Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die wegstuur van die drie artse

84 Die drie artse het nou daar asof versteen gestaan en geeneen van hulle kon `n woord oor sy lippe kry nie.

[2] Toe het die tollenaar aan sy seun gevra, wat nou heel opgeruimd was, watter getuienis hy van die drie (artse) kan gee.

[3] Die seun sê: “Presies dieselfde as wat hierdie onbekende, wonderbare Heiland oor hulle gegee het! Hulle het heeltemal geen belangstelling in die genesing van `n sieke nie, maar hulle wil net dat hulle so veel moontlik van hul gesondheidsdrankies sluk en dat hulle daarvoor dan werklik baie geld kry. Dat hulle egter niemand ooit werklik gehelp het nie, weet die hele stad en omgewing. Soos wat hulle my gehelp het, het hulle alreeds werklik baie gehelp, - naamlik van hierdie wêreld na die ander! Ek glo dat ek wel genoeg gesê het.

[4] Maar dit is tog waarlik noemenswaardig: Hulle is Judeërs, volgens wat hulle sê, van Jerusalem, en spog baie oor hul JaHWeH, en vertel dat hulle net diegene met sekerheid sou kon help wat in hul God glo en `n groot offer in goud, silwer en edelstene bring. Die offer moet mens aan hulle gee sodat hulle dit dan na Jerusalem sou kon stuur, waar `n sekere hoëpriester in `n baie heilige kamer van die tempel tot JaHWeH sal bid vir die sieke, waarop dit met die sieke dan beslis beter sal gaan. Wat moet ons Grieke egter daarvan sê, terwyl ons in elk geval alreeds te veel gode het? Moet ons nog `n god daarby neem, sodat ook hy ons nie help, soos wat alle ander ons ook nog nooit êrens mee gehelp het nie, maar wel hul sluwe priesters, wat in hul plek met gewigtige, aan die gode toegewyde gesigte die rykste offers ontvang en dit heimlik verkwis aan allerlei nietige dinge en handelinge?!

[5] Maar ek lê hier nou `n openlike bekentenis af en verklaar: Hierdie wonderbare vreemdeling is nou en vir alle toekomstige tye die enigste ware God vir my! Hy is die JaHWeH van die Judeërs en die Zeus van die Grieke, Romeine en Egiptenare. In Hom moet alle gode verenig wees. Ons het alreeds dikwels allerlei sprokies gehoor wat vertel is, hoe hierdie of daardie God in die ou tye net deur Sy almagtige wil iets geskape het; maar ons Grieke, wat ook mense is, het nog nooit die geluk gehad om so-iets met eie oë te sien nie. Hier staan egter `n mens wat dit kan doen, en Hy is vir my `n ware God, wat ek nou vas glo, en hierdie geloof sal ek ook gedurende my hele lewe steeds behou. - Wat sê julle ander daarvan?”

[6] Die tollenaar sê: “Ja, my seun, by hierdie nuwe geloof van jou sal ook ek en alle mense van my huis ons getrou aansluit! Want net `n God kan `n volkome dooie weer in die lewe terugroep. Maar nou, onbekende Heer en - dit sê ek - God, wat waardig is om aanbid te word, bepaal U nou wat ek met die drie artse moet doen! Want hul manier om die lydendes te help is duidelik te sleg om hulle heeltemal ongestraf te laat weggaan!” 

[7] EK sê: “Laat hulle gaan; want hulle sal nog genoeg regverdige straf kry! Ten eerste sal, as dit aan almal bekend word, beslis geen mens hulle meer wil hê nie, en ten tweede sal hulle dan so vinnig moontlik vanself wel die loop moet neem. Maar laat hulle nou gaan en laat hulle elke silwerstuk terugbetaal wat julle aan hulle vir hul nietige artswerk betaal het!”

[8] Daarop het al drie `n ontsettende suur gesig getrek; want die terugbetaling van verskeie honderde silwerstukke, wat hulle alreeds vooruit van die tollenaar ontvang het, het hulle beslis geen genoeë gegee nie.

[9] Maar die tollenaar het nou opgestaan en gesê: “Waarlik, ek het hierdie geld nie in die minste nodig nie; maar ek sal dit aan die talle armes van hierdie plek gee, dit sal beter wees as dat ek dit julle vir niks en verniet sou laat hou! Gaan dus en bring my nog binne `n uur die geld, want andersins gee ek julle, ellendige booswigte, oor aan die gereg!”

[10] Toe het die drie dokters opgestaan en hulle gereedgemaak om te vertrek.

[11] Maar EK sê: “Dit is voldoende as daar maar een van hulle die geld gaan haal, - die ander twee bly intussen as borge hier; want as hulle nou al drie sou gaan, dan sou ons hulle wel vir die laaste keer gesien het! Laat die jongste van hulle maar gaan, omdat hy nog die eerlikste is; want as een van die twee oueres sou gaan, sou hy die ander wat hier wag, laat sit en vir altyd met die geld verdwyn. Laat dit so gebeur!”

[12] Toe het die jongste van die drie artse dadelik opgestaan, weggegaan en ook spoedig die geld gebring.

[13] Nadat die tollenaar die geld aangeneem en sorgvuldig bewaar het, het hy aan hom wat dit gebring het, gesê : “Luister, omdat jy volgens die getuienis van hierdie waarlik Goddelike Heer nog die eerlikste is, kan jy nou hier bly; maar die ander twee moet hulle oombliklik van hier verwyder! As jy egter met hulle wil saamgaan, sal jy daarin ook nie in die minste gehinder word nie.”

[14] Die jongste dokter antwoord: “As ek mag, dan bly ek, en ek weet wat ek sal doen. Saamwerk met die ander sal ek nooit meer nie; want hulle was die meesters en ek in sekere sin net hul kneg, en ek moes met hulle volgens hul wil en teen my wil en beterwete saamwerk. O Heer, dit het vir my uiters baie droewige ure en dae besorg! Maar wat wou, wat kon ek doen? Want om met die twee rusie te kry, sou beteken, dat die hele tempel in Jerusalem my vyand sou word, en hierdie vyandskap is soos wat bekend is, die allerergste in die wêreld. Maar as ek op eie bene staan, en wel daartoe uitgenooi word deur u, as eerste bestuurder van die hele stad, dan lag ek oor die vyandskap van die tempel.”

[15] Die tollenaar sê: “Goed, jy bly dus, - en die ander twee gaan!”

[16] Beide die ander twee was egter alreeds weg en het hierdie plek met vinnige treë verlaat; want hulle het besef dat dit vir hulle nie moontlik was om te bly indien Ek My hier sou vestig nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205