en gesê: “Dit was `n egte, goeie wens; laat ons daarom almal drink van hierdie gawe van God sodat die versoek sekerlik in vervulling sal gaan en ook Ek voeg My amein daaraan toe! Dit sal weliswaar nog baie moeite en werk kos, want die wingerd van God is groot en het nou nog weinig wynstokke. Daarom moet daar gegrawe word en moet daar sonder rus of duur nuwe, edele wynstokke geplant word, sodat die wingerd vol edele en vrugbare wynstokke kan word, dan sal die groot oes ons `n duisendvoudige loon vir ons moeite en ons werk gee!

[12] Ons sal by hierdie werk werklik baie moeite van allerlei aard moet deurstaan, ons sal nog uit alle mag deur groot en klein vervolg, verag en bespot word; maar omdat ons presies weet wat ons het en wat ons gee, sal ons die blinde boosheid van die wêreld ook maklik met alle geduld, deemoed en sagmoedigheid verdra. Want die Vader wil dat Sy mense in hierdie wêreld eerstens werklik tot die uiterste verdeemoediging kom, voordat hulle tot die onverganklike eer verhef word wat niemand hulle in ewigheid meer sal kan ontneem nie.

[13] Ook hierdie menslike liggaam van My sal nie daarvan uitgesonder wees nie, soos wat Ek reeds vooraf aan My studente gesê en aangetoon het. Maar ondanks dit alles sal ons die groot doel tog beslis bereik en die oorwinning behaal oor alle oordeel, dood en hel. En as hierdie oorwinning deur stryd behaal is, sal die poorte van die hemel, wat sedert lank geslote was, vir ewig vir die nuwe kinders van God geopen word en die oorwinning sal ewig duur.

[14] Wel sal die vyande nog in allerlei gestalte en vorm voortwoeker en tussen die koring sal ook die onkruid welig gedy en in die wingerd sal wilde stamme opkom en voortwoeker, maar altyd net tot op `n bepaalde tyd; dan sal dit egter uitgesny word en in die vuur van die oordeel gewerp word, waar dan baie geween en gekners van tande sal wees."

[15] Toe sê daar EEN ENKELE: “Heer, wat wil U daarmee sê?”

[16] EK antwoord: “Soos wat Moses se suiwere leer mettertyd verontreinig is deur die hebsug van die mense en deur hulle begeerte na die wêreld, so sal dit ook met My suiwere leer gaan. Hulle, die wêreldse mense, sal weer tempels bou en dit vir die verkryging van geld en ander aardse goedere gebruik en daarby sal hulle die verkryging van My Ryk gladnie ag nie. Hulle sal trotser as die grootste vorste en konings van die aarde rondgaan, gehul in goud en edelstene. - Kyk, dit sal die onkruid tussen die koring en die wilde stamme in My wingerd wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205