|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 26
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die filosofiese vrae van Philopold
26 Ons Philopold, wat My ook tesame met Kisjonah by die bejaarde Markus besoek het, het weliswaar alreeds baie oor hierdie onderwerp gehoor en hy het ook geglo dat dit so daarmee gesteld was, maar hy was nou eenmaal `n filosoof, weliswaar van die beste en suiwerste soort, en hy was daarom nie net met die suiwer geloof tevrede nie, maar wou dit ook soos `n wiskundige stelling bewys sien.
[2] Hy (Philopold) het daarom met sy tekort aan kennis vorendag gekom en het dadelik na die middagete gesê: “Heer, alles wat ek ervaar, gesien en gehoor het, glo ek vas, maar om dit grondig in te sien en te begryp, kan ek ondanks alle skerpte van my denkvermoë, baie weinig, en dit maak dikwels my siel baie, baie benoud! Ek het my daarom vas voorgeneem om met U Self by `n gunstige geleentheid, soos wat dit hom nou voordoen, van naderby daaroor te praat en as U geen beswaar daarteen het nie, sou ek nou graag wil hê dat U my deur `n nadere en begrypliker uitleg sal onderrig.”
[3] EK sê: “Hoewel Ek aan julle almal beloof het om binnekort My Gees te stuur en Hom oor julle uit te stort, wat julle dan sal inlei in alle Waarheid en Wysheid, en Ek ook gesê het dat julle tot op daardie oomblik geduld moes beoefen, wil Ek tog ook mondelings `n eerlike strewe soos dié van jou mondelings help. Dit doen Ek nou in hierdie wintertyd des te meer omdat Ek hierdie tyd, soos beloof, vanweë die winterrus tog in elk geval tot naby die Pasga hier wil en sal deurbring, dus kan jy gerus met jou vertwyfeling vorendag kom en wat nie vandag alles behandel kan word nie, daarvoor sal ons nog voldoende tyd vind. As ons klaar is met die maaltyd, kan jy, omdat ons tog in elk geval aan tafel bly sit, jou versoek wel uitspreek.
[4] Môre kan My studente, as hulle dit self wil, `n paar dae na hul gesinne en huise gaan; hulle wat egter geen gesin het nie, sal hier bly, veral Johannes en Matthéüs, want hulle het hier nog baie wat hulle netjies moet oorskryf.”
[5] Toe vra Judas ook, of hy ook moes gaan of moes bly.
[6] EK sê: “Van alle studente het jy die grootste besitting, jy het `n vrou en kinders en `n aantal dienaars; daarom is dit vir jou ook die meeste noodsaaklik om na jou huis te gaan en jy kan, as jy wil, eers teen Pasga terugkom!”
[7] Met hierdie antwoord was Judas weliswaar nie so baie tevrede nie; maar omdat niemand hom gevra het om te bly nie, het hy die volgende dag nogtans gedoen wat Ek gesê het. Die ander studente het weliswaar ook gegaan, maar hulle het almal weer na `n paar dae teruggekom, en het vervolgens met weinig onderbrekinge by My gebly.
[8] Kisjonah het na die maaltyd nog `n spesiale wyn gebring, wat hy “Noag se liefling” genoem het, en dit aangebied. Daardeur het Philopold baie geesdriftig geword en hy het dadelik begin om al sy gewetensbesware na vore te bring, - maar alles baie ordelik en beskeie.
[9] Wat het hy dan eintlik gesê en wat het hy gevra? Hy het een vraag na die ander gevra!
[10] “Heer”, het hy (Philopold) gesê, “wanneer ek goed nadink oor wat U ons by die bejaarde Markus geleer het, dan is tyd en ruimte, soos wat ons dit hier op aarde ken, deur bepaalde periodes en feite en in die vorms wat in die ruimte voorkom, begrens en meetbaar; maar in sigself is dit ewig en oneindig, wat eintlik een en dieselfde is.
[11] As tyd en ruimte egter ewig en oneindig is, dan verstaan ek die geskrifte van die ou godgeleerdes en wyses absoluut nie, waarin met sekerheid beweer word dat God, as die Oerwese van alles wat bestaan, Hom buite tyd en ruimte bevind.
[12] Hoe kan dit by `n ewige tydsduur, wat sonder begin en einde is en by die bestaan van `n oneindige ruimte wat ook nêrens `n begin en nêrens `n einde het nie?
[13] As God dus Self heeltemal buite tyd en ruimte bestaan, dan kan selfs die suiwerste menslike verstand hom onmoontlik van God `n ander begrip voorstel: Of God bestaan heeltemal nie, omdat daar buite die ewige tyd en buite die ewige, oneindige ruimte onmoontlik iets kan bestaan nie, of God bestaan soos ons almal binne tyd en ruimte en dan het die ou godgeleerdes met hul definisies die grootste waansin neergeskryf.
[14] Voor hierdie bewering kom U nou Self te pas; want dat die volheid van die Godheid U vervul, kan niemand ontken wat U hoor spreek het en U dade gesien het nie. Watter godgeleerde kan nou egter van U beweer, dat U nie by ons in tyd en ruimte is nie?!
[15] En as hy dit beweer, dan is U Self daarmee volkome van U Goddelikheid ontdaan! U is dan geen God meer nie, maar net `n baie besondere mens, wat deur geboorte, genialiteit, buitengewone talent, oefening in wilskrag, en uiteindelik ook deur die leer van allerlei geheime kunste en wetenskappe dit sover gebring het dat normale redelike mense U nie anders kan aansien as as `n God nie.
[16] Maar U hoedanighede is, veral in U dade, nogtans van so `n aard, dat mens byna onmoontlik op grond van die bogenoemde voorwaardes in die besit daarvan kan kom. En daarom sou ek nou graag van U wil hoor, hoe dit werklik daarmee gesteld is.”
|
|
|
|
|