|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 144
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die afhanklikheid van die mens van God se barmhartigheid
144 Ek sê op `n baie gemoedelike, ernstige toon: 'Dit is beslis nie baie prysenswaardig van julle om julle skielik so hier te gedra nie! Is daar dan buite God nog êrens lewe, krag en mag? God wil julle egter so vry en selfstandig moontlik vir ewig lewend maak, en toon julle wat julle moet doen om julle aan `n God gelyk, volkome vry en `n volledig selfstandige lewe julle eie te maak. Waarom vererg julle julle dan oor die liefde van God vir julle?!
[2] Is die lewe dan met die natuur as medium dalk iets anders as maar net die arm, waarmee julle die ware goddelike lewe na julle toe kan gaan haal? In die geval het dit eintlik tog geen ander waarde as slegs die waarde wat God daaraan gegee het nie.
[3] As julle nou egter slegs nog soos natuurlik lewende mense handel en in die handel julle eie eer soek, soos wat julle julleself goed vind, dan is julle net soos die Fariseërs in die tempel wat hulle voor God regverdig, en dan sê julle ook: 'Heer, ek dank U dat ek nie is soos wat talle ander is nie, en dat ek my van die eerste tot die laaste letter aan die wet hou en alles presies gedoen het wat Moses en die profete voorgeskryf het!' Weliswaar het Ek julle al `n keer hierdie gelykenis gegee, - maar julle het dit vergeet! As julle hom sou onthou het, weet julle ook dat nie die Fariseër nie, maar slegs die baie vernederende tollenaar voor God geregverdig die tempel verlaat het.
[4] As julle sê: 'Ons het dit of dat goed gedoen!', dan lieg julle ten eerste vir julleself, en vervolgens vir God en ook teen julle naaste, omdat geen mens iets goeds uit homself kan doen nie, en wel omdat ten eerste sy natuurlike lewe - maar ten tweede ook die leer waarvolgens hy moet lewe en handel - slegs deur God aan hom gegee is. As `n mens dit nie insien of verstaan nie, stel hy nog niks voor nie, en is daar by hom van selfstandigheid nog lank geen sprake nie, omdat hy nog geen onderskeid kan maak tussen sy eie dade en dit wat God in en deur hom doen nie, en beide sake as één en dieselfde voel en sien. Die mens kom eers binne die sfeer van die lewenselfstandigheid, as hy gewaarword dat sy eie lewenswerk niks voorstel nie en slegs die goddelike werke in hom die enigste goeie is.
[5] Sien `n mens dit in, dan sal hy hom ook sekerlik steeds meer beywer om wat hy doen te verenig met die duidelike besef van die goddelike, en homself so langsaam maar sekerlik volledig met die lewenskrag van God in homself probeer verenig. Deur die vereniging kom die mens eers tot ware lewenselfstandigheid, omdat hy dan weet en duidelik besef dat die goddelike dade wat vroeër soos van buite af gebeur het, nou, deur sy deemoed en ware liefde tot God, sy eie dade geword het. En daarin lê die eintlike rede waarom Ek vroeër vir julle gesê het: En ook al het julle alles gedoen, sê en erken dan tog: 'Heer, slegs U het dit alles gedoen; ons was in ons egoïsme slegs lui en nuttelose knegte!' (Lukas 17:10)
[6] As julle dit volkome oortuig in julleself sê, sal die goddelike krag julle ondersteun en vervolmaak; wanneer julle dit egter nie vol begrip in julleself erken en in plaas daarvan slegs jouself op die altaar van eer plaas omdat jy van jou eie krag oortuig is, dan sal die krag van God jou nie ondersteun nie en Hy sal jou baie moeisame lewensvoltooiing aan jouself oorlaat, en dan sal dit weldra sigbaar word hoe ver jy met jou eie krag sal kom. En daarom sê Ek dan ook vir julle dat julle, sonder My, niks verdienstelik en doelmatig kan doen nie. (Johannes 1:8 en 5) As Ek julle nou niks weerhou het van wat absoluut noodsaaklik is vir die verkryging van die ware, vrye en volledige selfstandige lewe van julle siel nie, waarom vererg julle julle dan oor My sorgsame en wyse moeite teenoor julle?'
