Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die listige vroue van die heidense priesters

102 In die oggend wag daar al `n aantal mense voor die huis om My te sien; maar Ek bly met die leerlinge in die saal en gaan nie die keer voor die oggendete na buite nie.

[2] Jored het egter gekom om te kyk of ons nog geslaap het. En omdat hy ons klaar wakker aantref, sê hy vir My: 'Heer en God, die maaltyd is gereed; en as dit vir U geleë is, laat ek dadelik opdien! Ook die vyf priesters en ons dokter is al daar en sou U wil sien en begroet. Verder is daar baie volk rondom die huis, wat niks anders wens as om U `n keer te sien nie. Heer, wat wil U hê?'

[3] Ek sê: 'Laat die maaltyd opdien, en die priesters en die dokter hier kom, en natuurlik ook jou familie, wat vir My baie dierbaar geword het! Maar die nuuskierige volk moet wag, want hulle word voorlopig nie beter of slegter wanneer hulle My bekyk nie. Doen dit dus; na die maaltyd sal ons wel sien wat daar gedoen kan word!'

[4] Vervolgens gebeur daar dadelik wat Ek gesê het. Die dokter en die priesters kom binne en ons gaan aan tafel. Toe word die spyse ook binnegebring, wat baie goed voorberei was, aangesien die sewe vroue van Jored prima kooksters was, en ons eet en drink opnuut na hartelus, en drink nog wyn na die vis. 

[5] Na `n halfuur was ons klaar met die maaltyd, en een van die priesters vra My of hy iets mag sê.

[6] Ek sê vir hom: 'Vriend, praat soveel as wat jy maar wil, maar Ek sê jou wel, dat Ek tog al woord vir woord weet wat jy vir My wil sê en waarom jy My wil vra, en daarom kan jy jou die moeite wel bespaar om jou mond oor so-iets onbelangrik oop te maak!

[7] Kyk en luister! Toe julle laasnag - weliswaar reeds by die oggendskemering - tuis kom, hoor julle in julle heilige bos `n gehuil en geweeklaag. Julle gaan ietwat bang dieper die bos in en hoor selfs dreigend sê dat die gode hulle op julle sal wreek omdat julle julle eed teenoor hulle gebreek het. Julle haas julle toe nie min beangs na julle vroue en vertel hulle wat julle gehoor het, en dit was nou juis koring op hulle meule.

[8] Weet julle waarom julle sluwe vroue en kinders en bediendes julle gisteraand kom haal het? Wel, hulle het vir julle hierdie spookgeskiedenis in `n opvoering omgesit en wou julle baie graag vroeër die skrik op die lyf gejaag het! Hulle was baie kwaad omdat julle so lank getalm het, voordat julle in hulle val ingeloop het.

[9] Hoewel Ek gister, net soos nou, baie presies geweet het wat die vroue in die mou voer, het Ek dit tog laat gebeur, nie dat julle deur julle vroue `n paar uur angs laat aanjaag het nie, maar juis om julle nou daardeur te help om julle vroue en kinders en dienaars op die goeie weg te bring. 

[10] Daarom het Ek die werktuie van die lis van julle vroue solank op hulle plek vasgeklink totdat ons nou aanstons daar sal wees en julle julleself ten aanskoue van julle vroue kan oortuig van die wonderwerke wat hulle in die nag vir julle op tou gesit het, met die katte wat in die struike aan die sterte vasgebind was en met sommige gehuurde, omgekoopte knegte en meide wat op die dik boomtakke gesit het.

[11] Toe julle vanmôre na My toe gekom het, het julle vroue, kinders en bediendes vinnig na die heilige bos gegaan en hulle doen nou alle moontlike moeite om die spook-werktuie, wat hulle vir julle bedink het, te bevry; maar dit gaan nie nou gebeur nie, totdat ons daar sal kom om die spook-aktrises baie duidelik en kragtig toe te spreek en hulle toorwerktuie dan eers te bevry. Nou vriend, sê eers of dit nie so is nie, en of jy My dit nie wou sê nie!'

[12] Die priester sê: 'Ja, verhewe Heer en God, presies so was dit! Ek dank U uit die diepste van my hart vir hierdie opheldering, ons was gister nie weinig in angs nie, en dag toe: Nou, as dit so voortgaan, beleef ons binnekort nog die ou gode-oorlog. Daaraan het ons in feite wel nooit geglo nie, maar ons veronderstel wel dat daar in die oertyd op hierdie aarde baie groot, aardse, elementêre omwentelinge voorgekom het, waarvan die bestaan en die gebeure deur die eenvoudige natuurmense uit die tyd in allerlei beelde en wonderlike visioene vir hulle nakomelinge vasgelê is. Maar gister het ons al byna aan die werklikheid van die fabels geglo, en makliker omdat ons gister gesien en gehoor het waartoe `n goddelike mag, ook al woon dit slegs in `n mens, alles in staat is. Ons sien U en U leerlinge al brandende berge en reusagtig groot eike met verskriklike krag omhoog slinger. Maar nou het die dom gedagtes wel heeltemal verdwyn, en ek as spreker verheug my nou daarop in die besonder dat U, o Heer en God, ons oerdom vroue tot orde sal roep!'

