Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die valse profete

235 Lasarus sê: 'Maar Heer, mens sou tog nie kon glo en aanneem dat hierdie leer van U ooit êrens vervals sou kan word nie! Want soos wat ons dit van U ontvang het, so sal ons haar immers ook deurgee aan ons nakomelinge, en daar sal niks toegevoeg en niks weggelaat word nie; ons kan ook skryf, en sal dit wat ons nou van U gehoor en gesien het, woordeliks opskrywe, en ons mense sal dit almal punt vir punt hoor en ook opvolg. In die geval verstaan ek nie hoe dit moontlik kan wees dat daar valse profete kan opstaan nie!'

[2] Ek sê: 'Presies soos wat jy nou praat, het die direkte aanhangers van Moses ook eens gepraat toe Ek op Sinai die wette gegee het. Die wetgewing duur toe, dit sal julle sekerlik nog goed weet, iets meer as sewe volle jare, en het daarna nog ongeveer drie-en-dertig jaar meer in die geheim geduur en was nie vir elkeen waarneembaar nie, - en reeds in die eerste sewe jaar was die goue kalf gegiet en aanbid! Kyk, so is die mense!

[3] Dat My leer by julle en by julle geringe aantal nakomelinge nog lank suiwer sal bly, gee Ek wel toe; maar in algemene sin sal dit baie anders daar uitsien!

[4] Waar ook maar iets groots en buitengewoon op die wêreld gebeur, word dit deur mense wat sonder besigheid sit, en deur hulle winsbejag en hebsug, baie gou op die een of ander manier uitgebuit en omvorm tot hulle aardse bron van inkomste, - wat so waar is as die waarheid self. As Ek sulke aktiwiteite moes voorkom, dan moes Ek maar net wurgengele op hierdie wêreld laat kom, wat vroegtydig al hierdie soort mense om die lewe moet bring, maar wat as gevolg van die vrye wil van die mens, egter nie kan gebeur nie, net so min as wat die aangaan van die onkruid op `n koringakker op één slag vernietig kan word, wat selfs vir die koringakker nie goed sou wees nie, omdat die onkruid uiteindelik selfs bemesting vir die koringakker word.

[5] Soos wat die onkruid egter op die koringakker toegelaat word, so word ook dit toegelaat, egter nie sonder `n straf wat altyd vroeër of later sal volg nie. Kyk, dit is dus nie volledig te verhinder nie!

[6] Daarom sê Ek slegs, dat almal wat nou die suiwere van My, en later van julle sal ontvang, altyd goed op hulle hoede moet wees, sodat ook hulle nie in versoeking kom nie; want die bose gees trek deur die hele wêreld soos `n brullende en hongerige leeu en probeer alle edel en suiwer siele te verslind. Behoed julle daarom teen die valse profete! Dit is alles wat Ek julle nou daarteen kan saamgee.'

[7] Petrus vra: 'Heer, as hulle dalk al in ons tyd sou opduik, hoe sou ons hulle dan kan herken?'

[8] Ek sê: 'Aan hulle vrugte! Op doringheinings word geen vye ryp nie, en op distels geen druiwe nie! Slegs Ek is, deur My leer, die deur van die skaapstal; wie êrens anders in die stal inbreek, is `n dief en `n rower. Slegs Ek is die ware deur, die Weg, die Lig, die Waarheid en die Lewe. Wie dus na My toe wil kom, moet deur My en in My gaan op My Weg, in My Lig, wat die ewige, onveranderlike Waarheid in God is.

[9] Elke goeie arbeider is weliswaar sy loon werd, maar `n huurling wat hom laat uithuur om werk te doen vir sy eie in een of ander selfbelang by die werk, is selde sy loon werd. Want hy sal slegs vir die skyn ter wille van sy loon werk; maar die werkgewer sal daarmee sleg gedien wees. En so en nog erger sal alle valse leraars en profete wees. Want hulle motief sal - soos nou by die Fariseërs - Mammon wees; daarvoor sal hulle onderrig gee, dom en verkeerde dinge voorspel, die mense fisies aanvat en nog meer geestelik bedrog pleeg, die eiendom van weduwees en wese opsluk en hulle daarvoor die hemel belowe, en uiteindelik sal hulle die wat by die suiwer waarheid bly, as die grootste ketters te vuur en te swaard vervolg en onder groot geskreeu sê: 'Ons is die ware volgelinge van die Messias(Christus), die Seun van God!' Ek sê julle dit nou vooruit, sodat julle en julle ware volgelinge kan weet hoe julle julleself moet gedra wanneer dit sal gebeur – en wat ten dele ook reeds begin het!'

[10] Petrus sê: 'Heer, hoe kan dit nou al moontlik wees?'

[11] Ek sê: 'Baie maklik; want hoe dikwels het Ek al voor `n groot menigte gepraat, en dan was daar altyd mense by wat nie kom luister het vir die heil van hulle siel nie, maar vir die heil van hulle geldgordel. Iets beleef hulle self, iets laat hulle hulleself deur ander vertel, en die meeste voeg hulle self daarby, versin sodoende leuen op leuen, maak vervolgens reise na alle windstreke, sê dat hulle deur My gestuur was en verdien daarmee baie geld. - Wat sê jy dan daarvan?'

[12] Petrus en Johannes sê: 'Heer, het U dan geen bliksem en donder meer nie vir sulke misdadigers nie?'

[13] Ek sê: 'Ai, ai, is julle nou kinders van die donder of kinders van God! Die bliksem verwoes en vernietig wel waar hy inslaan, maar die kinders van God het `n ander wapen, en dit heet: geduld, sagmoedigheid en liefde.

[14] Daarby is hierdie mense nog van mening dat hulle God `n goeie en aan Hom welgevallige diens bewys. Julle sal sulke mense nog baie teëkom, en baie sal hulle bekeer. As ons hulle nou dadelik met bliksems uit die wolke sou verdelg, hoe sou julle hulle dan ook nog kan bekeer? Laat ons dus nie dadelik ons toevlug tot bliksems neem nie!

[15] Die waarheid is die beste bliksem teen sulke valse leraars en profete! Julle kan eerder alle seën van die aarde drooglê as om ooit `n dam te bou teen die stroom van die waarheid. Met My sal julle alles kan doen, sonder My kan niemand egter iets doen nie; want Ek is die Waarheid, die Lig en die Lewe! - Verstaan julle dit goed?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205