Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Lasarus en die tempelspioene

168 Vroeg in die môre word elkeen in die huis deur die luide geblaf van die sewe honde uit die slaap gewek, en Lasarus gaan saam met sy knegte om te kyk wat daar aan die gang was. Hy ontdek `n groot skare mense, manne en vroue, wat hulle buite die ingangspoort opgestel het, maar wat sodanig deur die honde ingesluit was, dat hulle geen tree voor- of agterwaarts durf maak nie. Toe hulle Lasarus, wat hulle goed ken, met al sy knegte sien aankom, roep en smeek hulle om hulp. Lasarus roep die honde terug en vra die mense wat hulle al so vroeg in Bethanië soek.

[2] `n Jong Leviet doen vir almal die woord en sê: 'Vriend, ons het vannag `n kragtige, donderende knal vanuit hierdie rigting gehoor, en ons wil maar net hier navraag doen of jy ons nie ietwat meer daaroor kan vertel nie. Toe ons hier aankom, loop hierdie vreeslike kwaadaardige honde ons soos rasendes met `n verskriklike gehuil tegemoet en maak duidelik aanstaltes om ons oombliklik in duisend stukke te skeur! Eén so `n ontsettende sterk leeuhond is al genoeg vir honderd ongewapende mense, - waarom het jy dan selfs sewe?! So kan geen mens tog ooit by jou gasvrye huis inkom nie!'

[3] Toe sê Lasarus vir die Leviet: 'In God se groot natuur gebeur daar tog dikwels genoeg iets ongewoons, - waarom dan ook nie `n keer `n harde knal nie? Gaan na Sicilië; daar sal jy baie dikwels sulke knalle hoor! Ons het die harde knal net so goed as julle gehoor en het ook geskrik, - maar ons het nie op `n ondersoek uitgegaan om te sien waar die knal vandaan gekom het nie; want daarvoor is daar nog genoeg tyd! Waarom is julle uit Jerusalem dan so besonder geïnteresseerd in die harde knal? Ek glo eerder dat julle om `n baie ander rede so vroeg en so gou hierheen gekom het, en nie vanweë die knal nie! Julle het met bose bedoelinge gekom, en dit het my wagters baie goed geweet, en daarom het hulle julle so woedend tegemoet gekom. Sê eers eerlik wat julle eintlik hier soek!'

[4] Daarop aarsel almal en een sê op sagte toon: 'Nou kan jy op hierdie wêreld glad niks meer doen nie, - ons is alweer verraai! Jy kan nou selfs nie meer die vier mure van jou woonkamer vertrou nie, ja selfs jou eie gedagtes nie meer nie; want die mense lees baie duidelik van jou gesig af wat jy gedink het!'

[5] Lasrus, wat goed gehoor het wat daar gesê was, sê: 'Ja, jy het gelyk! Die mense het dit nou al so ver gebring, dat hulle jou met baie groot sekerheid kan sê wat daar oor tien jaar met jou sal gebeur, en daarom vra ek julle nog `n keer baie vriendelik, waarom julle eintlik so vroeg hierheen gekom het. Die knal was maar `n voorwendsel, maar eintlik - om julle `n antwoord te bespaar - het julle maar net so vroeg gekom, om by my te kom spioeneer wie hom onder my dak bevind. Omdat julle as tempeldienaars julleself so vir my vererg, beraam julle selfs vandag, op so `n skitterende feesdag, planne om my van iets te beskuldig! Omdat ek egter lankal al die gemene planne teen my duidelik deursien het, het ek, omdat ek nou volledig Romeinse burger is, vir julle `n stewige grendel op my deur geplaas, wat julle met al julle ingebeelde krag nooit sal kan wegskuif nie. Ek sal altyd my verpligtinge as Judeër nakom, maar slegs - sê maar - dit, wat Moses voorgeskryf het; alle ander dinge gaan my niks meer aan nie! Het julle my verstaan?

