|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 25
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die reis van die Heer na Kisjonah
25 Wel het Martha aan ons vertel dat daar intussen al verskeie tempeldienaars na haar toe gekom het wat heel belangstellend gevra het waar Lasarus tog heengereis het en vanwaar die groot aantal goeie arbeiders nou opeens gekom het. Daarop het sy hulle geantwoord, dat Lasarus, haar broer, vir belangrike sake miskien wel selfs na Egipte gereis het en baie gou na sy vertrek hierdie arbeiders, wat baie nodig was, êrens in diens geneem en na Bethanië gestuur het.
[2] `n FARISEËR het haar egter gevra en gesê: “Kan jy nie twintig van hierdie arbeiders aan ons afstaan nie?”
[3] Maar MARTHA sê: “Vra julle hulle self, - want ek weet heeltemal nie of dit Judeërs, Grieke of Romeine is nie; want onder mekaar praat hulle allerlei tale!”
[4] Die Fariseër het daarop vinnig na buite gegaan en begin om met `n paar van die arbeiders te onderhandel. Maar hulle het hom skynbaar geken en gesê, dat hulle ten eerste geen Judeërs meer was nie en indien hulle dit sou gewees het, sou hy daarvan verseker kon wees dat hulle geen enkele Fariseër meer sou dien nie.
[5] Toe het die tempeldienaars huis toe gegaan en sedert daardie tyd was daar nie een meer in Bethanië gewees nie; hulle het waarskynlik die terugkoms van haar broer afgewag.
[6] Lasarus het My nou gevra, wat hy in daardie geval moes doen.
[7] En EK sê aan hom: “Doen wat jou suster gedoen het! Hulle sal niks met die arbeiders bereik nie en hulle kan jou nie die skuld daarvoor gee nie.”
[8] En so was dit ook goed en Lasarus het daarna meer rus in sy huishouding gehad.
[9] Omdat dit al taamlik winter geword het en Ek nog maar weinig siekes genees het, het ons soos gesê, nou tot ongeveer die middel van die winter nog afwisselend by Lasarus of by ons herbergier gebly, terwyl die nuwe studente in daardie tyd die hele nuwe leer met baie liefde en vaste geloof van die ou studente aangeneem het en selfs die nuwe doop verlang het.
[10] Maar EK het aan hulle gesê: “Voorlopig is dit voldoende as julle die doop van die waarheid aanvaar het; wanneer egter, as julle julleself by die leer sal hou en daarvolgens lewe en werk, die ware, lewende doop oor julle sal kom, sal julle ook die doop van Johannes kan ontvang. Dit sal egter nie lank duur nie voordat daar `n tyd sal kom wat baie eerder die ware doop met die lewensvuur van die Heilige Gees sal ontvang, as die doop met die water.”
[11] Dit het die nuwe studente volkome tevrede gestel.
[12] Op die afgesproke tyd op `n Maandag het ons onder seën Bethanië en ons herbergier verlaat en het welgemoed op weg na die See van Galilea gegaan. Daar het ons `n goeie skip gevind wat ons gehuur het om ons na Kis te laat bring. Omdat dit egter al aand was, het die skippers dit nie durf waag om in die nag oor die see te vaar nie, want hulle het beweer dat die see gedurende hierdie tyd tot teen middernag baie stormagtig word.
[13] Daarop sê DIE STUDENTE: “Julle is tog uit Genésaret - ken julle dan nie die mag van die Heer Jesus uit Nasaret nie?”
[14] DIE SKIPPERS sê: “Wat? Is Jesus van Nasaret hier?”
[l5] En EK sê: “Ja, Ek is Hy!”
[16] Toe sê DIE SKIPPERS: “Ja, as U Hy is, vaar ons, ook al styg die golwe tot by die wolke! Kom klim maar in ons groot skip, want dit bied `n goeie en veilige ruimte vir tweehonderd mense!”
[17] Ons het nou die skip bestyg en het met gunstige wind weggevaar en hoewel die golwe in die rigting van Kis hoog gegaan het, het die skippers nie daaraan aandag gegee nie en ons het by matige maanlig tog sonder moeite die rustige golf van Kis bereik.
