Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 233

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die belang van kennis

233 (Die Heer:) 'Moses was self `n groot meester in alle moontlike vakke van die menslike kennis. Daar het in Egipte geen groot misterie bestaan waarin hy nie ingewy was nie, en die ou Egiptenare het ook sulke oogwapens besit, ook al was dit nie so volmaak soos die van die genoemde latere geleerdes nie, en hulle kon die planete daardeur baie goed ontdek en hulle kringloop ook redelik goed bereken, waarvan hulle diereriem te Diathira nog hede ten dae die duidelikste bewys lewer. Die suiwere wetenskap en hoofwetenskap was natuurlik slegs in die hande van die priesterkaste; die gewone volk moes hulle tevrede stel met wat die priesters sê.

[2] Maar Moses, wat in `n sekere sin `n prins aan die koninklike hof was, was in alles ingewy, sonder om daardeur ook maar in die minste te begin twyfel aan die geloof van Israel, wat hy van sy moeder, wat aan die hof sy voedster was, geleer het. En so kon Moses dan ook eerste tot die heel suiwere kennis van God kom, omdat sy hele verstand al `n suiwer en passende vooropleiding ondergaan het.

[3] Daarom sê vir Ek julle ook dat `n suiwer en goed gefundeerde kennis van die hele aarde - so moontlik in al haar dele - en haar beweging, en haar presiese grootte, en die sterrehemel in al haar verskynings daarby, vir `n suiwer gemoed voortreflik daarvoor kan sorg om tot die ware samehangende kennis van God te kom, waarsonder dit vir die mense geen ware heil inhou nie. Want slegs hy wat God waarlik ken, kom tot God en is eintlik reeds by God; maar hy wat God nie ken nie, kan ook nie by God kom nie, omdat hy God nie ken nie en dus ook nie by God is nie.

[4] Want tot God kom beteken, om reeds deur die suiwer kennis en liefde by God te wees, omdat sonder die suiwer en ware kennis ook niemand God waaragtig kan liefhê nie.

[5] Wat het jou siel daaraan as jy ook aan `n God glo wat êrens agter alle sterre aanwesig is en ook glo dat Hy van daar af, soos uit `n eie sentrum, deur Sy almag alles hoor en sien en alles skep, onderhou en regeer, en dat Hy so met Sy mag alles deurdring en orals teenwoordig is. Dan ken jy God tog nie in die minste nie en is jy in jou hart nog baie verder van Hom af verwyder as die eindelose afstand waarop jy Hom vir jou voorgestel het! Jy is dus deur so `n baie mistige nagtelike besef van God, beslis nog baie ver van Hom af, kan Hom onmoontlik liefhê, maar slegs so `n halfgelowige vae vrees en eerbied vir Hom hê. En met hierdie kennis- en gemoedsinstelling kan niemand by God wees nie, en van `n ware liefde kan in hierdie geval nooit sprake wees nie.

[6] Of wat sou `n troulustige jongman sê wat naby in die buurt sommige dogters ken wat hom baie goed aanstaan, en waarvan hy een wat daar is met sy hele hart sou liefhê, wanneer mense vir hom sou sê:' Hoor eers, hier is niks vir jou nie! Vir jou is daar `n bruid in die verste uithoeke van die wêreld, word verlief op haar, reis daarheen en neem haar tot jou vrou!?’ Sal hy julle dan nie vra nie: 'Ja, maar waar is sy? Is sy in die ooste of in die weste, in die suide of in die noorde'? En julle sal hom onmoontlik na waarheid iets anders kan sê as: 'Ja, dit weet ons self nie, maar sy sal êrens iewers wees, hou maar van haar en soek haar!' Dink julle dat die jongman ooit op `n meisie verlief sal kan word wat so ver van hom af weg is, of dat hy so gek sal wees om haar in al vier windstreke te gaan soek? Ek sê vir julle dat hy gladnie daaroor sal kwel nie! - En met die liefde vir `n volkome onbekende en êrens ontsettende ver weg synde God gaan dit nie baie beter nie.

