|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 201
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die ontmaskering van die verleier van die egbreekster
201 Die was al ver na twaalf toe die grootste deel van die volk ook die tempel verlaat en hulle onderdak gaan opsoek, en ons egbreekster dus ook na haar huis gegaan en haar man alles vertel wat daar in die tempel met haar gebeur het.
[2] Toe word die man bedroef en sê: 'Nie hierdie brawe vrou nie, maar ek is die meeste daaraan skuldig!'
[3] Daarop vra een van hulle wat die vrou na hom toe teruggebring het: 'Hoe kan dit nou wees dat jy die oorsaak is van die egbreuk van jou vrou?'
[4] Die man: 'Vriende, slegs uitsonderlike groot nood het my en my vrou daartoe gedwing om die illustratiewe aanbod van `n vreemdeling aan te neem! Maar die vreemde moes óf `n vermomde geregsdienaar, óf selfs `n geil Fariseër gewees het, wat lankal `n ogie op my vrou gehad het. Want toe ek die geld aanneem en dit na `n ander kamer bring, kom die geregsdienaars alreeds en trek my vrou uit die arms van die vreemdeling. Helaas het ek deur my eie skuld my dierbare vrou in die diepste ellende gestort. Omdat sy nou weer terug is, moes daar iets besonders gebeur het; want geeneen van al die mense wat op hierdie wyse gevange geneem was nie, het ooit weer teruggekom nie. Hoe het dit gebeur dat my vrou weer vry is? Beste manne, julle was beslis getuie van alles wat daar in die tempel gebeur het. Wil julle my nie vertel wat julle gesien het nie?'
[5] Die manne sê: 'Dit sal jou vrou jou wel alles vertel. Die arme vrou het haar bevryding maar net te danke aan die groot Profeet uit Galilea. Maar Hy sê ook, dat sy in die vervolg nie meer mag sondig nie; want anders sal dit met haar nog baie erger gaan. Daaraan sal julle julleself dus gedurende julle verdere lewe moet hou!'
[6] Toe vra die man, of die groot geluk hom ten deel kon val om die profeet êrens te ontmoet om hom op passende wyse te kan bedank.
[7] Die manne sê: 'Waar hy Hom nou ophou, kan ons egter nie sê nie; maar ons het wel gehoor dat Hy, as Hy na Jerusalem kom, altyd by Lasarus van Bethanië verblyf het. Daar wil ons Hom self gaan opsoek. Doen dit ook! Ons sal in elke geval daar hoor waar Hy uiteindelik heengegaan het.'
[8] Die man sê: 'Dan is hy miskien op die Olyfberg, omdat Lasarus tydens die feeste gewoonlik daar gaan bly, want hy besit `n groot herberg daar, wat druk deur vreemdelinge besoek word.'
[9] Die manne sê: 'Soveel te beter! Dan sal ons Hom eerstens daar gaan soek! En as Hy nie daar is nie, dan gaan ons na Bethanië!'
[10] Die man en ook sy vrou bedank die manne en maak hulleself reisvaardig. Hy sluit sy klein huisie toe en gaan saam met die manne, waarmee hulle goed ooreenkom. Onderweg kom hulle egter `n aantal Fariseërs tee, waaronder daar één was wat die vrou en ook die man dadelik duidelik herken as die vreemdeling wat in Romeinse kleding die oggend die mooi jong vrou vir geld tot egbreekster gemaak het. Die twee sê dit vir die manne wat hulle begelei.
[11] Toe stap die manne na die Fariseër toe en die man vra hom baie bars: 'Haai, vriend, ken jy hierdie vrou, wat jy vanmôre, soos `n Romein geklee, vir geld tot egbreuk verlei het? Dat dit jy was, bewys jou kaal hoof, en beide van ons het jou ook al van ver af herken! Wat het jy nou daarop te sê? Kyk, ons is hier met ongeveer twee-en-sewentig man en sal jou nou voor die Romeinse gereg sleep. Wat dink jy nou daarvan?'
[12] Die drie wil vandaar wegvlug; maar die manne laat dit nie toe nie, hou hulle tee en stel die kaal geskeerde man nog een keer dieselfde vraag. Maar hy begin hulle te vervloek en te besweer dat dit nie hy was nie.
[13] Maar die man en die vrou sê: 'Al die miserabele beswerings help jou heeltemal niks nie, want jy weet dat die getuienis van twee mense vir die gereg geldig is. Kom dus nou maar saam met ons na die regter, ellendeling, dan kan jy self in die kuil val wat jy vir ons gegrawe het!'
[14] Toe begin die drie te smeek en hulle wil die man baie geld gee. Die neem hy egter nie aan nie, maar eis van hulle dat hulle in die vervolg deur die tempel met rus gelaat moet word. Dit beloof hulle dan ook plegtig, en die manne laat die drie verder gaan, maar wel nadat hulle gedreig is dat hulle dadelik na die goewerneur sou gaan as hulle ook maar die minste aanwysing sou kry dat die tempel hulle ongunstig oor hulle uitgelaat het. Dat die egpaar daarna volkome deur die tempeldienaars met rus gelaat was, kan `n mens hom maklik voorstel.
[15] En daarom het hierdie voorval dan ook deur My wil plaasgevind; want anders sou die arme egpaar die kwaad in Jerusalem moes verduur, en sou steeds in groot gevaar gewees het.
|
|
|
|
|