Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die noodsaak van die verganklikheid van die materie

154 Een van die Judese Grieke sê: 'Maar Heer, noudat U tog weer so besig is om ons sulke buitengewone belangrike dinge te onthul, wil u dan ook so goed wees om ons te vertel waarom niks stoflik nou eintlik vir ewig as sodanig kan bly bestaan nie! Rotse verweer, reusagtige bome wat dikwels so  tweeduisend jaar alle storms getrotseer het, soos wat die oerseders dit in elk geval op die Libanon gedoen het, sterwe, verrot en niks bly daarvan oor nie. Ook mere en seë droog uit, kortom, mens sien op die hele aarde niks anders as `n voortdurende ontstaan en vergaan nie! Slegs aan die sterrehemel bly dit steeds nog baie goed by die oudheid, want dieselfde sterre wat Adam gesien het, staan nog steeds selfs onveranderlik en onverganklik op dieselfde plek. Wanneer U egter sê dat dit ook eenmaal sal vergaan, kom `n mens natuurlik tot die uitermatig belangrike vraag: As, volgens wat U sê, hierdie ontsettende groot hemelliggame al gedurende so `n onuitspreeklike lang reeks aardse jare bestaan, sou hulle tog net so goed ook vir ewig kon bestaan. Hoe lank gelede het hulle ontstaan, wie kan die tyd meet en in jare of selfs in tienduisende jare besyfer? Vir ons menslike verstand bestaan hulle so goed as ewig en kan ook net so goed verder die hele ewigheid deur bly bestaan. Waarom moet hulle dan uiteindelik tog vergaan?'

[2] EK sê: 'Vriend, dit kom omdat hulle nie eintlik uit materie bestaan nie, maar net uit gees wat in die oordeel is. Ek het julle tog al by `n ander geleentheid gesê, dat al die sigbaar geskape dinge niks anders is as `n gedagte van God is nie, vasgehou deur die almagtige wil van God.

[3] Solank `n belangrike gedagte van God deur Sy wil vasgehou word, solank verskyn dit ook as iets wat bestaan, en is daardeur in `n sekere sin afgesny van die tallose talle ander gedagtes sodat hulle hulleself kan konsolideer en vir altyd `n selfstandige ‘ek’ word. Waarom sou die gedagte van God, nadat Hy hierdie taak volbring het, en dit na alle kante vry en selfstandig gemaak het, dan nog langer deur die mag van die goddelike wil vasgehou en volledig van alle ander belangrike gedagtes van God afgesny wees?

[4] Waarom sou `n mens, sodra hy die innerlike, geestelike lewensrypheid volledig bereik het - waarvoor hy `n stoflike liggaam nodig het, - dan nog die liggaam verder en langer en ook steeds moeisamer moet rondsleep? Sal iemand, wat `n huis heeltemal opgebou het, sodat dit volledig bewoonbaar is, die boustellasies om die voltooide huis laat staan?! Of laat jy vleis, wat jy in `n pan goed gaar gebraai en eetbaar gemaak het, so in die pan staan? Sekerlik nie. Jy sal dit met die braaivurk uit die pan haal en die leë pan wegsit! Kyk, daarom het alles op hierdie wêreld sy tyd!

[5] Gestel dat jy in die voorjaar `n boom sien wat heeltemal in die knop staan. Sê jy dan dalk ook: 'Wat het jy aan die verganklike knoppe?' Die knoppe swel, ontvou hulle steeds meer, en daar kom blare en mooi, lieflike, geurige blomme te voorskyn. Jy bewonder hulle, omdat hulle jou baie geval. Maar gou begin hulle te verwelk en hulle val af. Dan vra jy weer ontsteld: 'Waarom word die pragtige, verhewe skoonheid van die boom nou bederf?' Ja, jy het gelyk, bloeiende bome sou altyd baie lieflik gewees het om te sien; maar slegs van sien word geen mens versadig nie, en daarom moet die blomme dus, wat dien om die vrugkiem lewend te maak, na haar volbragte diens, weer weggeneem word, sodat die egte vrug homself vervolgens vry en selfstandig kan ontwikkel. En jy sien daarna baie gou `n hele spul soet vrugte aan die takke van die boom, wat jou baie geval. Wel, moet die vrugte dalk ook vir ewig aan die boom bly hang?'

