|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 81
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die Heer in die noorde van Galilea
81 Ek het ongeveer sewe dae in Kana in Galilea gebly, en My studente het die Evangelie aan die volk verkondig. Na sewe dae het ons egter verder getrek, nadat ons vooraf eers baie goeie dinge verrig het. Baie mense uit die volk het ons vanuit Kana nog `n groot afstand begelei en getroos weer na hul huis teruggekeer.
[2] Vandaar het ons na die noordelikste grense van Galilea getrek, waar ons nog nie voorheen was nie. Daar het ons baie heidene aangetref, wat baie bygelowig was en baie staatgemaak het op allerlei amulette. Hulle het ons dan ook baie verwonderd aangekyk en kon nie begryp dat ons sonder sulke beskermende middele durf reis nie. Toe ons aan hulle ander bewyse van ons innerlike kragte begin gee het, het hulle op hul aangesigte neergeval; want hulle het ons vir gode van die Olimpus aangesien en het dit nie durf waag om ons aan te kyk nie. Eers na lang gepraat en oorreding het hulle weer begin om ons vir mense aan te sien en daarna was dit eers moontlik om ons beter aan hulle bekend te maak.
[3] Ons het ongeveer drie weke daar gebly en het daar `n groot aantal heidene tot die suiwer Judeërdom bekeer. Verder was dit baie goeie mense, wat ons met alles versorg het wat hulle maar gehad het. Toe ons hulle verlaat het, is daar baie trane oor ons gehuil; maar Ek het hulle versterk en toe het hulle ons rustig laat gaan.
[4] Sodat die leser van hierdie skrif hom makliker kan oriënteer oor die plek waar hierdie amulet-heidene hulle hulself bevind het, moet hy op die landkaart kyk en dan sal hy in Klein-Asië `n landstreek vind, wat Kappadosië (Cai pa dou ceio) heet (= Wat wil hulle hier?). Daar aan die suidgrens was `n stad met die naam Melite (Mei liete! = Het of tel die jare!) Hierdie naam het die stad van `n jong koning gekry, wat weliswaar werklik wys en dapper was, - maar wat, toe die ou koning gesterf het, dadelik die troon wou bestyg. In die raad van oudstes van die volk het dit egter geblyk dat die seun nog nie die vereiste leeftyd bereik het nie, en mens het aan hom gesê: “Mei liete!” = “U moet die jare hê!” Toe het die seun kwaad geword en met sommige dapper stryders na die ooste getrek, bogenoemde landstreek Kappadosië by die reeds vroeër verowerde streek Cilícië (Ci lei cia = As sy maar wil), en het daar `n stad gebou en daaraan die triomferende naam Mei liete nei (Grieks: Melitene = Het die jare nie), waarmee hy aan die raad van die oudstes wou sê: “Sien maar eers of ek nie oud genoeg is nie!”
[5] Nou, dit hoort weliswaar nie so presies in ons Evangelie tuis nie; maar dit skaad niemand om ook so-iets te weet nie, omdat hy hom daarna oor baie sake makliker kan oriënteer.
[6] Dus westelik van hierdie ou stad was `n belangrike gebergte aan die grens van Sirië, en daar het ons amulet-Grieke gewoon. Hoe Ek die aangeleentheid by en met hulle hanteer en beleef het, is alreeds kortliks weergegee en dit is wel voldoende.
[7] Van hierdie gemoedelike mense het ons suidweswaarts beweeg en in `n stadjie genaamd Chotinodora (Choti no dora = op die hoek verbou of ploeg mens nie). In hierdie stadjie het baie Judeërs uit Bethlehem gewoon wat daar met alles handel gedryf het, maar ook as geldwisselaars besonder ywerig was. Terselfdertyd was daar ook Grieke uit Armenië wat houthandel bedryf het aan die Eufraatrivier tot in Indië, omdat hierdie stadjie, net soos `n ewe groot buurstadjie met die naam Samosata, aan voorgenoemde stroom geleë was.
[8] “Wel, almal handelaars! Daar sal ons vir ons saak weinig bereik!”, het die studente toe onder mekaar gedink, en een van die oudste nuwe studente het aan My gesê, toe ons aan die oewer van die rivier na die bedrywigheid van die mense gekyk het: “Heer, hierdie plek hoort tog nie meer by Galilea nie en tog het U daarnatoe gereis, alhoewel U maar net in Galilea wou rondtrek! Hoe het dit so gebeur, en hoe moet ons dit verstaan?”
[9] EK sê: “Dit het baie natuurlik gebeur, omdat alles tot aan die grens van Klein-Asië nou volgens die landindeling van die Romeine by Galilea hoort, en dus is ons nou nog in Galilea en let nie meer op die ou name nie, maar net soos wat dit nou bestaan! Hierdie land, wat in die tyd van Jakob en later tydens die Rigters die land van die treurendes, `n land vir verbanne mense was, het nou `n land van vreugde geword, en hoewel dit vroeër klein was, het dit nou nogtans groter geword as alle lande van die hele Beloofde Land. Ons is nou weliswaar in ou Sírië, maar tog is ons in die nuwe Galilea (‘G’ = as ‘Sch’ uitgespreek, heet 'Schalilea' = `n plek van droefheid), wat nie `n land van droefheid nie, maar `n land van vreugde en geestelike opstanding geword het. - Verstaan julle dit?”
[10] Almal sê: “Heer, dit verstaan ons nou baie goed omdat dit in alle waarheid so is! Maar nou is die vraag wat ons hier sal doen. Die huidige dag loop alreeds ten einde en ons het nog geen herberg nie. Ook ons mondvoorraad is heeltemal op. Daarom vra ons U, o Heer, of U aan ons raad wil gee! Moet ons hier in die ope lug oornag of sal ons in die stad gaan soek of daar êrens brood te koop is?”
[11] EK sê: “O, julle kleinmoediges! Gaan heen en doen laasgenoemde! Maar na `n herberg hoef julle nie te soek nie, want dit sal nog vanself kom, as dit wil kom. Kom dit nie dan bly ons hier, en niemand sal iets oorkom nie. Môre sal ons eers sien wat daar gedoen moet word.”
|
|
|
|
|