|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 152
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die groot afwisseling onder die skepsele en hulle doel
152 My woorde maak dat elkeen bly word, en ons word deur Martha vir die middagete uitgenooi. Ons eet en drink opgewek en daar heers `n vrolike stemming. Lasarus vertel My wat hy tydens My afwesigheid alles van die tempeldienaars te verduur gehad het, en dat hy hom uiteindelik, ondanks al sy geduld, dermate vererg het dat hy daardeur gewoonweg siek geword het.
[2] By name vertel hy: 'Heer, daar bestaan op aarde geen insek wat so hardnekkig is nie! Jy raak hulle nie kwyt nie, wat jy ookal probeer! Dreig jy hulle met die wette van Rome, dan probeer hulle jou dae lank soos kronkelende slange te bewys dat slegs hulle alle reg aan hulle kant het en geen enkele wêreldlike wet hulle iets kan voorskryf nie, omdat hulle die enigste wetgewers ter wêreld is. Elke mens, sonder uitsondering, het slegs van hulle al sy wel en wee te verwagte.
[3] Ek word het egter kwaad geword vir hulle bewyse en sou my byna aan die verdorwe huigelaars vergryp het en ek verbied hulle om my huis ooit weer te betree. Maar dit help alles niks. Vandag jaag ek tien daar weg, - môre kom daar weer twaalf ander in hulle plek en begin heel onskuldig en gladjies oor dieselfde onderwerp te praat wat gemaak het dat ek hulle voorgangers my huis ontsê het, en hulle gedra hulle daarby so asof daar tussen my en hulle nooit iets voorgeval het nie!
[4] Hierdie maand was ek egter tog genoodsaak om vir baie geld op alle toegangsweë na my huis Romeinse wagte te plaas met die uitdruklike opdrag om geen enkele tempeldienaar tot my huis toe te laat nie. Toe het ek nou wel uiterlik `n bietjie gerus, maar innerlik gladnie; want die onbeskaamde tempelbooswigte stuur allerlei dreigbriewe vir my en val my toe op die manier lastig, omdat hulle dit persoonlik nie meer kon doen nie. As U, o Heer, My slegs van hierdie plaag sou wou bevry, sou ek in hierdie wêreld reeds heeltemal geseënd wees!
[5] Wel, tydens hierdie drie dae sal daar wel niemand uit die tempel hierheen kom nie, en daarom het ek ook die wag gedurende hierdie tyd laat weggaan; maar na die drie feesdae sal ek hulle weer moet laat kom, anders sal die irriterende tempelwespes my nie met rus laat nie. Ek weet goed dat U groot wondergenesing van `n halfjaar gelede en die vriendelikheid wat U my toe bewys het, die eintlike hoofoorsaak was waarom hierdie tempeldienaars my so agtervolg. Maar as ek vir hulle sê dat dit die rede is, gee hulle my nie gelyk nie, maar noem as enigste rede my onwil om hulle nie minstens agt tot tien dienaars te gee nie. Ek sê vir die tempeldienaars: 'Bespreek dit dan met die dienaars! Julle mag hulle selfs almal kry as hulle daarmee instem!' Maar toe sê hulle: 'Dit sê jy maar slegs aan ons in ons gesig; heimlik raai jy dit vir jou dienaars af, en daarom kom hulle nie na ons toe nie! Daarvoor sal God jou streng tot verantwoording roep!' Op die manier gaan dit maar so deur en daarom het ek Romeinse wagte geneem! Wat nog verder daarvan sal kom, weet U'.
[6] EK sê: 'Laat dit maar; ook die wag sal jy nie verder nodig hê nie. Ek sal `n wagter vir jou uitplaas wat meer sal kan doen as alle leërlegioene van die Romeine en Grieke! Môre laat ons die fees en sy dwaashede vir wat dit is; maar oormôre, wanneer die fees op sy hoogtepunt is, sal Ek weer na die tempel gaan en die Judeërs `n spieël van hulle doodsonde voorhou, sodat hulle hulleself sal skaam en sal moet wegkruip vir die volk om nie gestenig te word nie. Laat ons dus maar baie rustig en opgewek wees, want ons is die keer veilig teen hulle besoek!'
