|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 125
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die gees van die mentor van die priestervroue verskyn
125 Toe sê die Minervapriesters: 'Heer, vir sover ons huidige insig dit toelaat, is daar nouliks meer iets wat ons U ten behoewe van die teenswoordige stand van ons kennis sou kon vra, omdat U ons al byna te veel getoon en geleer het; maar iets sou U vir tog nog vir ons vroue kon doen, naamlik dat U die siel van ons mentor vir ons laat sien, sodat ons onsself daardeur van die verder lewe aan die ander kant vooraf nog meer en deegliker kan oortuig.'
[2] Ek sê: 'Dit is `n ietwat onverstandige wens van julle - want ten eerste is julle nog lank nie in staat om `n gees te sien nie, omdat `n gees slegs met geestelike oë, maar nooit met liggaamlike oë gesien kan word nie, en ten tweede is die siel van julle voormalige mentor ook nog lank nie in so `n lewenstoestand dat sy verskyning `n bepaalde nut vir julle sou kon verskaf nie; - maar omdat julle dit dan tog so belangrik vind en van mening is dat dit julle geloof baie sou versterk, kan dit julle uiteindelik ook nog wel toegestaan word. - Isma kore! - kom en praat!'
[3] So roep Ek die siel van die mentor. En daar ontstaan `n groot gedruis in die saal, uit die bodem styg rook op asof daaronder `n brand was, en in die middel uit die rook kom die gees met `n woedende gesig te voorskyn en sê vir die vroue: 'Waarom steur julle, ongelowige vroue, my in my rus waarin ek besig is met my vervolmaking, en in aangename geselskap is van geeste wat net soos ek is, en waar onderlinge rusie en onenigheid ondenkbaar is?
[4] Ek het die belofte wat ek julle gegee het, lankal afgelos en julle ook duidelik gesê hoe nikswerd die leerstellinge van Diogenes is. Dit strek die mens wat dit kan aanvaar, tot groot skande, omdat dit niks meer as ellendige leuens is nie, `n bespotting van die hoogste Wysheid van `n ewige, almagtige God! Maar julle meen dat dit `n droom was en `n spel van julle fantasie!
[5] Het julle verstandjies dan nie gesê dat die mens `n baie wonderbaarlike werk is van `n groot, wonderbaarlike almagtige Skepper nie, en dat daarin niks kan plaasvind wat nie `n oorsaak en `n wyse doel het nie?! Dit het ek julle tydens my aardse lewe tog dikwels gesê; maar daaraan het julle geen waarde geheg nie, want julle was maar net daar om te doen, deur mekaar te bewonder vanweë julle stoïsynse wysheid. Maar desondanks knaag die twyfel voortdurend tog aan julle harte, waarop ek baie duidelik opnuut moes verskyn het, wat ek nie wou doen nie.
[6] Maar nou het daar `n hoër Gees by julle gekom en het julle onderrig. Waarom glo julle Hom dan nie volledig nie? Waarom vra julle my as getuie van Hom, wie se Naam ek nie waardig is om uit te spreek nie? O julle vreeslike dwase vroue! Helaas, as die groot Gees nie nou hier was nie, sou julle almal `n flink oorveeg van my af gekry het! Onthou egter, dat dit met julle baie sleg sal gaan as julle my nog `n keer in my rus sal steur!'
[7] Daarop verdwyn die gees plotseling, en die vroue kon niks vir hom sê en durf dit ook nie sê nie.
[8] Maar Ek vra hulle: 'Wel, is julle tevrede met julle mentor?'
[9] Die priesteresse sê: 'O Heer, helaas, hy kan gerus in sy dom rus bly! As sy geselskap in die hiernamaals presies soos hy lyk, sal hulle nog baie lank aan hulle lewensvervolmaking moet werk. Hy is tog wel ontsettend grof en ru! Tydens sy lewe by ons ouers tuis was hy die mees beskeie en saggeaarde mens, en as gees is hy nou gloeiend van woede! Hoe is dit moontlik? Het hy op hierdie wêreld dan `n ander siel gehad?'
[10] Ek sê: 'Dit tog nie, - maar op dié wêreld het sy siel baie verstandig haar eintlike ‘ek’ verberg en haar baie anders na buite getoon as wat sy innerlik was; maar in haar naaktheid werk dit nou natuurlik nie meer nie. Want aan die ander kant kan geen enkele siel haar uiterlike anders voordoen as wat sy innerlik is nie; en daarom kon julle mentor hom nou ook nie anders aan julle voorgedoen het as wat hy is nie, en hoe hy innerlik ook eintlik altyd ten opsigte van julle gesind was nie. Sy beskeidenheid en sy sagmoedigheid was slegs `n spel, innerlik het dit baie anders daaruit gesien!
[11] Verlang daarom in die vervolg veral dat geen gees julle meer moet leer nie, maar leef volgens My leer, sodat julle daardeur in staat sal wees om `n volledige verbinding met My Gees aan te gaan, - dan sal julle die harde lesse van sulke geeste maklik misloop!'
[12] Dit stel die vroue volledig tevrede en hulle verloor elkeen die verlange om ooit nog êrens so `n mentorgees te ontmoet.
[13] Daarop raai Ek almal aan om nou te gaan rus, wat elkeen dan ook dadelik doen. Ek en die leerlinge doen dit ook en ons neem ons plek op ons rusbanke in.
[14] Die nag gaan gou verby en ons staan op. Toe ons die saal wil verlaat, kom Jored ons al tegemoet en vra My om te wag op die oggendete, wat dadelik gereed sou wees.
[15] Maar Ek sê: 'Gee ons maar net ietwat brood en wyn, dan gaan ons dadelik weg, sodat die priesters met hulle vroue, wat dadelik sal kom, ons nie meer hier sal aantref nie!'
[16] Dit gebeur. Ons neem brood en wyn en gaan toe dadelik weg, nadat Ek Jored se huis en al sy mense nog eers geseën het.
|
|
|
|
|