Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Nie die bewustheid, maar die handeling uit liefde maak salig. Oor ywer en spaarsamigheid met Regverdige rykdom

227 Die Fariseër, wat buitengewoon verbaas was, sê: 'Heer en Leraar, nou eers besef ek dat U vol van die Goddelike Gees moet wees; want oor sulke dinge kan slegs God vir die mens `n ware en volledige uitsluitsel gee! Wat is die verstand van die grootste wyse van hierdie aarde vergeleke daarmee, wat hom deur enige ervaring en beskouing van die uiterlike vorme van die dinge sy eie gemaak het?! Wat is die klein beperkte mens teenoor God?! Daarom kan die mens ook nooit uit homself vir God deurgrond nie en ewemin Sy ewige heerskappy, sy werksaamheid en skeppingskrag!

[2] Ek sou nou maar wou gehad het dat die hele tempel van die lig vervul moet word! Maar dit is by die algemene verhardheid van die tempel gladnie denkbaar nie! Ons, met so sewentien, het tog dikwels oor sulke sake - natuurlik meer kontra as pro - nagedink, en hoe moeilik was dit vir ons om die lig binne te gaan! Hoe sou dit dan vir ons kollegas en medepriesters wees, wat miskien nog nooit oor hierdie sake nagedink het nie - nóg pro, nóg kontra, - maar wat maar net bedag was daarop hoe hulle hulle buike steeds meer kon vul! O Heer en Leraar, U sal wel die beste weet wat U met die tempel en sy meer as blinde priesters sal doen! Die huiwering loop oor my rug as ek hierdie lig vergelyk met die mees fundamentele duisternis van die tempel. Hoe groot en almagtig waan iemand van ons soort homself nie in die tempel nie, en hoe oneindig klein sou hy wees as hy in hierdie lig sou kom!

[3] O Dawid, hoe waar was dit toe jy sê: 'O, wat is al die mense nietig in vergeleke by U, o Heer! Verlaat jou nie op die hulp van die mense nie; hulle kan julle almal nie help nie! 'Ja, hoeveel al die wette en selfsugtige lesse in die tempel ons gebaat het, sien ons eers nou goed in en sal ons in die vervolg beslis nog beter insien! Heer en Leraar, verlaat ons nooit met U Gees nie!'

[4] Ek sê: 'Wie in My leer bly, bly ook in My, en Ek bly in hom; wie egter deur sy dade My leer verlaat, verlaat ook vir My, en die lewe is nie in hom nie. Ek is die ware lewensdag. Wie op hierdie dag voortgaan, sal hom nie stamp nie en wie op hierdie dag werk, sal die ware lewensloon ontvang.

[5] Nou weet julle voorlopig die belangrikste; julle sal nog voldoende geleentheid hê om al die ander te hoor. Maar kennis alleen maak nie salig nie, slegs die handeling daarin!

[6] Daar is egter `n tweevoudige handeling: `n Handeling vir die wêreld uit eiebelang - en `n werklike handeling in die wêreld uit ware liefde tot God en uit liefde vir die naaste. Uit die eerste verkry die mens die oordeel en maklik die ewige dood, uit die tweede egter die liefde en barmhartigheid van God en die ewige lewe van die siel.

[7] Daarmee sê Ek nie dat iemand nie met alle ywer die aarde moet bebou nie, en dat hy nie spaarsaam moet wees nie, want Ek Self raai vir elkeen vlytigheid en `n korrekte spaarsamigheid aan. Maar dit alles behoort mens te doen om voldoende voorraad te hê om op elke oomblik die armes te kan bystaan. Want wat iemand aan die armes in My Naam sal doen, sal Ek so aanneem asof hy dit aan My gedoen het, en Ek sal hom seën hier en aan die ander kant; wie egter slegs vir homself en suiwer vir sy kinders werk en sorg, en dit hom nie hinder om iets op oneerlike wyse in besit te neem nie, die sal geen seën van My kan verwag nie, en aan die ander kant sal hy nie voor My regterstoel bestaan nie, maar hy sal uitgewerp word in die kerker van die buitenste duisternis. Daar sal baie gehuil en tandegekners wees, en so `n siel sal moeilik ooit tot volle aanskouing van God kom.