[7] Andreas sê: 'Dit vererg ons egter nie; maar ons vind dit nie so aangenaam as U by bepaalde geleenthede met iets nuuts te voorskyn kom wat heeltemal teenoorgesteld lyk teenoor iets wat reeds vroeër gegee is, en as U ons dan geen verdere uitleg daaroor uit Uself gee nie, maar dit meestal daarop laat aankom dat ons dit van U moet vra. U moet met U ware alwetendheid immers tog goed insien wat ons kan insien en verstaan! Want dit is egter nie so aangenaam om U om nadere uitleg te vra nie, omdat ons dan altyd `n nie so aangename teregwysing van U af kry. As U ons in die vervolg weer iets nuuts wil leer, gee ons dan ook dadelik die korrekte uitleg daarby, sodat dit dan vir ons nie nodig sal wees om U met allerlei vrae lastig te val nie! U is sonder meer die goedheid in persoon - wat ons almal maar al te duidelik insien; - maar met U onderrig is U so nou en dan baie onverteerbaar!
[8] Ek en ons almal weet en glo dat U die Seun van die lewende God is en dat die Godheid in al Haar volheid liggaamlik in U woon; maar dit verhinder my glad nie om altyd openlik vir U te sê wat ons bedruk maak nie, ook al wil U die druk dikwels Self negeer. Want solank ons lewe is ons mense en voel ons allerlei spanninge; en omdat dit so is, moet ons ook die vrye keuse gelaat word om teenoor God te mag uiting gee oor wat ons bedruk maak en pyn aandoen. As God ons wil help, doen Hy goed daarmee, - en wil Hy dit nie, dan moet Hy Hom laat welgeval dat ons teen Hom sal kla solank as wat Hy ons in die beklaenswaardige lewe sal laat. - Dit verstaan ons almal nou baie goed en ons sal onsself ook getrou daarby hou; maar gee ons in die vervolg geen les meer sonder `n uitleg nie!'
[9] Ek sê: 'Broers, as Ek iets doen, weet Ek die rede waarom Ek dit of dat so doen; maar van wat julle doen en sê, sien julle nog lank nie die rede in nie! Maar eendag sal die tyd kom waarin ook julle die rede sal insien van alles wat Ek geleer en gedoen het.
[10] Maar nou is dit genoeg! Die oomblik nader waarop die tien nuwe leerlinge ons gaan verlaat, en dit is nodig om hulle nog spesiale krag op hulle weg saam te gee, sodat hulle in staat sal wees om vir julle ook in `n ander wêrelddeel weë voor te berei; want vir die goeie doel besit hulle genoeg kennis van My nuwe lewensleer.'
[11] Daarop sê Ek vir die tien: 'Sodat julle as mense van heidense afkoms die ander heidene die oortuigende bewys kan lewer dat Ek, wat julle gestuur het, Die Een is wat julle leer ken het, gee Ek daarom aan julle die gawe om alle siekes te genees, wat Ek ook die dokters in Chotinodora en in Serrhe gegee het.
[12] Lê die siekes julle hande in My Naam op, dan sal dit dadelik met hulle beter gaan en hulle sal julle woorde glo! En nou het julle voorlopig niks meer nodig nie; wanneer Ek egter opgevaar het na waar Ek vandaan gekom het, sal My uitgestorte Gees, wat Ek oor julle sal stuur, julle wel in alle verdere Waarheid en Wysheid binnelei. So is dit en geskied dit!'
[13] Daarvoor bedank die tien My uitbundig, en die hoofman verheug hom baie daaroor en hy vra My hoe lank Ek nog op hierdie plek sou bly.
[14] En Ek sê: 'Vriend, dit hang af van die omstandighede en die wil van Hom wat My na hierdie wêreld gestuur het; want ook Ek, suiwer as mens gesien, moet My streng hou aan wat die Vader in die hemel My opdra! Alles wat van die Vader kom, is weliswaar ook van My, en Ek en die Vader is eintlik één, - maar tog tel die Liefde by My meer as Haar Lig, die Wysheid. Daarom kan My Wysheid ook niks vir My Liefde voorskryf nie, maar slegs omgekeerd. Jy sal dit egter nog wel te hore kry solank Ek nog hier sal bly.'
[15] Die hoofman bedank My toe, staan op en gaan saam met die tien manne na die huis, waar sommige sake nog op hom wag.
[16] Hierdie middag het hulle by hom gebly; die volgende môre stuur hy hulle egter met goeie leiers en spesiale aanbevelinge na Sidon en na Cyrenius toe, wat by hulle aankoms buite homself van blydskap was toe hy hoor dat hulle by My was en My leer aangeneem het. Hy hou hulle meer as `n maand by hom en stuur hulle met `n goeie en veilige geleentheid na Rome, waar hulle ook baie goed deur die keiser ontvang word en dadelik hoë militêre funksies kry, en waar die reus selfs in die paleis van die keiser as sy lyfwag `n lang tyd verblyf kry en baie goeie dinge doen, omdat die keiser hom dikwels en graag oor baie geheime sake raad gevra het.
|
|
|
|
|