|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 143
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Amp en eer. Alles is barmhartigheid: slegs die goeie wil is verdienste
(Lukas 17: 10)
143 Ek sê: 'Die wêreldse gaan My niks aan nie, want dit is `n saak van die menslike, wêreldse verstand. Die mens kan wêrelds word, waarby hy baie fatsoenlik kan wees, dit tel by My heeltemal niks nie, maar by My tel slegs dit wat hy sal doen volgens My leer en sodoende volgens die wil van God.
[2] Die uiterlike aansien van `n mens het by My nie die minste waarde nie, maar wel die aansien van sy hart wat deur God se woord verlig is, wat vol lewe is deur die liefde tot God en die naaste. Maar as iemand `n hoë wêreldse amp beklee, is hy daardeur ook in staat gestel om meer goed te doen; en doen hy dit, dan sal ook sy funksionering vir My waarde hê, - maar nie die hoë amp op sigself nie.
[3] Keiser en bedelaar is vir My volkome gelyk en het as sodanig geen waarde vir My nie, - hy het vir My slegs waarde hoe hy dit in My Naam doen; want vir My geld wêreldse aansien op sigself glad nie. Laat jou dit duidelik en nadruklik gesê word!
[4] Ellendig is diegene wat sy naaste minag omdat hy self `n hoë wêreldse amp beklee! Die amp moet gerespekteer word, en die amptenaar slegs in soverre hy sy amp verteenwoordig; maar die beampte moet hom veral nie daarop laat voorstaan nie, omdat hy slegs `n dienaar van die amp is en nie die amp self nie!
[5] Ek sê dit maar net hier vir julle om te sorg dat niemand hom vanweë `n wêreldse amp baie belangrik moet ag nie; want wie dit sal doen, sal hom nie meer in My liefde bevind nie, en sy amp dien hom dan nie tot lewe nie, maar tot sy ondergang.'
[6] Toe sê My ou leerlinge: 'Heer in die geval is dit nie goed om `n amp te aanvaar nie! Ons het ook van U `n amp aanvaar en sal mettertyd egter niks daaraan kan doen as ons vanweë die amp deur die mense geëer en miskien op `n voetstuk geplaas word nie.'
[7] Ek sê: 'Dat die mense julle daarvoor nie mag eer nie, het Ek nog nooit voorgeskryf nie, maar as julle julleself oor hierdie rede inbeeld dat julle meer sou wees as hulle wat julle eer, dan het julle daardeur julle loon alreeds gekry, en julle werk sou dan vir My geen werk wees nie en dus ook heeltemal sonder verdienste.
[8] Wil julle as verdienstelike en goeie werkers deur My aangemerk word, wanneer julle alles so gewetensvol moontlik in My Naam gedoen het, sê dan in julle hart: 'Heer, ek was `n lui en nuttelose kneg vir U gewees! (Lukas 17:10 ) As julle waaragtig in julleself daarvan oortuig sal wees en sal insien dat julle slegs vrywillige dienaars net van My werkende Gees is, sal Ek julle werk so sien asof Ek dit Self gedoen het, maar die regverdige loon daarvoor aan julle gee.'
[9] Sommige van die leerlinge sê: 'Heer, in die geval kan U ons wel heeltemal mis; want U het tog wel die mag om alles sonder ons hulp Self te doen! As ons uit ons self niks kan doen en steeds moet bedink dat U alles, selfs wat ons met opoffering van ons lewe in U Naam doen, slegs doen en ons dus maar net U blinde werktuie is, dan kan ons by U tog onmoontlik aanspraak maak op loon na verdienste! Watter verdienste kan `n dooie geweefde tou vir `n wewer hê, wat dit maar net gebruik om sy linne makliker daarop te vervaardig?'
[10] Ek sê: 'Die geweefde tou het geen vrye wil nie; maar julle het dit wel, en kan heeltemal vry doen wat julle wil. As julle julle dus vry onderwerp aan My erkende wil en dit opvolg, doen julle dit nie self nie, maar dan werk My wil, wat net goed is, in julle! Wat se verdienste het julle dan vanweë julle dade? Kyk, julle verdienste lê nie in julle dade nie, - maar wel in die ondergeskikmaking van julle bose, wêreldse wil aan My enige goeie wil, waardeur julle één met My geword het deur die hulp van julle geloof.
[11] Waarlik, Ek sê vir julle: Sonder My kan julle niks verdienstelik doen vir die ewige lewe nie! (Johannes 15:5) Eers wanneer julle in julle hart daarmee instem, is julle My ware leerlinge - en nog meer: Daardeur is julle ook My egte broers in die Gees van God!'
