Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die ontwikkeling van die mense 

124 Toe sê die Minervapriester: 'Ja, Heer, U het volkome gelyk in alles; maar omdat U vandag helaas reeds die laaste nag by ons deurbring, sou ek U in Naam van ons almal nog iets belangrik wil vra, en dit is, of U so vriendelik sou wees om aan ons toe te staan dat U leer, wat U nou aan ons gegee het, woordeliks opgeskryf sal word, sodat dit, as die belangrikste verbetering van alle mense, nooit verlore sal gaan nie, daar elke leer andersins tog, as daar maar net mondelinge oorleweringe is, uiteindelik met verloop van die tye vervorm en verontreinig word. Want die mense voeg mettertyd graag aan alles toe en laat andersyds maklik iets wesenlik weg. As alles egter opgeskryf is, en deur al die aanwesige getuies hier onderteken is, ten bewyse dat dit volledig waar is, dan, dink ek, sal `n verontreiniging van U leer nie meer so maklik moontlik wees nie. Om te sorg dat ons niks verkeerds opskrywe nie, vra ons U, o Heer, of U ons met U alwetende en almagtige Gees wil lei!' 

[2] Ek sê: 'Dit kan julle sekerlik doen; maar as julle dit tog wil, skryf dit dan in meer eksemplare, sodat dit meer algemeen word, en dat die eerste geskrewe boek - veral by die baie bygelowige heidene - nie `n soort magiese werking kry, waardeur die waarde van die inhoud misvorm sou word en die mense `n letterlike vrees vir die gewydheid van so `n boek sou kry nie, wat van louter eerbied nie meer durf gelees word nie, en uiteindelik selfs sover sou kom om te glo dat alleen die verering van so `n relikwie die mense al die hemel sou oplewer nie! As daar egter verskeie soortgelyke boeke sal bestaan, is so `n verbastering nie meer so maklik moontlik nie. 

[3] Ek sê nie dat die mense nie sulke boeke in ere moet hou nie; maar hulle moet nie meer daarvan maak as om dit ook maar net te gebruik vir dit waarvoor dit bestem is en sekerlik nie vir iets anders nie. 

[4] Ek voeg egter nog daaraan toe dat julle ook moeite moet doen om alle mense reeds van kinderstaduim af aan behoorlik te leer lees, skryf en rekene te leer - nie maar net die rykes nie, - anders sal julle weinig aan die geskrewe boeke hê. Probeer veral `n goeie ontwikkeling van die kennis en daardeur van die hart by die mense te bewerkstellig, dan staan julle in My ryk `n groot beloning te wagte, en daardeur sal julle ook maklik met die mense op aarde kan werk; want met egte ontwikkelde mense kan jy maklik praat en omgaan. Maar probeer die mense `n waaragtige, totale ontwikkeling by te bring; want `n halwe ontwikkeling is dikwels slegter as heeltemal geen ontwikkeling nie! 

[5] Weerhou nie die waarheid van die jonges nie, soos wat Ek julle ook niks weerhou het nie; want slegs die waarheid vorm die mens werklik tot mens. Waar sy ontbreek, moet die leuen sondermeer haar plek inneem, en dit is die moeder van al die onheil wat maar op aarde onder die mense kan voorkom. Hou dit ook vir julle almal as lewensrigsnoer! As julle daarop sal let, sal julle die seëninge daarvan reeds baie gou op hierdie aarde baie duidelik en waaragtig ondervind. - Het julle nou nog iets op julle hart?' 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205