Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer gee uitleg oor die maanwêreld en oor maansug

120 Ek sê: 'Dat die maan, as mees nabye hemelliggaam van die aarde, `n invloed op hierdie aarde uitoefen, is sekerlik so; maar in die algemeen beïnvloed sy geen mense, diere, plante en minerale nie, maar in die besonder maar net dit wat op hierdie aarde van haar afkomstig is. Let goed op, veral julle kalendermakers!

[2] Kyk, die maan is haas net so `n wêreld soos hierdie aarde, en sy is die voortdurende begeleidster van hierdie aarde by haar reis van een jaar om die son, waaromheen ook die ander planete in verskillende tye hulle baan deurloop; - die wat nader aan die son staan het minder tyd nodig as die aarde, en die wat verder wegstaan, natuurlik meer. Jupiter en Saturnus het ook mane, maar omdat die wêrelde baie groter is, het hulle daar meer mane as die aarde, terwyl die kleinere planete glad geen mane het nie. By ons aarde sorg die daaglikse omwenteling vir dag en nag, en haar baan om die son duur een jaar.'

[3] Daaroor kyk die heidene van op, omdat hierdie uitleg van My hulle kennis ver te bowe gegaan het, en `n priester sê: 'Heer, ons dank U vir alles, maar hou maar op met U uitleg, want ons kan dit onmoontlik verstaan nie omdat ons dit nie vir onsself kan voorstel nie!'

[4] Toe sê Ek: 'Wel, as dit aanskoulik gemaak moet word, dan sal dit dadelik gebeur!'

[5] Oombliklik sien almal in die vrye, hoë ruimte van die saal bo die tafel die son, die maan en die aarde, en ook alle ander planete met hulle mane, en alles bewegend soos in die werklikheid. Aan die verbasing kom geen einde nie, en Ek lê dit vir hulle twee uur lank baie noukeurig uit, en toe verstaan hulle alles, wat hulle baie genot verskaf. Behalwe die wiskundige deel laat Ek hulle egter ook die bewoonbaarheid van die son en alle planete en hulle mane sien, en baie uitvoerig die bewoonbaarheid van ons aardse maan, en sê toe in die besonder: 

[6] (Die Heer:) Omdat julle dit nou insien en verstaan, kan Ek julle ook die nodige vertel oor maansug. Die bewoners van die maan het as baie eenvoudige en in hulself gekeerde mense by uitstek die gawe van heldersiendheid, en dit by name tydens hulle nag van veertien volle aardse dae, wat hulle meestal slapend in hulle onderaardse woongate deurbring. Tydens hierdie slaap bly hulle siele egter volkome wakker en hulle sien dan alles om hulle heen tot in die verre omtrek, en dus ook hierdie aarde, waar hulle eintlik min of meer by hoort, wat hulle egter, vanweë die natuurlike posisie van die maan tydens hulle waaktoestand, op hulle lang dag nooit kan sien nie; (want die maanmense bewoon slegs die gedeelte van die maan wat van die aarde afgewend is) omdat die maan, soos wat Ek julle al uitgelê het, om heel natuurlike redes (op die na die aarde toegekeerde kant) geen lug en geen water het nie, en as daar al hier en daar in die talle dieper geleë dele `n soort lug aanwesig is, dan is dit tog nie toereikend vir die asemhaling van wesens met `n liggaam nie, en is ook nie geskik daarvoor nie, omdat die element sout (die suurstof) geheel ontbreek.

[7] Die mense van die maan het in hulle natuurlike toestand ook geen behoefte daaraan nie, omdat hulle in hulle droomlewe, waarvan hulle die meeste hou, tog alles kan sien en te wete kan kom wat goed is vir die heil van hulle siele. Hulle verlang dan ook die allermeeste daarna om vinnig bewoners van hierdie aarde te word, wat dan ook eintlik hulle bestemming is. En as hulle op hulle wêreld hulle liggame afgelê het, gaan hulle siele, soos wat hulle haar tydens hulle liggaamlike lewe waardig gemaak het, dadelik na hierdie aarde en word by `n passende geleentheid in `n moederliggaam verwek. As kinders van hierdie aarde word hulle weer gebore, groei vervolgens op en ontvang die opvoeding van die aardse mense, waardeur hulle in elke geval die moontlikheid kry om op die weg van die kinders van God geplaas te word, hetsy reeds hier of aan die ander kant.

[8] Wel, die siele van hierdie mense bestaan uit die substansie van die maanwêreld en voel sodoende, veral tydens hulle droomlewe, `n besondere drang na waar hy vandaan gekom het, wat die sterkste tot uiting kom by die lig van die volmaan, omdat daar deur die maanlig `n groter aantal substansiële, spesifieke sieledeeltjies op die aarde neerdaal en die genoemde mense wat maansiele het, prikkel en aantrek.

[9] Dit euwel kan egter gou en maklik verhelp word deur die hande in geloof op te lê en deur die gebruik van koue baddens.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205