[12] Toe sê `n paar leerlinge weer: 'Die woorde is wel baie mooi en ook baie wys, maar ons gee openlik toe dat dit alles ietwat hard en ook nie baie begryplik klink nie. Want met die eintlike vryheid van die eie wil sien dit dan nie so gunstig daaruit nie! En as mens iets goeds gedoen het, gaan dit die vrywillige weldoener heeltemal niks aan nie; vir die daad kan hy geen loon verwag nie, maar slegs vir die feit dat hy hom vrywillig as werktuig laat gebruik het deur die erkende goddelike wil. Dit is baie vreemd! Die mens is en bly op die manier tog niks anders as `n werktuig van die goddelike almag nie, en is in en op sigself ewig `n suiwer niks. Waarlik, met so `n leer sou selfs ons, wat al soveel van U gehoor en gesien het, swak in ons geloof kon word!'
[13] Maar toe sê die reus: 'Beste vriende, hoewel ek nog maar pas leerling van hierdie Heer en Elohimmens geword het, deel ek nie hierdie mening nie! Hoe gaan dit dan met `n kind, waarin `n bose wil ook dikwels baie vroeg tot uiting kom? Moet dit nie die wyse wil van sy ouers gehoorsaam nie, en sy eie wil uiteindelik maar net gebruik om dit te doen wat sy ouers wil nie? En as hy mettertyd meer en meer gewoond geraak het aan die wil van sy ouers, word hy self wys, weet dan wat reg en goed is en verafsku uit homself die bose, verkeerde en onregverdige. Daardeur kom hy eers tot die ware selfbewussyn en tot die ware, redelike selfstandigheid. Sou die kind egter ooit sover gekom het as hy die wil van die wyse ouers nie syne gemaak het nie?!
[14] En so kan ook ons mense eers dan tot die ware selfbewussyn en tot die ware lewenselfstandigheid kom, as ons deur ons vrywillige gehoorsaamheid wat ons openbaar, die goddelike wil geheel ons eie maak; want in die goddelike wil moet tog duidelik ook die hoogste vryheid heers, omdat God Self die mees wyse en dus mees vrye wese is. En as ons ook maar ooit aanspraak wil maak op `n ware lewensvryheid, dan kan ons dit maar net bereik deur geheel één met Hom te wees in ons denke, gevoel en wil en dan ook volledig daarvolgens handel. - Het ek gelyk of nie?'
[15] Die leerlinge sê: 'Ja, ja, in die opsig het jy wel gelyk, en daarvoor kan ons jou maar net prys! Maar dit is tog ook waar dat elke mens uiteindelik volkome tevrede moet wees met die gesig wat hy gekry het; want desondanks alle ontevredenheid sou hy geen ander een kry nie . En kort en goed, alle eer aan die groot Wysheid, Mag en Goedheid van ons Heer en Leraar, - maar `n mens word daardeur tog nooit `n vrye God, en God nooit `n beperkte mens nie! En daarmee het ons baie en alles gesê, want dat `n mens met sy hoogste beperkte kragte tog alles moet doen en uiteindelik nog by homself moet sê - en dit selfs met `n volledige innerlike oortuiging, - dat hy heeltemal niks gedoen het nie en slegs `n onverantwoordelike, lui en nuttelose kneg was, is so `n vreemde eis, soos wat daar geen tweede op hierdie aarde ooit gehoor is nie!
[16] `n Wyse vader sal sy kinders maar net prys wanneer hulle ywerig op sy veld gewerk het; hieroor word daar egter nie net niks gesê nie, maar ook nog geëis dat mens daarna bowendien, wanneer mens alles met die grootste ywer gedoen het, homself nog diep moet verag. Ag, so-iets kan tog nie wees nie! Hoe kan `n mens ooit geesdriftig word vir die doen van iets goeds, as hy homself vanweë die goeie daad moet verag?! Ja, `n mens moet homself verag en verafsku vanweë `n sonde, wat hy moontlik op ligsinnige wyse begaan het, - maar nie vanweë `n goeie daad nie! Daaraan moet hy maar net ware vreugde beleef, en sy eie hart moet homself in stilte op verheffende wyse loof en sy gewete moet gerus wees, ook dan, as die hele wêreld hom vanweë die goeie daad sou verag! Maar om homself nog daarvoor te verag, en om met homself uitermate ontevrede te wees as mens alles met alle moontlike ywer gedoen het wat mens volgens die goddelike wil as goed en reg beskou, is egter te veel verlang van `n mens, wat tog al swak is!
[17] Heer, daaroor vra ons U meer uitleg, anders gaan ons ook weg, net soos diegene wat al vroeër weggegaan het! U het na ons toe gekom, en ons het aan U roep gehoor gegee en U altyd volkome geglo; maar dit kan ons, op die manier waarop ons dit verstaan en insien, egter nie van U aanneem nie, - want dit kan bykans op geen ander manier ingesien en verstaan word nie!'
|
|
|
|
|