|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 62
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die groot seeslang
62 Die Heer: “Maar nou het ons so ver langs die oewer van die see gekom, dat ons nouliks meer iets van die stad kon waarneem nie, en die golwe van die see het dawerend aan die rotsagtige oewer geslaan. Daar voor ons is `n vissershut! Laat ons daar binnegaan en die beloofde onweer afwag. Kyk eers na die suide! Van daar sal dit met geweld kom, en aan weerligstrale sal daar geen gebrek wees nie. Laat dit opkom en gou na Kapernaum trek!”
[2] Nouliks het Ek dit gesê of daar begin plotseling verskriklike donker onweerswolke uit die see en bo die berge saam te pak, wat die gaste by ons herbergier in Kapernaum baie gou opgemerk het. Toe die dreigend lykende onweer met groot gedreun en magtige donderslae steeds vinniger in die rigting van die stad begin te beweeg, het die gaste so vinnig moontlik hul rekening betaal en het elkeen gemaak dat hulle, so gou as wat hulle maar kon loop, weg te kom. Ook alle sakegesprekke was plotseling ten einde, en die huis van ons herbergier was opeens al sy lastige gaste kwyt. Toe die onweer egter oor ons heengetrek het, het ook ons Judese Grieke benoud geword, omdat ook hulle, as ou Judeërs, `n aangebore angs vir sulke onweersbuie gehad het.
[3] Maar EK het hulle gemaan om moed te hou en geen vrees te hê nie, en sê: “Sien julle dan nie dat ook die geeste van hierdie onweer aan My wil onderworpe is nie?! Moenie vrees nie, - van niemand sal `n haar gekrom word nie! Ek het dit nie soseer vanweë die mense uit Kapernaum opgeroep nie, maar veeleer vanweë die uitgestuurdes uit Jerusalem, om hulle nog meer te laat merk hoe God die troue dienaars van Mammon beloon en beskerm.”
[4] Maar toe Ek dit gesê het, het daar juis vlak voor ons `n weerligstraal met `n oorverdowende knal in die grond geslaan.
[5] Die Judese Grieke het angstig teruggedeins, en een van hulle het aan My gesê: “O Heer, verdryf hierdie monster van hier, anders kom ons almal dalk aan ons einde!”
[6] Ek het die onweer gedreig, en dit het weggetrek, en bo ons was die hemel onbewolk en helderblou, waaroor die Judese Grieke baie verheug was en waarvoor hulle My begin te prys het.
[7] Maar toe ons die hut verlaat en naby aan die see kom, het een van die Judeërs opgemerk dat daar op `n afstand van ongeveer tweehonderd treë `n monster hom bevind het wat met `n geweldige kronkel beweeg het, en `n swerm seevoëls wat vanuit die lug daarop neergeduik het. Hy het My gevra, wat vir `n ondier dit kon wees.
[8] En EK sê: “Dit is `n groot seeslang, wat nou tydens die storm soos gewoonlik op rooftogte uitgaan; maar verder bevind hy hom altyd in die diepte van die see. Sodra hy genoeg geëet het, sink hy weer na die bodem en bly dikwels verskeie weke daar lê. As hy dan weer honger kry, kom hy weer na die oppervlakte om jag te maak op sy prooi. Wanneer hy in die water te min vind om sy honger te stil, kruip hy teen die oeweroppervlakte op en roof daar lammers en bokke, ook varke, kalwers en klein eseltjies. As hy in die omgewing van skepe kom, is dit gevaarlik vir hulle, omdat hy in `n hongerige toestand ook mense verslind. En nou weet julle dus wat se dier julle nou in die seldsame geval gesien het.”
[9] Toe vra Petrus: “'Heer, so `n monster het ek een keer as visser gesien en toe het ek gedink: “Sien eers, dit is `n reusagtige aal; dit moet mens met `n goeie lokaas kan vang!” Ek het met my helpers `n lokaas gemaak en dit uitgegooi; maar die dier het dit ontwyk en plotseling daarop verdwyn, en ek het dit tot op hede nie meer gesien nie. Hoe sou mens so `n dier kon vang?”
[10] EK sê: “Dit sou onder die huidige omstandighede vir mense byna onmoontlik wees! Want ten eerste is so `n slang baie slinks en weet hy hoe om alle gevare wat hom bedreig, te ontwyk, ten tweede beweeg hy baie vinnig, sodat ook die beste seilskip hom nie sal kan inhaal nie, en ten derde is hy, vergeleke met julle, ongelooflik sterk. As hy hom hoe dan ook bedreig en in die noute gedryf sou voel, sou hy hom op die vyand stort en hom oombliklik platdruk. Daarom is dit nie raadsaam om hom ernstig te agtervolg nie. In hierdie see is maar net twee van hierdie diere, en as hulle gesterf het, sal hierdie waters volledig vry wees van hierdie ondiere. Maar die twee wat nou nog hier is, is alreeds baie oud en hoort tot die voorwêreldlike dieretydperk, hoewel hulle eers die leeftyd van Noag het, dit wil sê vanaf hulle geboorte tot hierdie tyd.
[11] Hierdie diere hoort eintlik in die groot oseaan tuis; maar ten tye van die groot vloed van Noag het hulle in hierdie binnesee beland en sedert daardie tyd lewe hulle hier en sal hulle nog `n paar honderd jaar hier bly lewe.
[12] In sulke reusediere versamel daar die aller ruuste lewenstof van die wêreldsiele, en hulle word daarin versag en in `n sekere sin ryper gemaak vir `n hoër lewe. As die dier dan eindelik eendag doodgaan, gaan sy versamelde lewe oor in duisendmaal duisende hoëre lewensvorme, waarin dit reeds in `n korter tyd `n groot lewensrypheid bereik, hetsy nog in die water, of in die lug of op die aardbodem, en dit gaan dan so deur alle lewensvorme heen omhoog tot by die mens. Maar die mensesiele wat hulle langs hierdie weg ontwikkel het, staan tog op `n baie lae trap en word deur die ou wyses ‘kinders van slange en drake’ genoem; want die ou wyses het in hul eenvoud meer van die oorsprong van die siele geweet as die hedendaagse wyses.
[13] Dit is dus die kinders van hierdie wêreld; hulle is op hul manier baie skrander en aards ryk en magtig, - maar nog lank nie geskik om die hoëre, geestelike lewe op te neem nie.
[14] Ons kooplui uit Kapernaum het dan ook presies dieselfde geestelike afkoms. Hulle gaan nog steeds met hul handel op roof uit en beleef die grootste vreugde daaraan as hulle werklik `n reusagtige wins gemaak het. Hulle besit daarom nog baie van die vraatsugtige natuur van so `n slang en versamel steeds meer skatte na skatte, net soos wat die dier maar net deur sy onversadigbare vraatsug, allerlei lewensubstansies in homself versamel.
[15] Maar net soos wat alles van die dier by sy dood afgeneem word en onder die hoëre lewensvorme verdeel word, so word ook na die liggaamlike dood van sulke ryk, selfsugtige sonderlinge mense alles afgeneem, en hulle sal in die hiernamaals deur groot armoede en honger en dors gelouter moet word van hul ou slangnatuur. Dit is wel bitter en baie jammer dat dit so is, maar vir sulke allerlaagste lewensvorme kan dit nie anders wees nie.”
|
|
|
|
|