[6] Gaan nou maar terug, en sê dit maar duidelik vir al julle meerderes! Sê ook vir hulle: Wee die tempeldienaar wat dit ooit sal waag om my huis met vyandige voornemens te besoek! Helaas, dit sal met hom sleg gaan! Ek laat almal met rus en gee elkeen sondermeer wat hom toekom. Wie meer van my wil eis, is `n dief en `n rower; want hy eis dit wat hom nie toekom nie, maar wat aan sy arm naaste behoort. En so iemand - ook al is hy duisendmaal `n priester - is my vyand, en mag solank ek lewe nooit in die omgewing van my huis kom nie! Onthou dit goed en hou rekening daarmee vir julle eie beswil! En maak nou dat julle wegkom, anders laat ek my wagters weer los!'

[7] Toe sê hulle geen woord meer nie en almal maak hulle so gou as moontlik uit die voete.

[8] Toe hulle in die tempel kom, vra die mense hulle dadelik wat hulle gesien en beleef het.

[9] Maar die Leviete sê: 'Met al ons slimheid kry ons niks meer daar gedoen nie, - daarmee is dit eens en vir altyd verby! Maar as julle, menere van die tempel, dit nie wil glo nie, gaan dan self en laat julle deur sy leeus verskeur en opvreet! Die honde is so afgerig dat hulle die mees geheime gedagtes van die mense ruik; julle hoef maar net `n bepaalde vyandige gedagte teen Lasarus te koester, - en die honde ruik dit al op `n afstand, en dan is dit met julle gedaan! Dit het ons gesien en vir `n deel ook enigsins ondervind. As Lasarus self nie op ons geroep, met minstens honderd knegte as hulp, geantwoord het nie, sou ons liggame hulle nou al in die buik van die groot verskeurende honde gewees het! Dit is alles wat ons gesien en beleef het; as julle ons egter nie glo nie, gaan dan daarheen en oortuig julleself!'

[10] Toe sê die owerste niks meer nie, maar inwendig verberg hy sy woede, en hy sê vir almal: 'Dit doen die laaghartige Galileër! As ons Hom nie gou gryp en uit die weg ruim nie, sal Hy die hele volk verlei, en dan kan ons almal maak dat ons wegkom! As die Galileër uiteindelik vandag weer na die fees toe sal kom, dan moet alles in werking gestel word om Hom uit die weg te ruim!'

[11] Toe sê die Leviet; 'Sien maar daarvan af. Staan die helfte van die volk dan nie al agter Hom nie?! En ken julle Sy onbegrensde mag goed? Hy deursien julle gedagtes lank voordat julle dit nog gedink het, en Hy kan julle daarom ook al vroeër vernietig as wat julle sou verwag!'

[12] `n Owerste sê: 'Wat kan Hy aan ons doen? Sy mag kom van Beëlsebul!'

[13] Die Leviet sê: 'Sekerlik, maar dan het hy sekerlik ook die leeus van Lasarus verbeëlsebul! Gaan daarheen met die voltooide ark van die verbond, met die staf van Aäron in jou hand, dan sal die woeste honde jou wel sê wat vir `n beëlsebulstyd dit is! Die Galileër was immers al meermale hier in die tempel om die volk ongehinderd en openlik onderrig te gee; wat kon julle toe met al julle woede uitrig? Niks! Wat sal julle dan vandag teen Hom kan uitrig? Hy sal kom, en onderrig gee waar julle by is, en julle sal teen Sy sogenaamde mag van Beëlsebul niks kan uitrig nie!'

[14] `n Owerste sê: 'Is julle dalk ook deur Hom verlei soos die dom volk, wat daarvoor vervloek is?'

[15] Die Leviet sê: 'Dit beslis nie; maar soveel gesonde verstand het ek wel, dat ek baie duidelik kan insien wat moontlik en wat nie moontlik is nie! Ons het van baie betroubare en waaragtige getuies gehoor waartoe die Galileër alles in staat is. Maar as julle tog `n konfrontasie met Hom wil aangaan, dan sal dit uiteindelik ook egter goed blyk wie daar sonder enige twyfel dan net so sekerlik aan die kortste end sal trek, soos ons ook vandag in Bethanië aan die kortste end getrek het!'

[16] Die Owerste sê: 'Dit sal ons almal nog goed sien; ons is nie bang vir Hom nie! - En gaan nou aan met julle werk!'

[17] Daardeur het die Leviet sy meerdere tog nog laat twyfel, en daarom kon Ek daarna vryer in die tempel rondbeweeg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205