Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die werking van die wyn

187 Maar Ek sê vir hulle: 'Beste vriende en broers, as wyn in die korrekte maat gedrink word, is dit versterkend en maak alle liggaamsdele kragtig en gesond; maar wanneer dit oormatig gedrink word, wek dit die bose geeste in die liggaam op en verdoof die sintuie. Die bose geeste wek dan egter liggaamlike luste op, by name onkuisheid en ontug, waardeur die hele siel dan vir `n lang tyd onrein, en daardeur ook ontevrede, twissiek, traag en dikwels haas heeltemal doodgaan. Let daarom by die drink van wyn op die korrekte maat, dan sal julle liggaam rustig bly!'

[2] Petrus sê: 'Heer, is ons dan ook besete, omdat U nou praat oor bose geeste in ons liggaam?'

[3] Ek sê: 'Sekerlik; want die liggaam en die bloed van elke mens sit vol natuurlike, bose geeste, wat boos genoem kan word omdat hulle onder die oordeel staan; as hulle nie onder die oordeel sou gestaan het nie, sou hulle nie in julle vlees en bloed gewees het nie. Maar wanneer die liggaam van julle afgeneem word, sal dit nie lank daarna uiteenval, en sy geeste sal dan reeds na `n vryer bestemming gelei word.

[4] Maar nie net in julle liggame nie, ook in alle elemente is sulke geeste, wat nog lank nie goed genoem kan word nie. Slegs vir diegene wat reeds deur My rein geword het, is alles rein en goed deur die bestemming wat dit vanuit God in hom dra.

[5] Kyk, `n klip wat heeltemal dood op die grond lê, is eintlik slegs skyndood! Beledig hom maar eens deur hom hard te slaan of te vryf, dan sal hy julle wel deur wegspattende vonke toon dat hy heeltemal uit geoordeelde geeste bestaan! En as jy hom baie verhit, sal hy sag word en uitmekaar vloei. En as dit nie so was nie, waarvan sou die mense dan andersins hulle geliefde glas van gemaak het?

[6] Dus, bose en nog onsuiwer natuurgeeste is orals waar liggame, water en lug is, en die aardse vuur is niks anders as `n verlossing van reeds ryper geworde geeste nie, wat daarna dan weer `n hoër bestemming kry.

[7] Maar tog is daar `n groot verskil tussen die bose geeste waardeur mense dikwels besete word, en die onsuiwer natuurgeeste waaruit die hele aarde in al haar deeltjies en elemente bestaan; maar hulle het wel so `n verwantskap en wedersydse wisselwerking, dat `n mens wat sy liggaamlike natuurgeeste nie te veel opwek nie, ook nie maklik liggaamlik deur die egte bose mensesiel-geeste besete kan word nie.

[8] Juis daarom waarsku Ek julle dan ook vir alle hartstog, want dit is op sigself `n gevolg van die wakkerskud van verskillende vlees-en bloedgeeste. As hulle eenmaal wakker is, voeg onrein siele van gestorwe mense, wat hulleself dikwels nog in hierdie onderste aardse sfeer bevind, hulle ook nog baie gou daarby; en as dit gebeur, is so `n mens in volle erns besete. - Verstaan julle dit?'

[9] Die leerlinge sê: 'Ja, Heer, want sulke dinge het U ons immers al meermale uitgelê, maar tog nooit so onomwonde en duidelik soos nou nie, en daarvoor is ons U baie dankbaar en ons sal in hierdie nag dan ook geen wyn meer drink nie.'

[10] Ek sê: 'Doen dit, dan sal dit in die oggend met julle goed gaan; want in `n nugter liggaam sit `n gesonde siel, en `n gesonde siel is die beste dokter vir `n siek liggaam!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205