Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die geestelike in die natuurlike

32 Die Heer: “Kyk, hier het Ek `n koringkorrel in sy totale eenheid en eenvoud! Sy bestemming is kennelik tweevoudig. In die eerste plek dien dit as voedsel vir die mens, en in die tweede plek is dit as saadkorrel diensbaar aan homself vir sy eie voortplanting en vermeerdering. As voedsel gee dit aan die menslike liggaam en daardeur ook aan die formeel substansiële liggaam van die siel sy veelvoudige spesifieke dele en gaan as sodanig oor in `n hoër en vryer bestaan. Hoe dit gebeur, sal julle eers presies te wete kom as julle geestelik wedergebore is, dit is hier ook nie heeltemal volmaak nie - omdat onder die invloed van hierdie son niks kan bestaan wat heeltemal volmaak is nie en alle wete en kennis min of meer onvolmaakte stukwerk is, - maar daarna in die hiernamaals die meer volmaakter, omdat ook julle daar vir wat betref julle gees julleself buite die invloed van tyd en ruimte sal bevind en julle insig, kennis en wete nie meer onvolmaakte stukwerk sal wees nie.

[2] Maar hier sal ons hierdie koringkorrel net as saadkorrel ietwat nader in oënskou neem en dan sien hoe die Goddelik-geestelike, ook al lyk dit in `n sekere sin subjektief, homself in wese egter tog objektief buite tyd en ruimte in hierdie korrel bevind.

[3] Sien, dit is `n koringkorrel, wat op een halm gewoonlik drie are, elkeen met ruim 30 korrels, produseer! Wel, as jy hierdie koring in goeie aarde saai, sal dit jou in die volgende oesjaar beslis alreeds 100 korrels van presies dieselfde aard en geslag as loon vir jou moeite bring. Neem jy nou hierdie eerste geoeste 100 korrels en saai jy hulle weer in goeie aarde, dan sal jy in die volgende oesjaar kennelik alreeds 10 000 identiese korrels oes. En na weer een jaar sal jy alreeds 100 maal 10 000, dus 1000 maal 1000 korrels oes, wat alreeds `n behoorlike hoeveelheid van die graan is.

[4] Om al hierdie korrels weer vir `n volgende jaar in die aarde te saai, sal jy alreeds `n aansienlike stuk land nodig hê. As oes sal jy dan duidelik wel honderdmaal meer korrels kry as wat jy die vorige jaar geoes het. Maar om verder vir `n volgende jaar die totale hoeveelheid korrels weer goed uit te kan saai, sal jy ten eerste alreeds `n honderdmaal groter akker nodig hê en vervolgens daarvan reeds ruim tien miljard identiese korrels oes; en as jy dit so nog tien jaar lank bly doen, dan sal jy daardeur alreeds so `n ontsaglike hoeveelheid korrels kry dat jy, om dit te kan uitsaai, `n akker byna die grootte van die helfte van die aarde sal nodig hê.

[5] As hierdie verdere vermenigvuldiging van die hoeveelheid korrels tot in die oneindige deurgaan, steeds in dieselfde verhouding, kan jy self verder nog tot honderd, duisend en nog meer jaar uitbrei, en dan sal jy deur berekening vind, dat na net sommige honderde jare `n totaal van duisend maal duisend aardes nog veels te min sou wees om as akker te dien vir die ontsaglike groot aantal koringkorrels. En sien, hierdie vermeerdering kan tot in die oneindige voortgesit word! Sou dit egter moontlik gewees het, as daar nie in hierdie een korrel en op gelyke wyse ook in alle ander korrels, die eindelose aantal nie alreeds, deur die daarin aanwesige goddelik-geestelike, buitetydse en buiteruimtelike, voorhande was nie?! Sekerlik nie! 

[6] Wat egter in hierdie koringkorrel voorhande is, is in alle sade en gewasse en in alle diere voorhande; en in die mens, wat gelyk­soortig is aan God, is dit op heel besondere wyse voorhande, waarom hy dan ook met rede so begaafd en verstandig kan word, `n taal het en aanvanklik `n vermoede kan hê van God as sy Skepper en Hom later steeds suiwerder kan leer ken en liefhê, en sy eie wil volkome ondergeskik kan maak aan die erkende Goddelike wil.

[7] Dit is dan die suiwer geestelike in die mens, en omdat dit aan God gelyksoortig is, staan dit ewe-eens buite tyd en ruimte; want as dit iets tydelik en ruimtelik sou gewees het, sou die mens nòg homself nòg God ooit kon leer ken, en die mens sou dan vir elke ontwikkeling totaal ongeskik wees, nooit redelik kon word en nooit iets kon begryp nie. Hy sou nooit as te nimmer ook maar die minste `n besef van God kon gekry het nie, Hom nog minder ooit kon herken, liefhê en sy wil aan Hom onderwerp nie, en hy sou dan maar net die buitenste, dooie dop van `n eier gewees het, geen lewe in homself gehad het nie en sekerlik geen buitetydse en buiteruimtelike ewige lewe gehad het nie.

[8] Ek glo dat Ek nou hierdie saak wat jou so baie gekwel het, vir sover dit vir die suiwere verstand verklaarbaar is, voldoende duidelik uitgelê het. Dit kom nou op jou oordeel af of jy dit alles ook op die korrekte wyse bedink en begryp het, of dat daar vir jou nog iets onduidelik is. As jy nog iets onduidelik vind, dan kan jy praat; as jy alles egter goed begryp het, dan praat ons nie meer verder daaroor nie, drink wyn, en eet brood daarby.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205