Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Wat meteoriete en komete eintlik is.

166 Ons gaan na die huis, en toe ons ongeveer dertig treë daarvandaan was, vlieg daar `n groot vurige meteoor vanuit die noorde presies oor ons hoofde na die suide en wel met so `n snelheid dat hy van horison tot horison nouliks enkele oomblikke nodig gehad het om die afstand, wat minstens vierhonderd uur deurgaans bedra, af te lê.

[2] Toe sê Lasarus, wat aan sulke verskynsels nog sommige bygelowige waarde heg, met `n sekere opwinding vir My: 'Heer, dit beteken niks goeds nie!'

[3] Ek sê: 'Waarom dan? Waarom sou dit dan op iets boos dui?'

[4] Lasarus sê: '`n Baie ou volkssage verklaar dergelike verskynsels as volg: Wanneer daar êrens op aarde `n groot booswig sterf, gryp sewe van die allerergste duiwels sy siel en sleur dit deur die lug. Van pure skrik, angs en pyn laat hy alles los en omdat die siel nou eenmaal tot die onderste hel behoort, bestaan alles wat sy in haar angs loslaat natuurlik uit vuur. Sulke duiwels en helse afval verpes egter die lug, en waar daar soms `n deel daarvan op die aarde val, gebeur dan ook die een ongeluk na die ander, en daarvoor is daar heelwat offers en gebede nodig om so `n plek van die ongeluk te suiwer. - So lui die ou volkssage. Ek glo dit weliswaar nie sonder meer nie; maar dit is tog vreemd dat soveel dinge, wat mens as kind in `n sekere sin met die moedersmelk ingekry het, nie so baie maklik uit `n mens te verwyder is nie. Daar bly altyd `n soort geloof daaraan hang, dat dit van tyd tot tyd by sulke origens heeltemal onbegryplike verskynsels, weer hernu word en die gemoed met vrees en angs vervul. - Sê U nou eers, o Heer, wat daarvan waar is!'

[5] Ek sê: 'Die ou sage bevat nie die minste waarheid nie; maar die verskynsel self, wat heel natuurlik is, moet waar wees, omdat dit anders nooit sou gebeur nie. Wat die verskynsel as sodanig voorstel, sal Ek jou in die praktyk laat sien. Let nou dus op!

[6] Kyk, daar lê `n klip! As iemand deur middel van `n buitengewone krag in staat sou wees om hierdie klip so kragtig deur die lug te slinger dat hy binne `n oomblik honderd uur ver sou trek, dan sou hy deur die sterk wrywing met die lugmassa oombliklik so gloeiend word soos vloeibare erts. Maar ook die lug waar die klip sou deursny, sou gloeiend word en agter die weggeslingerde, vlieënde klip `n spoor vorm wat gloeiend daaruit sien, wat egter gou sou afkoel en verdwyn, - net soos wat jy dit by die so effe verbyvlieënde meteoor gesien het. So `n spoor is dan geen afval van `n siel wat haar in die kloue van die duiwel bevind nie, maar slegs die baie vinnige vlug en die klip se gloeiend gemaakte lug. Om jou dit egter nog makliker te laat verstaan, sal Ek nou hierdie klip neem en hom deur die krag van My wil met groot snelheid laat rondvlieg en hom dan weer hierheen lei, waardeur jy dan heeltemal bevry sal wees van jou ou kindergeloof.'

[7] Toe tel Ek die ongeveer tien pond sware klip op en laat hom bliksemsnel gedurende enkele oomblikke in groot kringe deur die lug gaan, sodat hy nog meer lig afgee as die vroeëre volledige natuurlike meteoor, en toe hy voor ons neerval, was hy nog so gloeiend soos gesmelte erts en straal hy `n groot hitte uit wat nouliks te verduur is; en as mens hout daarop sou lê, sou dit dadelik aan die brand geslaan het. Dit verbaas Lasarus toe.

[8] En Ek sê op `n gemoedelike toon vir hom: 'Kyk, broer, daar het jy nou jou siel van `n booswig wat deur sewe aartsduiwels gedra word! Binne enkele ure sal hy wel weer heeltemal afgekoel wees.

