Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die sewe waakhonde van Lasarus. Die sterrewêrelde as skole vir geeste

160 (Die Heer:) 'Kyk, toe Noag op aandrang van God die ark gebou het, is hy deur die baie wêrelds geworde bure bespot en uitgelag, en die mense het gesê: 'Kyk nou net na die ou dwase dromer! Hier hoog op die berge, ver van die see, bou hy `n huis vir die water, dinkende dat God soveel water sal laat kom dat die golwe selfs tot oor hierdie hoë berge sal slaan, en daarin sal hy dan met syne gaan sit om nie te verdrink nie!'

[2] Die opmerkings en nog erger moes Noag aanhoor; ja selfs sy broer Mahal het hom uitgelag, en het met sy dogters na die dal van Hanoch gegaan. Die bure wou Noag egter die begeerte om te bou ontneem, deur snags herhaaldelik te verniel wat hy oordag gebou het. Toe vra hy God om van die plaers verlos te word. En sien, God het toe aan hom `n aantal groot, kwaadaardige honde gestuur, en wie hom snags in die buurt van die bouwerk gewaag het, was deur die honde verskeur, en so kry Noag genoeg tyd om die ark af te handel.

[3] Jy het nou vir baie geld Romeinse soldate gehuur om jou huis te bewaak! Ek kan jou egter baie ander bewakers besorg; hulle sal jou maar weinig kos en hulle daarby tog deur niemand laat omkoop nie! Hulle sal jou vyande instinkmatig dadelik herken en hulle onder geweldige gehuil tot ver oor die grense van jou eiendom verjaag; maar tewens sal hulle die egte vriende van jou huis goed ken en hulle nie wegjaag nie, maar hulle ongestoord laat binnekom.

[4] Lasarus antwoord: 'O Heer, gee my tog vinnig sulke bewakers; hulle sal by my niks tekortskiet nie!'

[5] Ek sê: 'Wel, kom dan maar saam na buite, dan sal die bewakers dadelik daar wees!'

[6] Toe gaan ons na buite op die groot binneplein, en dadelik kom daar sewe groot honde ons tegemoet, blaf hardop en loop toe kwispelstert om ons heen. Hulle was almal so groot soos tweejarige osse en het `n kragtige gebit en `n bruin, ruie haredos gehad.

[7] Lasarus was baie bly daaroor en vra My hoe `n goeie blyplek vir hierdie diere daar moes uitsien. En in `n oogwenk, slegs deur die mag van My wil, en op die mees geskikte plek, maak Ek een vir hom, wat Lasarus baie verbaas; maar die leerlinge lê dit vir hom uit en beskryf hoe Ek vir mense voltooide woonhuise geskep het.

[8] En Lasarus sê: 'Sulke dinge doen die Heer alles en nog glo die ellendige volk daar bo nie in Hom nie, en sê nog bowendien dat Hy `n bedrieër is! O, wat wil die mense met hulle slegtigheid, en waar eindig hulle gemeenheid?!'

[9] Maar Ek sê vir hom: 'Laat dit maar! Die tyd is ewig en die ruimte oneindig; wat daar ookal gebeur, daar is vir elke daad `n plek. Vannag, tydens die maansverduistering, het jy tallose sterre gesien, en dit was nouliks `n tienduisendste deel van die sterre wat binne die bereik van ons oë gelê het. Ek sê egter vir jou dat al hierdie moontlike sigbare sterre slegs `n verwaarloosde deel vorm van die somtotaal van die sterre wat nog nooit gesien is nie, selfs nie deur die skerpste siende oog van `n Birmaan (Bramaan) uit bo-Indië nie, terwyl baie van die skerpsieners uit bo-Indië sulke skerp oë het, dat hy die berge en kraters op die maan goed kan waarneem. En kyk, al hierdie oneindige talle wêrelde is skole vir allerlei geeste, en daaruit sal jy eers goed kan verstaan waarom daar in die Skrif staan dat God se raadsbesluite onnaspeurbaar en Sy weë ondeurgrondelik is! Maak jou daarom nie bekommerd oor alles wat skynbaar volkome onbegryplik gebeur nie; want God weet alles en ken die geeste en die weë waarop Hy hulle na hulle doel laat gaan!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205