|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 202
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Arbeiders besoek die Heer op die Olyfberg
202 Daarna gaan almal teen die Olyfberg op, waar Ek juis met die leerlinge en met Lasarus gesit en eet het en waar die dertig Romeine hulleself ook bevind en ook gesit en eet het. Daar aangekom, vra hulle `n kneg van die herberg of Ek daar was. En die kneg beaam dit. Toe die ongeveer sewentig man die heuglike berig hoor, juig hulle en vra die kneg om na binne te gaan en My te vra of hulle by My in die vertrek mag kom.
[2] Die kneg gaan na binne en vra dit vir My.
[3] En Ek sê vir hom: 'Gaan na buite en sê vir hulle, die Een wat jou gestuur het sê: ‘Wie honger het, laat hulle kom en hulle versadig, en wie dors het, laat hulle kom en drink! Want wie deur My versadig word, sal in ewigheid geen honger meer hê nie, en wie van My wyn gedrink het, sal nooit meer dors hê nie; want uit sy lendene sal bekers lewende water stroom.’ - Gaan nou na buite en sê dit vir hulle!'
[4] Die kneg gaan gou na buite en bring dit woordeliks aan die manne oor.
[5] Toe hulle dit hoor, weet hulle nie waaraan hulle toe was nie en vra hulleself af of Ek hulle dalk hier vir niks wou laat eet het, maar hulle vind hulleself te onwaardig om dit aan te neem.
[6] Daarom sê hulle, (die sewentig), vir die kneg': 'Doen ons `n guns en gaan nog een keer na binne en sê vir die goeie Heer en Leraar, dat ons nie hierheen gekom het vir ete of drinke nie, maar slegs om van Hom af nog `n paar woorde van lig en lewe te hoor!'
[7] Daarop gaan die kneg weer die kamer binne.
[8] Maar Ek kom hom self tegemoet en sê vir hom: 'Ek weet al wat jy vir My moet sê. Gaan jy maar weer aan met jou werk, Ek sal wel self met die manne praat!'
[9] Die kneg verdwyn, en Ek kom na buite na die manne toe en sê vir hulle: 'Wie ore het, laat hulle hoor en verstaan, en wie oë het, laat hulle sien en verstaan! Julle het hierheen gekom ter wille van die ware spys en die ware drank wat Ek julle wil gee. Voedsel vir die liggaam doen niks vir die ewige lewe van die siel nie, dit doen slegs My woord en julle geloof, en die handeling volgens die woord. My woord is die ware spyse, en julle geloof en julle handelwyse is die ware drank. Kom daarom almal wat vermoeid en belaai is na My toe, want Ek wil julle almal versterk!'
[10] Die manne sê: 'O meester, hoe goed en wys is U! As U dit toelaat, sou ons graag in die vertrek wil inkom en daar wag op die geestelike spys van U, o Heer en Leraar; belig ons met `n paar woorde van sterkte om ons op te wek. Maar kyk, by ons is sy wat deur U groot wysheid vandag in die tempel aan die brutaliteit van die Fariseërs ontkom het, en ook haar armsalige eggenoot! Hulle het beide saam met ons gekom om U nog eens te bedank vir die groot weldaad wat aan hulle bewys is! As U wil, kan hulle ook saam met ons in die vertrek ingaan.'
[11] Ek sê: 'Ek het tog in hierdie wêreld gekom sodat almal na My toe sal kom wat op een of ander wyse vermoeid en belas is. Want Ek is `n ware geneesheer, wat na die siekes gaan en hulle help, en is nie na hulle gestuur wat die geneesheer nie nodig het nie. Kom almal dus nou in die vertrek in!'
[12] Ek gaan dus weer die vertrek in en almal volg My.
[13] Die herbergier het intussen al `n groot bruilofstafel neergesit waaraan die ongeveer sewentig man en die vrou ruim plek kry. Toe almal aan die tafel gesit het, vra die herbergier hulle of hulle iets wou eet of drink.
[14] Daarop antwoord een van hulle: 'Vriend, ons is almal min of meer arm en het nie voldoende geld om `n beker wyn te bestel nie; bring ons daarom maar net brood en `n paar kruike water, daarmee is ons ook tevrede! Ons is almal dagloners en lewe van die werk van ons hande. Hierdie tien feesdae is vir ons die slegste tyd, omdat ons dan nie mag werk nie. As ons egter geen werk het nie, het ons ook geen inkomste en dus geen geld waarmee ons, behalwe ons daaglikse brood, nog iets anders sou kon aanskaf nie, omdat die bietjie wat ons gespaar het, al byna op is.'
[15] Die herbergier sê: 'Maar julle het tog sekerlik vroue en kinders! Waarvan lewe hulle dan, as dit al so sleg met julle manne gaan?'
[16] Die man wat so ewe gepraat het sê: 'O vriend, die geluk is vir ons, behalwe hy wie se vrou by ons is, nie beskore nie! Vroue is daar nou slegs vir die rykes op die wêreld; ons armes kan geen vrou neem nie, laat staan nog onderhou. Kyk, ons is ongetroud en hoef nie vir `n vrou en kinders te sorg nie! In hierdie uiterste slegte tyd kan ons nouliks vir ons self sorg; hoe sou dit dan wel met `n vrou en kinders moet gaan? Dank JaHWeH God dat ons ongetroud is!'
[17] Toe sê Lasarus: 'Maar, beste mense, as julle in Jerusalem so knap daarin sit, waarom kom julle dan nie na my toe in Bethanië nie? Daar sal julle werk in oorvloed vind! En by my kan niemand homself bekla dat hy dit ooit te knap het nie.'
[18] Die man sê: 'Dit is aan ons bekend; maar ons weet ook dat elkeen uit die verre omtrek na u toe gaan en by u werk en verdienste soek, en daarom durf ons u nie lastig val nie. Maar binnekort sal ons wel van u aanbod gebruik maak.'
[19] Daarop gee Lasarus die herbergier opdrag om al hierdie mense ryklik van brood en wyn te voorsien. En die herbergier met sy bediendes bring voldoende brood en wyn.
[20] Toe hierdie gaste ook die wyn sien, spreek hulle hulle dank uit, en een van hulle sê vir Lasarus: 'Heer, die drink van die wyn sal goed gaan, maar die betaal sal minder goed gaan! Ons sal die rekening egter beslis na die feesdae terugbetaal.'
[21] Lasarus sê: 'Eet en drink sonder sorg; want wat julle hier verteer, is reeds voor betaal!'
[22] Almal vra nou wie dit alles al betaal het; want dit wou hulle graag weet om sodoende hulle dank op passende wyse vir die weldoener te bring.
[23] Maar Lasarus sê: 'Vra nie daarna nie, maar eet en drink; want die weldoener is al volkome tevrede met julle goeie wil!'
[24] Daarop staan almal op en sê: 'Hiermee bring ons dan ons groot dank aan die weldoener wat onbekend wil bly!'
[25] Eers toe gaan hulle weer sit en begin om te eet en te drink.
|
|
|
|
|