Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die aankoms van die Romeinse vreemdelinge in die herberg

181 Dit duur natuurlik nie lank nie, of die vreemdelinge kom daar aan. Die herbergier en ook Lasarus gaan hulle hoflik tegemoet en verwelkom hulle. Daarop kom die vreemdelinge na binne, begroet ons volgens hulle gebruik, en ons groet hulle terug. Hulle gaan aan `n tafel sit en vra dadelik te ete en te drinke, want hulle was baie honger en dorstig, omdat daar in die stad nêrens iets behoorlik meer te vinde was nie.

[2] En die herbergier sê: 'Brood en wyn kan u dadelik kry, maar vir `n behoorlike aandete sal u wel ietwat langer moet wag!'

[3] Dit vind hulle die beste, en hulle kry dadelik ruim voldoende brood en wyn en eet en drink baie opgewek, prys die wyn en was in `n baie vrolike stemming. Ook die vrou was baie goed geluimd en vertel hulle allerlei vrolike dinge. Maar ons hou ons rustig, en die leerlinge, wat die Griekse en ook die Romeinse taal magtig was, luister aandagtig na wat hierdie vreemdelinge alles vertel.

[4] In hulle midde is daar `n baie vername man. Dit was `n Romein wat nou vir die eerste keer in Jerusalem is. Hy sê vir die ander: 'Luister, na soveel gekheid kan ons nou ook wel iets ernstiger sê, sodat die geëerde geselskap wat ons hier aangetref het, nie by hulleself sal dink dat ons maar net `n stel grapmakers is nie. Ek begin dus maar dadelik en sê:

[5] Ons het almal uit Rome hier na die groot stad van die Judeërs gekom, wat deur hulle gewyd genoem word. Deur die goeie dienste van ons mooi Judese meisie het ons in hierdie bergherberg aangekom, wat volgens ons gids weliswaar by die Joodse priesterdom `n baie slegte naam het, maar desondanks sedert `n lang tyd altyd as die beste en goedkoopste van geheel Jerusalem sy waarde bewys het. Wat ons beste gids dus van hierdie herberg as goed aangeprys het, word nou volkome bevestig; want ons is nou self daar, en die brood, die besondere goeie wyn en die baie spesiale vriendelikheid van ons herbergier is vir ons die beste bewys daarvan. Daarom moet ons ons mooi gids ook veral baie dankbaar wees, wat volgens ons ou Romeinse gebruik ook sekerlik die geval sal wees.

[6] Ons is nou al etlike dae hier in hierdie stad en het ons laas nag met die slegste herberg moes help, en die goeie gode het ons vandag iets beters toegebring. Dat ons gister slegs al deur die soek van onderdak geen tyd gehad het vir Hom, waarvoor ons eintlik uit Rome hiernatoe gereis het, is nie moeilik om te verstaan nie; maar nou het ons dan `n beter onderdak, en daarom is dit na my mening nou ook al tyd om aan Hom te dink, waarvoor ons die lang en gevaarlike reis onderneem het. Want die reis van Rome hierheen was egter geen kleinigheid nie! Ons liewe gids, wat ons die weg na hierdie goeie herberg gewys het, sal môre miskien ook in die opsig inligting kan gee, - of miskien ook wel ons herbergier; maar hom moet ons eers nog ietwat beter leer ken, omdat dit by die Judeërs ietwat moeilik skyn te wees met dit wat - onder ons gesê - altyd agter die elmboog lê.

[7] Dat ons mooi gids egter `n baie eerlike en opregte persoon is, daarvan het ons onsself al `n paar keer oortuig; daarom sal ons onsself heimlik tot haar wend, en dan kan sy wel so vriendelik wees om ons goed in te lig, sodat ons te wete kan kom of ons ons reis hierheen nie verniet gemaak het nie. Want as enige waarheid daarin skuil, bly ons net solank hier tot ons presies weet wat daarvan waar is; maar as dit niks voorstel nie, dan sal ons binne `n paar dae al weer na ons huise teruggaan.

[8] `n Onweer sien op `n afstand ook altyd baie gevaarliker en dreigender daaruit as kort daarna, wanneer dit naby is, en so sal dit waarskynlik ook in die geval wees. Natuurlik is dit vreemd dat ons hier in die Judese land nog bykans niemand daaroor hoor praat het nie. Maar ondanks dit sal ons ietwat intensiewer inligting inwin, en daarom sal ek jou, ons aanvallige gids, wil vra of jy iets gehoor het oor `n nuwe Judese Profeet wat kort gelede opgestaan het, wat ongelooflike, wonderbare dinge kan doen.

[9] Vertel ons eerlik en volgens waarheid, of en wat jy oor die Profeet gehoor het, en wat eintlik daarvan waar is! Het jy Hom al `n keer self gesien en hoor praat, of ander geloofwaardige mense oor Hom hoor praat? En as hulle oor Hom gepraat het, sal jy miskien ook gehoor het wat hulle oor Hom gesê het? Sê ons alles wat jy oor hierdie saak weet, en ons sal jou - soos wat reeds gesê is - besonder erkentlik wees!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205