|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 77
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Op `n berg by Kapernaum
77 Na die ontbyt, wat gou genuttig was, het ons almal `n taamlike hoë berg digby Kapernaum bestyg. Ook die herbergier en die dogter wat uit die dood opgewek is, het saamgegaan, en die herbergier het aan `n kneg opgedra om ietwat brood en wyn saam te neem, omdat Ek vroeër onder vier oë aan hom gesê het dat ons tot by die aand op die berg sou vertoef. Aan `n ander kneg het hy opdrag gegee om twee van die grootste edelvisse as geskenk aan die owerste te oorhandig. Dit het dan ook gebeur en ons het dadelik op pad gegaan en binne `n paar uur die berg maklik bestyg. Vanaf die baie gunstig geleë bergtop het mens `n oorsig oor `n groot deel van die Galilese See gehad, en mens kon selfs die skip sien wat nog in `n groot stryd met die golwe van die see geworstel het.
[2] Toe sê die herbergier: “Die duiwelse mense op daardie skip sal waarskynlik ook glad geen mondvoorraad meer hê nie en dus baie deur honger gepla word!”
[3] EK sê: “Hulle het nog wel `n bietjie deurweekte brood, en dit is voldoende vir hul boosheid! Hulle het egter alreeds hul bose planne opgegee en sal nou probeer om terug te vaar, en daartoe moet die wind hulle te hulp kom. Maar hulle het nog angs genoeg te deurstaan voordat hulle `n oewer sal bereik; want baie maklik sal hulle nog nie van die water op die droë vasteland kom nie!”
[4] Die herbergier sê: “Weet U, Heer, met die slegte tempeldienaars het ek heeltemal geen medelye nie, - maar die arme skippers sal vir hul groot inspanning en angs nie net heeltemal geen loon nie, maar ook nog `n straf kry, omdat die Fariseërs hulle alle skuld daarvoor sal gee, dat hulle op hierdie binnesee die skip nie van sy plek kon gekry het nie!”
[5] EK sê: “O, maak jou daaroor maar geen sorge nie! Dit is kragtige Grieke uit die omgewing van Tiberias; hulle sal niks tekort kom nie! Hulle het ook nog voldoende mondvoorraad by hulle, soos gerookte visse, gerookte varkvleis en dubbelgebakte koringbrood. Hulle het ook `n paar sakke wyn in die agterruim van die skip, en omdat die tempeldienaars hul deurweekte, ongesuurde brood nie so goed kan eet nie, koop hulle vir baie geld hul kos by die skippers, en sodoende ly hulle, behalwe die angs vir `n moontlike skipbreuk, op ander wyses heeltemal geen nood nie. Laat ons ons daarom ook heeltemal nie meer oor hulle bekommer nie; teen die aand sal hulle met baie moeite en inspanning die oewer bereik! Laat dit so wees!”
[6] Daarmee was almal tevrede, en niemand wou nog aan die skip dink nie.
[7] Die herbergier het egter weer met `n nuwe vraag gekom en gespreek: “Heer, omdat U weet van alles wat daar is en gebeur, sal U ook wel weet hoe dit nou met die student Judas Iskáriot gaan wat U eergister verlaat het, en waar hy hom nou bevind!”
[8] EK sê: “Ook hom laat ons sy gang gaan! Oormôre sal hy beslis weer na ons toe kom; want Ek sal hom nie teëhou nie. Maar laat ons nou hier die uitsig, wat gewis baie mooi is, geniet en dink julle daarby aan die les wat Ek vanoggend aan julle gegee het, en laat die een wat dit begryp, die onwetendes onderrig, en dit sal vir julle `n ydel en ook ware plesier besorg!”
[9] Daar is dan ook daarmee begin, en almal het hulle daarmee tot aan die aand so goed daarmee besig gehou, dat hulle selfs die saamgeneemde brood en die wyn sou vergeet het, as die dogter van die herbergier hulle nie daaraan herinner het nie, omdat sy self deur haar eie beskeie honger en dors daaraan herinner is.
|
|
|
|
|