Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die korrekte seën en die korrekte gebed

180 Tydens ons maaltyd praat Ek min, maar toe die heerlike wyn die tonge van die leerlinge begin losmaak, word dit baie gou lewendig in die herberg. Ook die herbergier van die herberg, wat dit vir Lasarus bestuur, kom met sy mense na My toe en vra of Ek ook vir hom en sy familie My seën sou gee, want dit sou `n kragtige middel wees teen die vloek van die tempeldienaars.

[2] Ek sê vir hom: 'Vriend, waar Ek is, is ook alle seën met My; meer is egter nie nodig nie! Leef ook jy maar volgens die leer wat Ek My leerlinge gegee het, daardeur sal jy eers die ware, lewende seën ontvang, wat jy nie net vir hierdie wêreld, wat vir elkeen slegs van baie kortte duur is nie, maar ook vir jou siel, wat ewig sal lewe, van groot nut sal wees! Maar `n seën soos wat jy jou dit voorstel, is waardeloos. Kyk net na die Fariseërs, wat alle soorte seën uitdeel en hulle daarvoor laat betaal; wie van hulle wat so `n seën gekry het, het egter ooit iets daaraan gehad? Ja, die Fariseërs het wel iets daaraan gehad, - maar die geseënde moes hom met sy geloof troos en daarin enige rus vind.

[3] Ek seën die mense egter volgens waarheid, slegs deurdat Ek hulle die ware lewenslig gee en daardeur die ewige lewe, as hulle My leer in praktyk bring. Al die sogenaamde magiese seën is niks werd nie en vergroot slegs die bygeloof van die mense. Wie egter My leer toepas, en glo dat Ek die ware die Messias(Christus) is, kan `n sieke in My Naam die hande oplê en dan sal dit beter gaan met hom. En ook as die sieke hom ver weg bevind, en jy in My Naam vir hom bid en jou hande na hom toe uitstrek, sal hy gesond word, soos dit hom tot seën strek. En kyk, dit is `n baie beter seën as die, wat jy volgens jou mening van My wou gehad het! - Sê My nou of jy daarmee tevrede is!'

[4] Die herbergier sê: 'O Heer, ek dank u daarvoor, want ek sien goed in dat die suiwer waarheid vir die mense die grootste seën is, en die leuen en bedrog die grootste vloek. Maar nou sou ek van u, o Heer, tog nog wil hoor, of die gebede van die priesters by God dan ook geen waarde het en ook dan niemand iets help nie, as iemand in die ware sin gelowig is en van mening is dat hy nie waardig is om tot God te bid nie, na `n priester gaan en hom betaal om vir hom tot God te bid. Hoe moet mens dit volgens waarheid glo en verstaan?'

[5] EK sê: 'Staan daar nie geskryf nie: 'Sien, - die volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af'? Hoe kan `n gebed waarvoor iemand betaal het, hom nou help? Hy, die gelowige, durf nie tot God te bid nie, en die betaalde priester bid nie tot God nie en kan dit selfs duidelik nie doen nie, omdat hy self nie in `n God glo nie. Want as hy in `n God sou geglo het, sou hy hom nie vir sy gebede laat betaal het nie, maar vir die gebedsbetaler gesê het: 'Elke mens - ook al sou hy soveel sonde gehad het soos wat daar gras op die aarde en sand in die see is - kan berouvol en deemoedig tot God bid, en God sal sy gebed verhoor. Die naasteliefde wat God vir my voorskryf, lê my al sonder meer die plig op om alle mense in my gebede te gedenk, gaan jy dus maar self tot God bid, want slegs dit kan en sal jou help; want `n betaalde gebed is `n gruwel vir God!'

[6] Kyk, dit sou `n gelowige priester vir hulle moet sê wat hom vir `n gebed wou betaal! Maar omdat die priester self nie in God glo nie, laat hy hom vir die gebed betaal, wat hy uit `n boek, sonder om ook maar iets daarby te dink en te wil, in `n huigelagtige, vroom houding laat welgeval, en daarom is hy `n voltooide leuenaar en bedrieër. Hoe kan so `n gebed deur God op prys gestel word?

[7] Ek sê vir jou: Ook al sou God die mens vanweë sy vermeen­de onwaardigheid, wat nie tot Hom wou durf bid nie, terwille van sy deemoed uit die een of ander nood help, dan sal Hy hom in hierdie geval egter beslis nie help nie, om hom daardeur langsaam maar sekerlik van sy bygeloof te bevry.