[13] Ek sê: 'Jy sê tereg dat julle vroue baie dom is, maar die skuld van hulle domheid lê by julle. Julle het dit veroorsaak, en daarom lê die skuld van die feit dat julle vroue en kinders so is soos wat hulle is, by julleself, en julle moet nou, maar wel met liefde en geduld, self weer aan hulle goedmaak wat julle aan hulle bederf het! Ek sal wel My deel doen, maar daarna moet julle ook julle eie aandeel op julle neem. Met liefde en geduld sal julle baie bereik, - maar met julle vanouds se gebruiklike strengheid heeltemal niks!' 

[14] Toe sê die Zeuspriester: 'Heer en Leraar, ons kon onmoontlik baie aan ons vroue bederf het; hulle was van kinds af aan so baie in die borsrok van die gode gepers, dat hulle ons steeds korrigeer as ons net iets van ons seremoniële kultus agterweë laat, wat in `n sekere sin maar net bysaak was, en eerder weggelaat sou kon word.'

[15] Ek sê: 'Dit is wel so, maar julle sal julleself nou ook nog die beste kon herinner aan die tyd toe julle na die hand van julle vroue gedans het! Toe het julle vasgestel dat hulle, as dogters van `n priester in Sidon, die Skrif van die Judeërs gelees het en baie belangrik gevind het, so ook hulle vader, al was dit dan heimlik vir homself. Toentertyd het julle dit geprys om die dogters vir julle te wen; maar toe hulle julle vroue geword het, begin julle die leer van die Judeërs van dag tot dag by hulle in `n slegter lig te stel, julle toon hulle allerlei skynwonderwerke en beweer dat die gode dit alles gedoen het. Vervolgens probeer julle die fantasie van die vroue uitsonderlik deur allerlei middele te prikkel, sodat hulle uiteindelik allerlei drome en visioene gekry het. Hierdie drome en visioene het julle geweet om deur julle welbesprekendheid altyd so uit te lê dat hulle presies beteken en aangetoon het wat in julle kraam gepas het. As julle dit bedink het, sê dan eers wie die vernaamste skuld dra aan die domword van julle vroue!  

[16] Maar Ek sê nou nog iets vir julle daarby, en dit is die volgende: julle vroue is heimlik nie so baie dom soos wat julle dink nie; want as hulle dit was, en iets sou verwag het van die hulp van die gode, dan sou hulle dit nooit aangedurf het om so, in die naam van die gode wat hulle daardeur kwaad sou maak, heel ongedwonge vir julle spook te speel nie. Maar omdat hulle heimlik juis nooit baie waarde geheg het aan al die heidense gode nie, en nou al gladnie, omdat hulle deur julle by geskikte geleenthede as julle mees vertroude en noodsaaklike helpsters ingewy is in allerlei toorkunste, moes hulle tog ingesien het hoe en op watter wyse julle gode hulle wonderwerke verrig het. Bedink dit eers en sê dan wie eintlik skuld dra aan die sogenaamde domword van julle vroue!

[17] Maar dit maak op die oomblik nie saak nie, want voortaan sal julle vroue, kinders en dienaars julle ook in die waarheid, wat nou deur My by julle opgegaan het, ver oortref. Nou gaan ons egter na die heilige bos, en daar sal Ek julle vroue, kinders en bediendes van hulle groot verleentheid en naderende vertwyfeling verlos! Want nou begin hulle self te glo dat die gode hulle straf oor wat hulle ongelowig in die heilige bos teen hulle misgaan het. Laat ons daarom opstaan en vinnig op die pad gaan!'

[18] Ons verlaat dadelik die saal en gaan na die heilige bos, maar kies daarvoor `n agterweg, om te voorkom dat die baie mense, wat nog aan die voorkant van Jored se huis op My gewag het, hulle sou opdring en ons te voet sou volg.

[19] Onder die volk bevind hom ook ons Judas, wat My vir `n paar muntstukke aan die volk wou toon, omdat die mense My immers nog nie persoonlik geken het nie. Daarin word die verraderlike en op geld beluste leerling egter verhinder, omdat ons `n agterweg na die genoemde bos gekies het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205