[6] Toe sê die Judese Griek, wat `n burger van Jerusalem was: 'Dit, o Heer, besef ek heeltemal. Die een kom uit die ander voort, en dit gaan sekerlik so ver en so lank deur tot dit via die talle ontwikkelinge `n bepaalde hoofdoel bereik het. Maar waarom moet die boom dan, wat dikwels gedurende talle jare goeie vrugte vir die mense gedra het, uiteindelik sterwe, verrot en volledig ten gronde gaan? Hy verrig immers `n goeie diens, maar moet tog plek maak vir `n ander!'

[7] Ek sê: 'Kyk, alle materie is `n tydelike houer om `n bepaalde hoeveelheid van die geestelike lewenselemente in op te neem! Elke jaar ontwikkel `n bepaalde deel daarvan, maak homself vry en gaan oor in `n hoër lewensfeer. Na `n groter of dikwels ook geringer aantal aardse jare het die laaste vonk van die lewenselement egter uit die reeds harde en onbruikbare boom verdwyn en in `n hoër lewenspotensiaal oorgegaan, en dan besit die boom geen lewe meer nie.

[8] Moet jy dan nuwe lewenselemente in die ou, harde, onbruikbaar geworde boom bring om deur die reeds grof geworde materie van die boom bederf te word, soos wat selfs ook die beste wyn bederf word as `n mens so dom sou wees om dit in `n ou vuil houer te giet? Is dit dan nie verstandiger om nuwe wyn in nuwe, skoon houers te tap en die oue weg te gooi nie, veral as mens `n onuitputlike aantal nuwe houers het? - Wat dink jy daarvan?'

[9] Die Judese Griek sê: 'Heer, ek gee oor. Slegs U besit die hoogste Wysheid en weet alles van die hele skepping af, en slegs U het daarom ook in alle dinge volledig gelyk. Ons kan slegs vrae aan U stel en alles wat U vir ons sê, gelowiglik aanvaar. Alles is soos wat U, o Heer, dit barmhartiglik vir ons uitlê. Dit is egter tewens die grootste en oortuigendste bewys vir die feit dat juis U, in U Gees, alles wat daar ook maar in die hele oneindigheid is, van ewigheid so georden en geskape het.

[10] U leerling Johannes het in sy inleiding oor wat U gesê het, van U die mees korrekste en waaragtigste getuienis gegee, deur te sê: 'In die begin was die Woord, die Woord was by God, en God was die Woord. Die Woord het vlees geword en woon onder ons. Hy het na Syne gekom en hulle het Hom nie herken nie.'

[11] Kyk, Heer, so is dit ook! U het na ons mense gekom, en hoe weinig het U herken, en hoe baie herken U nou nog nie, ondanks al die groot tekens en mees wyse lesse! Dit is tog baie merkwaardig, hoe verskriklik dom en verblind die mense is!'

[12] Ek sê: 'Dit is nou eenmaal so, en jy kan tog niks daaraan doen nie; want ons mag hulle nie die vrye wil ontneem nie, omdat hulle dan sou ophou om mense te wees. Om hulle nog meer tekens te gee, sou vergeefse moeite wees; want ons sou daarmee niks anders bereik as net dit wat Ek julle al duidelik uiteengesit het, toe julle meen dat Ek ook hier dieselfde as aan die Eufraat moes doen.

[13] Ons het vir die volk maar net woorde; wie se oë daardeur nie geopen word nie, hulle oë sal ook nie deur tekens oopgaan nie. Maar hulle sal nog wel tekens te siene kry, - egter nie vir hulle behoud nie, maar vir hulle versekerde ondergang.

[14] Ek sê vir julle: Die laaste teken wat hier in Jerusalem gedoen sal word, sal bykans gelyk wees aan die van die profeet Jona vir Nineve, toe hy drie dae in die buik van `n groot vis deurgebring het. En vanweë die teken sal die groot oordeel dan oor hulle losbars, wat hierdie bedrywers van alles wat sleg is, sal verswelg soos `n vurige draak sy ellendige prooi. - Maar nou hou ons op daaroor en ons sal nou na buite gaan, voordat die son ondergaan!'

[15] Daarmee was almal dit eens, en ons staan van tafel af op en klim weer ons heuwel uit vanwaar `n mens ook `n deel van Jerusalem kon sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205