[18] Toe ons die hawe van Kisjonah binnegevaar het, was sy dienspersoneel en tollenaars dadelik byderhand, wat ons fluks en amptelik gevra het wat die rede van ons koms was, wat ons daar gedoen het en waarheen ons reis gegaan het en of ons belasting moes betaal.
[19] Maar EK sê: “Laat Kisjonah na My toe kom, dan sal julle dadelik hoor wat ons hier kom doen!”
[20] Dadelik is Kisjonah laat haal.
[21] Hy het dadelik, in die lig van fakkels na die oewer gekom en toe hy My in die oog gekry het, het hy (KISJONAH) van vreugde luid uitgeroep: “O Heer, hoe kan U my, sondige mens, waardig ag om my nog so laat in die nag op te soek?! O, wees tog met almal wat saam met U is, van harte welkom! Kom almal binne in my groot huis, ook julle skippers; want vandag sal julle nie verder vaar nie! Ek wil julle met alles en die beste bedien! O, hierdie ontsaglike vreugde wat my nou so onverwags ten deel val, is letterlik onbeskryflik! O kom, kom, kom!”
[22] Ons het gou van die skip op die oewer afgeklim en dadelik die huis van Kisjonah binnegegaan, in wie se groot kamer dit baie warm was omdat dit deur vier groot kaggels, waar `n lewendige vuur opgevlam het, uitstekend verwarm is. Elkeen in die huis is dadelik fluks aan die werk gesit en nog voordat daar `n halfuur verstreke was, het daar al `n groot hoeveelheid van die besvoorbereide edelvisse op tafel gestaan en ook `n oorvloed aan brood en uitgelese wyn, wat ons almal heel goed te pas gekom het, want ons het, nadat ons Lasarus se huis vroeg die oggend verlaat het, niks geëet en gedrink nie.
[23] Ek Self het na die lang reis die behoefte aan natuurlike, liggaamlike versterking gevoel en die studente nog baie meer en dit het ons hier ryklik ten deel geval. Ons het heel welgemoed geëet en gedrink en byna die hele nag deur is daar baie vertel oor ons reise en belewenisse, wat Kisjonah en sy familie in hoë mate geïnteresseer het en waaroor hulle woorde tekort gekom het om hulle lof en verwondering uit te spreek. Net het hy dit betreur dat Maria, wat byna die hele somer by hom deurgebring het, nou vir `n paar dae na Nasaret gereis het, hoewel sy alreeds gou weer sou terugkeer. Sy het egter baie oor My reise en dade gehoor en kon maar nie begryp dat God haar so `n barmhartigheid waardig gevind het nie. Sy het wel van alle wonderbaarlike gebeurtenisse geweet, maar dat so-iets daarop sou volg, daarvan het sy haar vroeër nie so `n duidelike voorstelling kon maak nie.
[24] En so het Kisjonah nog heelwat oor die lewe en doen en late van Maria tydens My afwesigheid vertel, asook oor die twee seuns van Josef, naamlik Joël en Joses, wat tuis gebly het om die werk van Josef voort te sit. Maar om dit alles hier weer te gee sou geen sin hê nie en daarom laat ons dit agterweë.
[25] Ook in hierdie nag het ons nie eintlik bed toe gegaan nie, maar op die sagte banke bly sit en in die warm vertrek volkome uitgerus, te meer daar ons nog tot diep in die oggend rus gehou het. Daarom het ons ook geen ontbyt genuttig nie; die middagete was daarenteen des te meer ryklik. Ook ons bekende Philopold uit Kana, by die grens van Samaria, was hierheen uitgenooi en nog enkele ander vriende van My en Kisjonah.
[26] Wel, ook dit is alles bysaak; maar daarop volg, na aanleiding van `n vraag van Philopold, `n baie belangrike, heldere uiteensetting van My oor God se Geestelike Oerwese in teenstelling met alle skepsele, oor tyd en ruimte, oor oneindigheid en ewigheid, oor God se aanwesigheid en bestaan, en oor die aanwesigheid en die bestaan van alle skepsele in tyd en ruimte. Die uiteensetting het tot laat in die nag geduur en het as sodanig die middag- en aandete verenig, dus kan hierdie uiteensetting goed hierby aansluit, want dit gee en moet aan elke denker volkome opheldering gee oor die materiële en geestelike bestaan van die mens en oor die suiwer Geestelike Oerbestaan van God.
|
|
|
|
|