[7] Maar wat is dan die ander bose gevolg daarvan? Omdat die mense `n verafgeleë en te onbekende God nie ken en nog minder kan liefhê nie, maak hy vir homself naby-gode, wat hy dan eer, liefhet en aanbid, en waaraan hy allerlei offers bring. Vir die een ware God bou hy weliswaar ook `n leë tempel, waarin slegs baie min lig mag deurdring, - en dit word aan die onbekende God gewy. Die Romeine het daarvan hulle blinde fatum (noodlot) gemaak, wat selfs oor al hulle gode heers. Daardeur kom tog wel voldoende na vore waartoe `n slegte kennis van God die mense mettertyd bring.

[8] En omdat Ek, as die steeds so verweg gedinkte en geloofde JaHWeH, nou julle mense se allernaaste is, daarom verklaar Ek julle graag dit wat julle en julle nakomelinge tot die ware kennis van God en tot die trouste liefde vir Hom kan bring. En dus sal Ek dan ook jou twee vrae baie kortliks beantwoord.

[9] Kyk, die komeet waaroor jy `n uitleg gekry het, het op groot afstand van die son heeltemal geen stert nie, maar slegs `n newelagtige damp om sy kern! Eers wanneer hy in die omgewing van die son kom, vorm hy `n stert, as gevolg van sy baie groot snelheid. Want deur hierdie snelheid, wat by baie komete so buitengewoon is dat hulle in die omgewing van die son dikwels in enkele oomblikke 80, 90-100 000 ure ruimteweë aflê, kan die baie ligte eterdamp nie so gou deur die ruimte vlieg soos die aanmerklike swaarder kern en die direk omgewende digter damp nie, en so geskied daardeur ongeveer dieselfde as wanneer jy `n nog sterk gloeiende en `n net so sterk rokende stuk hout sou neem en dit ver weg deur die lug sou gooi; jy sou dan sien dat die rook as `n baie ligte liggaam agter die gloeiende vlieënde stuk hout, ook as te ware, `n komeetstert vorm.

[10] Hierdie atmosferiese lug is weliswaar baie digter as die suiwer eter, maar by so `n snelheid word dit ook al in die eter sigbaar. Want ook dit bevind homself nog in tyd en ruimte en is dus `n stoflike iets, hoewel sy oergrondstof, vergeleke met die verdigte stof van `n aardse wêreld, bykans gewigloos is, soos wat ook hierdie aardse lug wat op sigself altyd nog `n liggaam is wat gewig het - anders sou dit by `n sterk beweging nie in staat gewees het om die magtigste bome te ontwortel nie, - maar onder water lyk lug volledig gewigloos.

[11] Omdat eter op sigself ook iets stoflik is, kan hy die damp van `n komeet by sy baie groot snelheid dus ook wel in `n natrekkende dampstert verander. - Dit kan jy nou goed verstaan?!'

[12] Toe sê Lasarus en al die ander: 'Ja, Heer, U, ons enige liefde, dit is nou sonhelder! As hierdie dinge so uitgelê word, moet selfs `n kind dit verstaan! Ons aarde was dan sekerlik ook so `n komeet?'

[13] Ek sê: 'Baie beslis, - weliswaar nie uit hierdie son gebore nie, maar uit `n ander, baie groot son, maar dit maak egter nie saak nie; want ook uit die oersentraalson word sulke aarde vormende komete met nog groter krag in die onmeetlike ruimte na buite geslinger, kom dan in die omgewing van die kleinere planetêre sonne en word daardeur aangetrek, onderhou en netjies as haar eie kinders versorg en tot behoorlike aardliggame opgevoed.

[14] Dit weet julle nou, en dus sal ons op die versoek van Lasarus nog `n blik op die eens komende kykwapens werp. Wel, om dit vir julle uit te lê, sal ietwat moeilik wees, maar ons sal sien wat daaraan gedoen kan word!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205