Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die goeie doel heilig nie die bose middele nie

39 EK sê: “U kuns is, vir sover dit hom by die eksperimente bedien van natuurkragte, meganika en geneesmiddels, in sigself baie goed, en mettertyd kan dit die mense menige aardse voordele bring. Maar omdat alle mense voor God gelyke waarde het, is alles wat aan die mense bedrieglik voorgestel word vir gewin, sleg en vir God, die enigste Heer van die hele wêreld en alle skepsele, nie welgevallig nie, wat Ek ook aan die Essene, wat iets dergeliks doen, by `n bepaalde geleentheid gesê en laat sien het. Want ook al sou die doel in sigself tog hoe goed wees, maar net deur `n leuenagtige en derhalwe as sodanig slegte middel bereik kan word, dan word die middel deur die wesenlike goeie doel nooit geheilig en ook nooit goed nie. 

[2] Byvoorbeeld: Gestel dat daar `n sieke was wat baie aan pyn ly, terwyl die beste artse geen middel meer kon bedink om hom van sy groot pyn te genees nie. Gestel dat daar dan een van die artse sou sê: “Noudat hierdie man tog nie meer te help is nie, gee ons aan hom `n sneldodende gif, dan is hy oombliklik uit sy lyding verlos!” So gesê, so gedoen, - en die lydende was oombliklik dood gewees. Ja, hierdie artse het die sieke werklik van al sy pyn bevry; maar hulle het hom gedood sonder om te dink waarom God hom die lyding gegee het, en hoe dit daarna in die hiernamaals met sy siel sou gaan. En daarom was die middel sleg, waarmee daar nooit `n suiwer en goeie doel bereik kan word nie.

[3] En sien, so is dit met al sulke valse wonderwerke gesteld! Ook al gaan hulle selfs vergesel van goeie, morele lesse waarvan die mense baie nut het en ook al word hulle as goddelike dade uitgelê, tog bereik hulle uit die aard van die saak niks goeds nie; want hulle veroorsaak in die harte en gemoedere van die volk `n afgedwingde liggelowigheid, waaruit allerlei bose bygeloof en uiteindelik fanatieke haat ontstaan teen elke andersdenkende. En kom hulle uiteindelik deur iemand wat verstandig genoeg is, agter die bedrog, en merk hulle dat deur die vermeende goddelike wonderwerke te glo wat net baie alledaags en natuurlik was, dan verloën hulle ook alle lesse wat daarop gebaseer is, hoewel dit in sigself goed was, glo daarna totaal niks meer nie en word soos tiers en hiënas teenoor hul leraars en wonderdoeners. 

[4] Hieruit is dit egter eenvoudig om te sien, dat `n goeie doel eintlik nooit deur `n slegte middel bereik kan word nie; want as die ondersteuning sleg en swak is, hoe kan `n volkome stewige gebou dan daarop staan?! 

[5] Op slegte, los grond kan `n stewige kasteel nooit gebou word nie, en so kan met bedrieglike, misleidende middele ook nooit `n goeie opvoeding tot stand kom wat die mens deur en deur verbeter en lewend maak nie.

[6] Ook die grootste state van hierdie wêreld, waarvoor die halwe aarde bewe, val uiteindelik soos los kaf uitmekaar omdat die fondament waarop hulle gebou was, self niks anders was as ydele, kafsoortige begogeling nie.

[7] Daarom het Ek dus van Bo na hierdie wêreld neergedaal om die mense in alles die volle waarheid te laat sien en te gee. En wie in hierdie waarheid sal bly en leef, sal waarlik vry wees en in homself die ewige lewe hê, wat nooit deur die een of ander misleidende middel nie, maar net deur die mees suiwere en mees opregte waarheid te bereik is.

[8] En presies daarin bestaan die Ryk wat Ek nou aan die vestig is. Dit is `n Ryk van liefde, van lig en daardeur van die reinste en opregste waarheid. Sy Koning sal wel nooit `n aardse troon bestyg en geen goue septer in Sy hand neem en geen ander wapen dra as net die waarheid nie; maar hierdie wapen sal aan Hom tog vir ewig die skitterendste oorwinning gee oor alle volke van die aarde en oor al sy skepsele, en dit sal met hulle goed gaan wat hulle deur hierdie reinste hemelse wapen sal laat oorwin!

[9] En nou eers sê Ek ook aan u, dat Ek die Een is wat u soek en aan Wie u reeds as pasgebore Kind eer bewys het.

[10] Ek sê u nou ook, dat Ek nou en in die toekoms geen eer van die mense sal aanneem nie; maar daar is Een, wat Eén is met My en My eer, en Sy Naam is: Liefde, Lig, Waarheid en Lewe. Hy is die Oergrond van alle dinge en die ewige Syn en Bestaan self, en alles wat daar is en bestaan, is en bestaan uit Hom. - Weet u nou waaraan u toe is?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205