[9] Maar het jy dan nog nooit by jouself gedink dat die priesterdom altyd geweet het om al die buitengewone natuurverskynsels by die dom volk tot hulle eie voordeel uit te buit nie?! Maans- en sonsverduisterings, komete, swaar storms en groot vurige verskynsels in die lug en nog ander seldsame verskynsels lê hulle as buitengewone, slegte voortekens uit die hemele en hulle skryf dadelik baie gebede en offers voor. Dit word alreeds vir die kinders bygebring, en as so `n verskynsel dan plaasvind, loop die angstig gemaakte volk dadelik na die priesters toe, wat dan voorskryf wat hulle die meeste voordeel bring. - Nou, broer, vra Ek jou, of jy nie hierdie angel herken nie!'

[10] Lasarus sê: 'Ja, nou herken ek dit natuurlik goed; maar vroeër was dit vir my immers nie moontlik nie. Maar hierdie priesters is tog wel egte deurtrapte duiwels! Wel, ek dank U, o Heer, vir hierdie uitleg; want eers nou is dit vir my duidelik hoe ek oor hierdie swart volksbedrieërs moet dink. - Maar komete is tog ernstige voorbodes van oorloë?'

[11] Ek sê: 'Dit is hulle - en dit is hulle nie! Hulle is dit, omdat die volk dit glo, en die teken word ook deur die engele, wat op sigself baie onskuldig is, gebruik om losbandige mense die toelaat van `n oordeel aan te kondig. As die mense daarna glo en boete doen, sal daar na `n komeet geen oorlog volg nie; verbeter hulle hulleself egter nie, dan sal die oorlog nie uitbly nie, wat altyd die voorloper is van allerlei daaropvolgende nog groter onheil as die oorlog self.

[12] Op sigself is komete niks anders as aardes in wording nie, wat hulle langsaam maar sekerlik volgens die goddelike plan ontwikkel tot dit wat hulle moet word, - en dan is dit geen voorbodes van oorlog nie.

[13] Nou meen jy weliswaar dat God `n wêreld ook in `n oogwenk sou kon skep. O ja, dit sou Hy baie goed kon doen; maar dan sou daar in God geen orde wees en ook nie in die geskapene wat so plotseling ontstaan het nie. Maar God skep `n wêreld volgens Sy orde, en daar ontstaan dit een na die ander, en so ontstaan `n volmaakte eenheid uit die tallose veelheid van die goddelike gedagtes en idees.

[14] So `n komeet is ook `n groot oordeel in wording vir bepaalde soorte geeste. Dit moet langsaam, maar sekerlik steeds inniger en inniger saamgaan, sodat hy in ruimte en tyd uiteindelik `n bont, stoflike massa vorm. Hierdie vorming van sigbare, vaste massa noem ons die omhulling van die geestelike potensies, en hierdie omhulling is die eintlike oordeel, waaruit daar dan na `n lang tyd, geeste wat in die oordeel gevange gehou word, hulle selfstandige lewensvryheid kan bereik. En omdat komete dus oordele in wording is, het hulle ook hierdie invloed as hulle naby `n reeds lank bestaande aarde kom, of hierdie invloed word ook deur God se engele vir `n ou aarde gebruik, omdat hierdie invloed `n oordeel daar opwek en hierdie mense by name teen mekaar opsteek, - natuurlik maar net as dit noodsaaklik is, dit wil sê, wanneer die mense God heeltemal begin te vergeet en hulleself as gode begin aansien. - Nou weet jy dan ook wat jy van komete moet dink, en dus kan ons nou hierdie plek maar verlaat. Of wil jy eers nog iets vra?'

[15] Lasarus sê: 'Heer, nog net twee klein dingetjies; want ook al weet ek nou deur U goedheid dit wat ek weet, om my kennis ietwat af te rond, sou ek daarby nog wil weet! Die twee klein dingetjies is dat ek in die eerste plek nog van U sou wou hoor waar die volkome natuurlike meteoriete vandaan kom, wie hulle met so `n onmeetlike krag die lug ingeslinger het, en in die tweede plek waar die komeet heengaan as hy langsaam maar sekerlik uit die sig verdwyn.'