[8] Wanneer jy `n arme sien wat om noodsaaklike hulp tot God bid, gaan dan na hom toe en help hom, as jy wat iets het om hom te help; het jy egter niks, bid dan self ook vir hom tot God, en Ek sê vir jou: God sal jou gebed en die gebed van die arme verhoor! Want wanneer daar twee of drie waaragtig tot My bid, sal hulle gebed ook sekerlik altyd verhoor word. Maar laat niemand hom terwille van dom en suiwer wêreldse dinge hom biddend tot God rig nie, want God sal hom nie verhoor nie; as iemand egter bid vir iets wat noodsaaklik is vir die lewe van die liggaam en vir die versterking van die geloof en die siel, dan sal dit hom nie weerhou word nie. - Kyk, dit is die waarheid oor die egte gebed, wat ook `n ware en egte seën van God in die hart van die mens is! Verstaan jy dit?'

[9] Die herbergier sê: 'Ja, Heer, dit is baie maklik te verstane, omdat dit immers `n baie duidelike waarheid is; maar die magiese gebede van die priesters het ek nog nooit verstaan nie, en wel om die heel eenvoudige rede dat hulle as suiwer bedrog gladnie te verstaan is nie. O die gemene bedrieërs! Hoe hulle tog hulle uiterste bes doen om die volk hulle waardelose gebede só voor te stel asof dit egter stapsgewys steeds werksamer en kragtiger sou word, namate hulle deur hoër priesters op bepaalde baie heilige plekke gebid word, en asof een en dieselfde gebed deur een en dieselfde hoëpriester gebid word - en wel op die gewydste plek, in krag en uitwerking sou toeneem, namate dit met meer ponde goud en silwer betaal word! En kyk, nog baie mense glo dit sonder meer! Wee diegene, wat hulle dit sou afraai en sou sê dat die God van Abraham, Isak en Jakob geen welgevalle aan so `n gebed sou kon hê nie, en dat Hy ook baie onregverdig sou wees as Hy slegs na die gebed van die mense sou luister wat dit deur priesters vir baie geld laat bid het, en armes wat dit nie kan doen nie, sonder om hulle te verhoor en sonder enige hulp sou afwys! O, dit sou by hierdie blinde dwase heeltemal geen sin maak nie! Hulle sou so `n wyse volksvoorliger slegs as `n godslasteraar en tempelskender beskou en hom as sodanig ook by die tempel aangee, waarna hy dan sekerlik baie gou vir alle ewigheid so goed versorg sou word, soos wat `n mens dit maar sou kon verlang.

[10] Ag, verhewe vriend en goddelike Heer, vir `n eerlike en ontwikkelde mens is daar geen bestaan meer nie! Helaas, hierdie herberg is tog baie meer `n ware tempel van God as die van Salomo se voorhof daar benede; want daar vind jy nou verder net nog leuens en bedrog en die ergste mensehaat! Ek was al sedert tien jaar nie meer in die tempel gewees nie - en sal ook in die toekoms baie daarvoor oppas! `n Fees kan my nog wel die minste na die tempel lok, want dan word die grootste bedrieëry daar op brutale wyse bedrywe, en geen wet beskerm my daarteen nie. Op die feeste vang die tempeldienaars, asof hulle gode is, sonder enige verantwoordelikheidsgevoel, die grootste onsin aan; dit kan ek egter nie sonder die grootste moontlike ergernis aansien nie en daarom bly ek liewer weg. - Het ek gelyk of nie?'

[11] Ek sê: 'Absoluut, want jy kan niks daaraan verander nie, en daarom is dit vir jou beter om van die plek af weg te bly waar jy niks goeds en waar kan beleef nie en jy jou as `n Judeër van die ou stempel moet vererg. Maar Ek het gekom om alles wat krom is, reg te maak, en wat blind en doof is, siende en horende te maak. Laat ons nou egter oor die tempel ophou, want die totale onbruikbaarheid daarvan is aan julle maar al te bekend!

[12] Ons sal egter binnekort nog meer gaste kry, naamlik egte Romeine en Grieke. Hulle sal hier eet en waarskynlik hier ook oornag, want benede is daar in die hele stad bykans geen onderdak te vind nie, en jy as herbergier kan jou daarop ietwat voorberei.'

[13] Toe die herbergier dit hoor, gaan hy vinnig na buite na sy mense toe en lig hulle in; en hulle kyk toe of die gaste al aankom. Toe hy na benede na die tuinpoort kyk, waar `n mens moes deurgaan om op die Olyfberg te kom, sien hy reeds `n groep van dertig mense wat deur die poort ingaan, en hy gaan dus gou om alles te reël om die gaste wat baie gou daar sou wees, iets behoorliks voor te sit. Die kamer, waarin ons ook sit, was groot genoeg om honderd gaste te herberg. Ook was daar nog baie ruim sykamers, wat baie goed vir naglosies ingerig was, en niemand hoef hom dus te bekommer oor `n goeie ontvangs vir die aankomende vreemdelinge nie, waarvan die gids `n vryburgeres van Jerusalem was wat haar baie met vreemdelinge besig gehou het. Ons sal haar later nog wel beter leer ken.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205