|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 27
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die rypwording van die mens
27 Ek sê: “Jy het jou vraag goed gestel en die onderwerp heeltemal korrek en waar geformuleer vir sover `n skerpsinnige mens in staat is om so-iets te doen; maar nogtans sê Ek aan jou dat die ou wyses ewe-eens gelyk het en selfs nog meer as jy!
[2] Glo jy dan nie dat mens in tyd en ruimte en ook terselfdertyd sonder tyd en ruimte kan wees en tog volledig kan bestaan nie?”
[3] Philopold sê: “Ja, mens kan dit wel glo, veral as mens dit uit U mond hoor! Maar ek het alreeds dadelik by die begin van my inleidende vraag en versoek gesê, dat ek teen alles wat U gesê en ook getoon het, heeltemal geen beswaar het nie; dit gaan hier suiwer om die begrip. Want `n suiwer, sogenaamde vroom geloof kom my voor as `n totale bespotting van elke menslike rede, van alle begrip en alle denke, wat tog ook beslis deur God aan die mens gegee is as `n geestelike lig wat hom die enigste moontlikheid bied om homself, alle dinge buite homself en uiteindelik selfs God te leer ken.
[4] En daarom is ek dan ook vas daarvan oortuig dat `n eerlike mens geen genoeë daarmee moet neem om maar net blindelings te glo wat die een of ander wyse, of `n ander buitengewoon begaafde persoon, wat prakties in alle sfere en dinge deskundig is, aan hom gesê het nie, maar hy moet daarby ook en weliswaar die meeste moontlik, ywerig navraag doen om `n goeie begrip te kry van die inhoud van sy geloof.”
[5] EK sê: “Jy het alweer volkome gelyk; daar is egter nog menige besware waarmee ook volledig rekening gehou moet word!
[6] Sien, by alles in hierdie wêreld, en selfs ook in die geesteswêreld behoort `n sekere rypheid en by die rypheid hoort `n sekere tyd!
[7] Kyk in die winter na `n appelboom of `n wynstok! Waar vind jy dan `n ryp, soet vrug?! Maar dan kom die voorjaar, - lig en warmte van die son neem toe, knoppe word voller en sappiger, vervolgens ontdek jy al gou tere lote, en uiteindelik blare en blomme. Na `n kort tyd val die blomme af omdat hulle vir die bereik van die hoër doel geen nut meer het nie, en `n kort tyd later kan jy alreeds die begin van die groeiende vrug waarneem.
[8] “Wat is dit nou vir `n vergelyking?!”, vra jy jouself nou af. Sien, knoppe, die sappiger wording daarvan, die eerste lote, blare, blomme en die eerste vrugte kom almal ooreen met die kinderlike, vroom geloof van die mens; maar van rypheid kan daarby nog geen sprake wees nie. Want God is die hoogste orde Self en alles wat op die wêreld gebeur, moet sy tyd hê, `n tyd wat ooreenkom met die Goddelike orde.
[9] Die kind stamel eers; uit die stameling vorm langsaam maar seker die spraak. As die spraak meer ontwikkel is, begin mens om aan die kind iets voor te sê, en hy onthou alreeds gou kort sinnetjies. En wat mens verder aan die kind sê, glo die kind byna onvoorwaardelik; die kind vra nog geen ‘hoe’ en ‘waarom’; nie. Op grond van die vroom geloof leer die kind dan baie tot aan die einde van die kinderleeftyd en op hierdie leeftyd begin die kind alreeds dikwels behoorlik skerp te dink en die rede van baie van dit wat hy geleer het en van die kennis te soek; maar die kind besit self nog te min volle, inwendige lewenswarmte en lyk dan presies soos die eerste vrug wat gevorm word.
[10] Maar as in die volle somer dan die volle krag van die lig en die warmte van die son kom, kry ook die eerste vrug wat gevorm word die innerlike, alles tot lewe bringende warmte. Dit veroorsaak dat die jong vrug steeds verder groei, en dat dit die sap wat die nuwe vrug binnestroom, indamp. Daardeur word die vrug groter en vul hom met steeds suiwerder sap en ook die lig kan dan die vrug geleidelik steeds meer deurdring, en so begin die vrug dan eers ryp te word.
[11] Sien, so gaan dit ook by die mens! Solank die innerlike lewenswarmte van sy liefde nie sy hoogtepunt bereik het nie en die lig van hierdie warmte hom nie heeltemal deurdring nie, sal hy ondanks die beste uitleg van buite af die innerlike, geestelike waarhede moeilik of uiteindelik heeltemal nie verstaan nie; maar as hy egter soos `n ryp druif heeltemal deur die toenemende innerlike lewenswarmte en sy lig deurdring word, is hy ryp en besit hy reeds self die beste uitleg van al sy vroeëre vertwyfeling.
[12] En omdat jy ook alreeds taamlik ryp begin word, kan mens jou wel ietwat meer lig en warmte gee uit die groot barmhartigheidson, wat aan alle hemele en hul bewoners, eweneens ook aan alle stoflike wêrelde en wat daarin, daarop en daarbinne leef en adem, lewe en bestaan verskaf. Let dus op!”
|
|
|
|
|