[16] Ek sê: 'Meteoriete het `n tweërlei oorsprong. Dit kan uitgeworpe materiaal van die son wees; want die son is `n duisendmaal duisend maal groter aarde as hierdie waarop ons staan. Aan haar oppervlakte vind dan ook so nou en dan verhoudingsgewys groot en heftiger uitbarstings plaas soos op hierdie aarde. By sulke uitbarstings word daar altyd `n groot aantal groot en kleinere, harder en dikwels ook sagter massas, met vir jou volledig onbegryplike krag, in die wye heelal na buite geslinger, en daarvan beland daar ook steeds `n aantal in die omgewing van hierdie aarde. En sodra hy enigsins binne die sfeer van die lug van hierdie aarde kom, begin hy te gloei en word as vallende sterre sigbaar. En dring hy te diep deur in die digter lugmassa van die aarde in, dan word hy in sy snelheid afgerem en deur hulle swaarte deur hierdie aarde aangetrek, en dan val hy ook heel natuurlik op die bodem van hierdie aarde, hetsy op die droë grond of in die water, wat op hierdie aarde aanmerklik meer ruimte beslaan.

[17] Dit is dus die een soort van meteoriete wat die meeste op hierdie aarde voorkom. `n Ander en meer seldsame soort meteoriet, soos die een wat nou net daar was, ontstaan egter hier op die aarde self. Te midde van die groot aantal berge op ons aarde is daar ook wat in verbinding staan met die binneste van die aarde en voortdurend deur bepaalde groot organe gevoed word. Hierdie voeding gaan langsaam maar sekerlik steeds meer aan om te gis, waardeur groot hol inwendige ruimtes opgevul word met gasse, wat maklik ontbrand, wanneer dit te veel onder druk te staan kom. As daar so `n inwendige ontbranding voorkom, verwoes die brandende gasse die minder vaste deel van die berg, breek as gloeiende vuurmassas deur en sleur die los stukke saam en slinger dit - net soos ons dit vroeër gesien het - dan met ooreenkomstige, immense krag hetsy reg omhoog, of dikwels ook in die een of ander rigting skuins oor die aarde, soms tot op enkele ure afstand van die plek van hulle ontstaan. Daar val hy dan na benede sonder om die aarde daardeur enige skade te berokken.

[18] Tot ver in die omgewing van `n vuurspuwende berg sal jy sulke verskynsels dikwels van baie naby te siene kry; maar van die berge uit die Kaukasus kom die stukke maar net hierheen, wat toevallig tydens die uitbarsting so `n rigting kry dat hy hier moet beland, en ook moet hy met voldoende krag uitgewerp word. Bowendien moes hy hom ook reeds by die uitwerp in `n gloeiende toestand bevind het, waardeur hy makliker die weerstand van die lug, wat hulle hinder in hulle vinnige vlug, kan oorwin, omdat dit deur hulle hitte oombliklik verdun word en daardeur hulle vlug minder belemmer as koue en daarom digter lug.

[19] En nou het Ek vir jou hierdie saak heeltemal op natuurlike wyse, volgens wêreldse begrippe uitgelê, en daarmee kan jy baie tevrede wees. `n Diepere, geheel geestelike uitleg daarvan kan Ek jou nie nou gee nie, omdat jy dit nie sou verstaan nie; wanneer Ek die Gees van Waarheid egter oor julle almal sal stuur, sal die julle ook in alle wysheid binnelei. - Maar nou is dit ook al die beste tyd om in die huis te gaan. Kyk, beide susters kom ons al haal!'

[20] Toe gaan ons na binne, neem dadelik aan die tafel plaas en eet en drink opgewek.

[21] `n Paar leerlinge vra wel wat ons so lank daarbuite gedoen het.

[22] En EK sê: 'Dit wat julle nie gedoen het nie; en dit was dan ook belangriker as julle woordestryd oor die vae persoonlikheid of onpersoonlikheid van Beëlsebul. Maar eet en drink nou, sodat julle môre krag kan hê om opgewasse te wees teen `n hete dag!'

[23] Daarop vra niemand meer iets nie, en elkeen eet en drink wat voor hom staan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205