[7] Toe sê Petrus: 'O Heer, as U dieselfde hier sou doen as aan die Eufraat, dan sou die duisterlinge baie gou `n heel ander mening oor U kry!'
[8] EK sê: 'Jy sê dit omdat jy dit nou so sien, maar binne `n paar jaar sal jy ook baie anders praat! Kyk eers na die bont afwisseling van die blomme op die velde, al die verskillende soorte gewasse, bome en hulle vrugte, dan nog al die verskillende diere in die water, op die grond en in die lug, asook alle verskillende minerale en om nie te vergeet, alle verskillende soorte sterre aan die hemel nie! Kan jy My sê waarom daar soveel verskillende soorte en onderlinge verskille is? Sê jou eenvoudige verstand nie veeleer: Eintlik kan God Self nie so `n wyse rede daarvoor gehad het nie, maar Hy het dit net uit `n soort goddelike gril gedoen, omdat Hy Self `n bepaalde genoeë daarin vind om Sy aarde so bont moontlik uit te dos en haar dan net so bont deur almal te bevolk. Want waarom sien `n vyeboom baie anders daaruit as `n appel- of peerboom? Waarom het beide vrugte nie één en dieselfde vorm en nie één en dieselfde smaak nie?
[9] Kyk, as God nie die geweldige plan gehad het om op hierdie aarde, mense wat deur Hom geskape is, as Sy kinders op te lei nie, sou Hy ook maar net die aarde vir hulle met die strengste noodsaaklikste en maar `n paar soorte vrugte en enkele mak huisdiere kon bevolk het, soos wat Hy dit ook op tallose talle ander hemelliggame gedoen het, omdat die menslike skepsele daar nie dieselfde hoë bestemming het nie! Met die doel om op hierdie aarde die mens `n uitermatige goeie geleentheid te gee om hom in die beskouing en denke te oefen en daardeur sy volledige vrye wil te leer ken, het God hierdie aarde as lewensskool soveel afwisseling gegee, dat die mens, vanaf sy wieg tot aan sy graf, genoeg het om oor te dink en daarby allerlei beskouinge en vergelykinge kan maak om die een, wat vir hom aantreklik en goed lyk, te kies en die ander, wat hom teenstaan, te verwerp.
[10] Die tallose talle soorte diere is op die mees uiteenlopende maniere besig; laat deur allerlei geluide van hulle hoor en maak allerlei bewegings, en die mens het daarmee ruimskoots die geleentheid om van die diere allerlei nuttige dinge af te kyk en dit te vervolmaak en hulle in `n groot en samehangende geheel oor te bring. So was voëls, baie vlieë, kewers, krekels en selfs paddas, die eerste sangleraars vir die natuurmense, en seeslakke het die mense geleer om skepe te bou en om seile te gebruik om ver reise te maak.
[11] Maar soos wat God, maar net ter wille van die mense op hierdie aarde, so `n buitengewone verskeidenheid van alles wat maar moontlik is in alle ryke van die natuur soos dit ontstaan het, so het Hy ook die mense self in so `n buitengewone, onafsienbare verskeidenheid, sowel na gestalte as karakter, laat ontstaan, sodat jy moeilik uit `n duisendmaal duisend mense ooit twee sal kan vind wat soos twee druppels water na mekaar lyk. Dit doen God egter ook sodat die mense hulle in alles en baie van mekaar te laat onderskei, sodat hulle mekaar juis daardeur, elkeen wedersyds met meer liefde tegemoet sou kom. En om te sorg dat hulle almal steeds meer liefde sal skenk, is hulle ook met baie verskillende bekwaamhede toegerus.
[12] En wat gesê is van die mens as sodanig, geld ook vir gemeentes en selfs vir hele volke. Maar omdat dit so is - wat ook orals uit alles blyk, - moet julle nie altyd dink dat alle mense op één en dieselfde manier opgewek en geleer kan word nie, en vir die lig en lewe te wen is. Wat egter ten voorskrifte van mense as sodanig geld, geld ook vir hele gemeentes en ganse volke.'
|
|
|
|
|