|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 5
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die Fariseërs in Bethanië
5 Ek kon hierdie keer nie lank bly nie, omdat daar uit Jerusalem voortdurend te veel vooraanstaande Judeërs gekom het, waaronder ook van die mense wat nie in My geglo het nie. Ek het hier net gedurende drie dae die vriendelike sorg aanvaar, maar egter niks verkondig nie en ook niks gedoen nie, vanweë die ongelowige Judeërs.
[2] Wel het daar nogal heelwat mense na My toe gekom wat My oor allerlei sake wou uitvra, maar EK het heel eenvoudig aan hulle gesê: “Hier is nie die plek en die tyd nie! Wat julle egter moet weet, het Ek vir almal in die tempel gesê en meer het julle voorlopig nie nodig nie!”
[3] Daarop het Ek hulle My rug toegekeer en met Lasarus en die herbergier na buite gegaan, waar ons baie oor die uitspattigheid van die Tempeldienaars en oor hulle optrede teen die volk gepraat het en die herbergier, wat baie gelowig geword het, kon My nie genoeg loof nie, omdat Ek hierdie tempelhuigelaars so onomwonde die waarheid in hulle gesigte gesê het. En Lasarus, wat reeds lankal geweet het Wie daar agter My is, was besondere bly daaroor.
[4] Toe ons so buite rondgewandel het, terwyl ons verskillende sake onder mekaar bespreek het, het My student JOHANNES, My gunsteling, na ons toe gekom en gesê: “Heer, wat moet ons nou doen? Die Judeërs wat U nou net in die huis so vinnig op hul plek gesit het en wat U daarna dadelik die rug toegekeer het, is nou baie boos daaroor, uit op wraak en sê: “O wag maar, ons sal jou trotse Messias spoedig uitdryf!” Ons het probeer om hulle te kalmeer, maar toe het dit net erger geword en hulle het gedreig om onmiddellik die wag uit Jerusalem te laat haal!”
[5] EK sê: “Gaan daarheen en sê aan hulle dat My tyd, waaroor Ek julle in Galilea al dikwels voorspellings gegee het, nog nie gekom het nie; laat hulle daarom die wag maar gaan haal en by hierdie geleentheid die mag en die eer van die Seun van God nog beter leer ken! Gaan en vertel dit aan hulle!”
[6] Verheug het Johannes op weg na die trotse en oormoedige Judeërs gegaan en het alles woordeliks oorgedra. Daarop het hulle (DIE JUDEËRS) woedend geword en geskreeu: “Ons sal wel sien hoe ver die mag van hierdie Nasarener reik!”
[7] Daarop het daar so twintig man die deur uitgehardloop om die wag uit Jerusalem te gaan haal.
[8] Maar Ek wou nie gehad het dat die vriendelike gesin van Lasarus so-iets moes wedervaar nie; daarom het Ek die woestaards vanaf die huis ongeveer honderd treë laat hardloop waarna Ek hulle voete dadelik laat verstyf het. Hulle het hulleself daarop baie ingespan om verder te kom; maar teen My wil in was dit beslis onmoontlik. Toe het hulle begin skreeu en te jammer en om hulp te roep. Die beter mense, wat hulle reeds in die tempel aan My kant geskaar het, het dit gewaar en hulle het daarheen gegaan en hulle gevra waarom hulle dan nou daar bly staan en so erbarmlik om hulp geroep het.
[9] Toe het diegene wat AAN DIE GROND GENAEL was, tandeknersend gesê: “Luister, ons is vasgenael aan die grond waarop ons staan en ons bene het plotseling so styf geword soos erts! Watter bose gees het ons dit aangedoen? O, help ons uit hierdie uiters ellendige toestand!”
[10] Maar DIE GOEIE MENSE sê: “Julle het Hom wat vandag op die Sabbat die sieke genees het, uitgeskel vir `n Sabbatskender en godslasteraar, wat Hy nie verdien het nie! Sou julle nou egter nog nie duisendmaal erger Sabbatskenders geword het as julle, vanweë julle bose hoogmoed, as priesters ook nog persoonlik die wag sou gehaal het om die hand aan hierdie onskuldige te slaan en daardeur die agtenswaardige huis van Lasarus `n slegte reputasie besorg het nie?! Ons burgers, wat geen priesters van Jerusalem is nie, sê nou egter vir julle, slegte priesters: Waarlik, om hierdie rede het God se straf julle hier sigbaar ingehaal! Nou eers is ons heeltemal daarvan oortuig dat die verhewe Galileër presies dit is wat Hy vandag volkome volgens waarheid in die tempel oor Homself gesê het! Net Hy, as Seun van God wat julle hier gestraf het, kan julle help en verder niemand in die hele wêreld nie! Vra Hom om hulp en bekeer julle tot die goeie en ware, andersins kan julle hier net soos die vrou van Lot tot aan die Oordeelsdag bly staan!”
[11] Hierdie woorde was doeltreffend en DIEGENE WAT AAN DIE GROND GENAEL WAS, roep: “Bring Hom dan hier, dan sal ons doen wat Hy van ons verlang!”
[12] Daarop het die burgers weer na die huis van Lasarus teruggegaan en het My nog daar aangetref en hulle het vinnig die hele gebeurtenis aan My vertel.
[13] Maar EK sê aan hulle: “Hierdie manne, wat vir My die wag uit die stad wou gaan haal, moet nou maar `n oomblik self op wag staan, dan sal hulle verder wel van die begeerte afsien om `n volgende keer hulle starre hoogmoed op `n dergelike wyse te laat botvier! Ons sal nou nog eers voor sonsondergang `n versterkende maaltyd nuttig en daarna eers sien wat daar met diegene wat deur God gekluister is, gedoen kan word. Want die mens moet as hy honger het op die Sabbat, ook eet en nie eers nadat die son ondergegaan het nie; want wat het die son nou met die Sabbat te doen en wat het die dom Joodse Sabbat te doen met die son?! Is die son op `n Sabbat dan beter en eerbaarder as op `n ander dag, terwyl elke dag tog `n dag van JaHWeH is en nie net die Sabbat nie?! Laat ons daarom aan tafel gaan en ons dit daarby goed laat smaak!”
[14] Lasarus en albei sy susters was daaroor buite hulself van vreugde en daar is ook dadelik ryklik opgedien en ons het begin eet en drink en was heel opgewek daarby.
[15] Eers na `n paar uur, toe ons almal volkome versadig was, sê Ek aan Lasarus: “Broer, nou gaan ons eers na die gekluisterdes om te sien wat daar met hulle te doen is! Waarlik, as hulle ook maar `n bietjie weerspannig is, sal hulle wat My betref, tot sonsopgang daar bly staan en daarby leer insien dat die Seun van God geen getuieverklaring en geen eer van mense nodig het nie! Laat ons nou dus na hulle toe gaan!”
[16] Ons het van die tafels af opgestaan en na hulle toe gegaan.
|
|
|
|
|