[8] Wie egter van sy egoïstiese spaarsamigheid oorgaan na volkome gierigheid, is reeds hier `n duiwel in mensegestalte, wat die Gees van God, wat suiwer Liefde is, altyd weerstaan en daarom vir altyd van die saligheid uitgesluit sal bly. Want so sekerlik as wat daar `n hemel is, so sekerlik is daar ook `n hel, waarvan die wurm nooit sterf en die vuur nooit uitdoof nie. Wie totaal uit eie wil daar inkom, sal ook nooit deur eie wil meer daaruit kom nie, - en dit is die ware ewige dood van die siel. Let ook goed daarop, en pasop daarvoor dat julle nie in selfsug, eieliefde, nyd, gierigheid en wêreldse hoogmoed verval nie! Want alle ander sonde raak die mens makliker kwyt as juis hierdie wat nou genoem is.

[9] Kyk net na ons Lasarus, wat nou stoflik gesien, wel een van die rykste mense in die hele Judea is, - maar hy is nie ryk vir homself nie, maar vir talle duisende armes, wat altyd by hom werk en `n regverdige goeie onderdak vind; daarom is hy ook geseënd, en as hy liggaamlik sou sterwe, dan sal Ek hom tog opwek, sodat hy nog lank vir die armes sal lewe. En verder sal hy geen dood meer sien, voel of smaak nie, maar dit sal hom vry staan om sy liggaam te verlaat en binne te gaan in My ryk wat altyd vir hom oopstaan. In die huis waar Ek ewig sal woon, sal ook hy ewig woon!

[10] Julle sien daarin, dat Ek nie maar net `n vriend van die armes is nie, maar ook `n vriend van die rykes is, indien hulle hulle rykdom volgens die ware en korrekte bedoeling van God benut en gebruik. Wie ryk is, moet so handel, en hy sal lewe!'

[11] Toe sê Lasarus, heeltemal ontroer van liefde: 'Maar Heer, U is te goed, wat se goed doen ek dan wel dat ek, arme sondaar, so deur U geprys word?'

[12] Ek sê: 'Ek weet goed hoe en wat jy doen; verwonder jou daarom nie as Ek jou verdienstelik prys in die teenwoordigheid van baie mense nie!

[13] Teen `n ander ryke, wat My ook wou volg, maar daarby sy rykdom baie liefgehad het, het Ek gesê: 'Verkoop eers al jou goedere, verdeel die opbrengs onder die armes, en kom dan eers om My te volg!' - Maar omdat hierdie man sy rykdom baie liefgehad het, het hy dadelik bedroef geword en weggegaan.

[14] Vir jou sê Ek egter: Koop nog meer goedere; want wat jy joune noem, is eintlik die besitting van die talle armes, wat die oorgrote deel van jou goedere verbruik!

[15] Vir `n ryke, wat sy rykdom as sodanig of ter wille van homself te veel liefhet, sê Ek, dat `n kameel makliker deur die oog van `n naald sal gaan as dat so `n ryke eendag in die hemel sal kom!

[16] Maar daar is ook baie armes wat na `n goedhartige ryke toe gaan en hom vir `n aalmoes smeek, en as hy een daar gekry het, dit verspil, en bowendien nog baie ondankbaar is teenoor sy weldoener. Maar laat `n weldoener hom niks daarvan aantrek nie; want hoe minder dank julle op hierdie wêreld sal ontvang, soveel groter sal julle loon aan die ander kant wees; want daardeur toon sulke rykes eers dat hulle na God lyk, wat ook die son oor die goeie en bose laat opgaan en skyn.

[17] Ja, Ek sê julle nog meer: Doen aan julle vyande goed, bid vir hulle wat julle vervloek, en seën die wat julle haat en agtervolg, dan sal julle daardeur die vinnigste gloeiende kole op hulle hoofde opstapel en hulle slegte gemoed die vinnigste na die verbeterde en hoëre keer! Leen jy oorvloedig geld aan hulle wat jou nie met rente kan terugbetaal nie, en nooi diegene as gaste van wie jy dit nie kan terugvra nie, dan sal jy daardeur in die hemel groot skatte vir jou siel versamel!

[18] As daar egter iemand as ryke na jou toe sal kom, wat jy al sommige kere gehelp het, maar wat jou goedheid misbruik, vermaan hom dan in `n goeie gesprek; weerhou egter nie jou liefde van hom nie! As hy hom verbeter, dan het jy `n dubbele goeie werk aan hom gedoen; verbeter hy hom nie, word dan nie kwaad vir hom daaroor nie, - want naas die fisiese armoede, bestaan daar ook `n geestelike armoede, wat altyd groter en betreurenswaardiger is as die fisieke.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205