Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die wilsvryheid en die geestelike opdrag van die mens op aarde

205 Die Romein sê: 'Waarlik, U is `n God! Want as U slegs mens was soos wat ek is, sou U nooit so wys kon praat nie. U wonderwerke van gister kry eers deur hierdie woorde van U, asook deur die van vandag in die tempel, die volledige bevestiging dat dit die waarheid is. Ons het al baie oor U in Rome gehoor wat vertel is; maar al die verhale is tog niks in vergeleke met hierdie werklikheid nie. Maar nou moet ons weer eet en drink; want die gehoorde is eindeloos verhewe en diepsinnig, en ons moet dit eers behoorlik verstaan om daarna in staat te kan wees om iets meer van U barmhartigheid en liefde te hoor. Want U praat nie soos wat `n gewone verstandige mens praat oor `n kunssinnige en skitterende gebou nie, maar U praat soos `n boumeester wat die gebou vanaf die grond opgebou het. En daarom moet jy jouself, met wat U sê, goed inspan en dit behoorlik van punt tot punt in jou opneem en verstaan, as jy daaruit vir jou lewe die ware nut wil haal. Daarom hou ons nou `n kleine pouse; die brood en wyn sal dit vir ons makliker maak om tot dieper insig te kom!'

[2] Daarna eet en drink die Romeine daar weer vrolik, en ons eet en drink ook. Ook die ongeveer sewentig manne en die geredde vrou eet en drink na hartelus, en praat onder mekaar oor wat Ek vir die Romeine gesê het, en ook oor die getuienis wat die Romein My so openlik en ronduit gegee het.

[3] Ook My leerlinge verwonder hulle in `n hoë mate oor die verstand van die Romein en sê: 'Kyk nou eens hoe gou hierdie uitgesproke heiden alles verstaan, terwyl die Judeërs daar benede nog steeds nie die bos vanweë die bome kan sien nie! Dit is tog wel in `n hoë mate vreemd dat sulke mense, selfs ter wille van hulle groot aardse belang, nie vol vreugde die stralende lewenslig wil of kan sien nie!'

[4] Een van die dertig Joodse Grieke sê: 'O, hulle sou dit die beste kan verstaan; maar hulle wil dit nie, omdat hulle dink dat hulle daardeur hulle aansien, hulle groot rykdom en hulle goeie lewetjie sal kwytraak. En al daal die engele dan sigbaar uit die hemele na hulle toe af om hulle te vertel dat ons Heer en Leraar die die Messias(Christus) is, dan sal hulle dit tog nie aanneem nie, vanweë dit wat ek so ver na vore gebring het, - en ek weet dit wel die beste, omdat ek weet hoe hulle hulleself ten tye van die vroom hoëpriester Sagaria gedra het. Ek en talle ander het gesien hoe die engel van God met die vroom man gepraat het en was self volkome daarvan oortuig dat dit `n egte verskyning was; maar die onbegrensde hoogmoed van die ander Fariseërs en hulle selfsug was ver verhewe bo al die waaragtige, en hulle het hom dadelik daarna tussen die offeraltaar en die allerheiligste gewurg. Soos wat dit egter toe was, so is dit tot op hierdie uur nog, en hulle sou selfs ten tye van Moses met JaHWeH die stryd aangeknoop het, as hulle toe sou gelewe het. En dit is nog steeds deur U, o Heer, toegelate priesters en sogenaamde dienaars van God, terwyl hulle tog lankal vir die Satan te sleg sou wees!'

[5] Ek sê: 'Laat ons nou daaroor ophou; want Ek het immers juis nou vir die Romeine uitgelê hoe die hele mensdom deur My vir die lewe opgevoed moet word, en die priesters is tog ook mense. Maar hoe erg hulle vrywillige koppigheid ook is om in alle sonde te volhard, dit gee julle tog tewens `n duidelike bewys hoe erg die menslike vrye wil as die enigste kiem tot verkryging van die selfstandige, vrye, ewige lewe van die siel deur God eerbiedig en beskerm word. En omdat dit so eerbiedig en beskerm word, bewys dit ook uitdruklik dat God die mense nie slegs vir hierdie aarde en vir hulle kort lewenstyd geskape het nie, maar vir `n ewige, geestelik lewe, wat egter slegs juis deur die totale wilsvryheid van die siel tydens die kort liggaamlike lewe volkome bereik kan word, - maar dat dit egter ook verlore kan gaan as `n mens tot aan die end vrywillig in sy verstoktheid volhard. Dit wil sê: Die siel sal nooit volledig ophou om siel te wees nie; maar wat se siel, is `n heel ander vraag. Want in die hiernamaals kan die volmaaktheid nie bereik word soos in hierdie lewe nie. Die rede daarvoor het Ek julle al dikwels aangegee. Wanneer ons onsself nou sal versterk het, sal ons verder daaroor nadink en oor die groot barmhartigheid van God praat.'

[6] Maar vandag sal daar nog allerlei sondaars en tollenaars en ook `n aantal verklede Fariseërs hierheen kom, wat gehoor het dat Ek My hier ophou. Met hulle sal ons die hande vol hê; - maar laat ons die aanwesige voedsel opeet en daarna weer met ons werk aangaan! Solank Ek nou egter rus en eet, moet julle My nie met enigiets lastig val nie! Laat dit so wees!'

[7] Daarop eet en drink elkeen in stilte op wat hy nog aan spys en drank gehad het, en was die sitting aan tafel baie gou ten einde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205