Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Christen as sakeman. Oor die betaal van beskerming en die aanhou van slawe. Die gedrag ten opsigte van afgodepriesters

92

[1a] Die Heer: “As My opvolgers in latere tye egter net soos die Fariseërs hulle vir hul lesse met geld en allerlei ander dinge sal laat betaal, dan sal die Vader in die hemel hul versoeke ook absoluut nie meer verhoor nie, en hulle laat versink in allerlei sonde en ernstige kwale. (Matthéüs 10:08)

[1b] Ek gee aan julle allerlei gawes verniet, en julle moet dit aan die ander mense ook weer verniet gee. As arts kan jy jou egter wel deur die rykes laat betaal, - maar nie deur die armes nie!

[2] As jy egter af en toe aan iemand My leer gee, sien dit dan as `n betaling wanneer hy die leer met `n vreugdevolle hart aanneem en daarvolgens leef. Want as iemand eenmaal die leer aangeneem het, sal hy tog alreeds so `n vriend van jou word, dat hy sal sê: “Wat myne is en was, is nou ook joune, en ek wil nie dat jy nood ly nie!” 

[3] Ek sê vir julle: Wat die mense self vanweë My leer met `n vreugdevolle hart vir julle wil doen en aan julle wil gee, neem dit gerus aan en gebruik dit vir die welsyn van julle en julle naaste, en die barmhartigheid van God sal julle nie daarvoor ontneem word nie, van watter aard dit ookal mag wees! Maar as julle van iemand betaling daarvoor verlang, word julle dadelik die barmhartigheid van God ontneem, net soos wat die barmhartigheid nou ook die Fariseërs en starre Judeërs ontneem word en aan die heidene gegee word. Dink dus goed daaraan en handel daarvolgens, dan sal julle julle daardeur alle moontlike barmhartigheidskatte uit die hemele versamel, waaraan julle meer sal hê as aan alle skatte van hierdie wêreld! - Verstaan julle dit?”

[4] Jored sê: “Heer, dit verstaan ons nou baie duidelik; maar wat vind U van my tollenaarsbedryf, wat ek hier op die water en op die land uitoefen? Dit het eintlik maar baie weinig met naasteliefde te maak! Opgee kan ek dit egter ook nie so maklik nie, omdat dit `n openbare staatsbedryf is; hou ek daarmee op, dan neem `n ander dit oor, wat van die reisende handelsliede en veral van die vreemdelinge nog meer sal eis as ek, terwyl ek daarby tog al menigeen wat niks het nie, vir niks die tolboom laat sak het. Wat sou U wil daarmee wees?” 

[5] EK sê: “Wat jy is, moet jy bly! Maar wees redelik in jou eis aan die armes; laat die rykes daarenteen behoorlik ietwat meer gee!

[6] Die hef van tol is egter goed vir die land omdat dit andersins alreeds spoedig oorspoel sou word deur groot karavane met allerlei ware, waardeur daar weldra `n tekort aan eie lewensmiddele sou ontstaan het. Daarom moet jy juis van die talle vreemde handelsliede nog meer belasting eis, sodat hulle die begeerte sal onderdruk om te veel met hul ware na hierdie land te kom. Maar vir jou eie mense moet jy daarenteen meer redeliker wees! Nou weet jy ook wat jy in hierdie opsig moet doen, en waarop jy moet let.

[7] Ook jou herberg is goed; let egter ook op dieselfde dinge! Wees redelik teenoor jou binnelandse mense en regverdig teenoor die vreemdelinge! Verlang van jou eie bevolking die werklike waarde en van die vreemdelinge `n regverdige wins!

[8] Maar as daar `n vreemdeling kom wat niks het om jou te betaal nie, skenk hom dan die rekening, en as hy uiteindelik My leer aanneem, gee aan hom dan nog reisgeld daarby, dan sal die Vader in die hemel jou dit ryklik beloon! Dit moet elke koopman ook doen, en hy moet eerlik wees met sy mate en gewigte; want met dieselfde maat as waarmee mense meet, sal dit hulle vergeld word!” 

[9] Die tollenaar sê: Nou egter nog `n vraag, Majesteit en Heer! U weet dat ons hier meestal met Grieke saamwoon en allerlei handel dryf, soms selfs jammer genoeg mensehandel, soos wat dit onder ons heidene reeds van oudsher gewoonte en gebruik was. Ek moes my vroue selfs almal koop! Hulle was eers maar net my slavinne; omdat hulle egter ywerig was en hulle vir my ingespan het, het ek aan hulle hul vryheid gegee en het hulle daarna as vroue geneem. Die helfte van my dienaars en arbeiders is nog slawe. Moet dit so bly, of moet ook daar `n verandering daarin bewerkstellig word?”

[10] EK sê: “Wat deur die staatswette in stand gehou word, kan jy nie verander nie; laat dit so bly totdat die staat self `n verandering daarin bring. Maar wees jy ook vir die slawe goed, redelik en regverdig; want ook hulle is mense en kinders van een en dieselfde Vader in die hemel. As jy weer `n slawemark besoek, koop hulle dan tog maar so veel as wat jy wil, en hou hulle, en maak vrye, ootmoedige mense van hulle, dan sal jy jou daarmee `n groot skat in die hemel verwerf! Maar jy moet daar nooit weer een verkoop nie; want om mense te verkoop is `n gruwel voor God! Waar My leer egter eenmaal wortel sal skiet, daar sal die gemene slawehandel ook vanself ophou. - Dit is weer iets waarop jy moet let!

[11] Jy het egter nog `n vraag op jou hart omdat jy ook nie weet wat jy nou met die heidense afgodspriesters moet doen nie, wat ook meestal jou gaste is en graag by jou langs kom. Ek sê vir jou: Laat hulle voorlopig wees wat hulle is! Self glo hulle nog minder aan hul afgode as wat jy voorheen daaraan geglo het; maar hulle het as sodanig hul amp en brood, en sal daarom nie maklik afsien van wat hulle is nie. Maar mettertyd kan jy wel rustig iets van die een of ander van My leer aan hulle vertel, en dan sal hulle julle weinig of geen moeilikheid besorg nie. Langsaam maar seker sal ook die afgodstempels verdwyn. Maar Ek gee aan julle nogtans geen opdrag om hulle te vernietig nie; want dit is ruim voldoende dat hulle in julle harte vernietig is.

[12] As een van die priesters egter iemand met geweld sou dwing om in sy afgode te glo en aan hulle die vereiste offer te bring, vertel aan hom dan die volle waarheid! Wil hy hom dit nie laat vertel nie, roep My dan in jou gees aan, en doen in sy teenwoordigheid `n teken in My Naam! As hy dit sien, sal hy wel glo, ten minste as hy enige waarheidsin in sy hart het; glo hy egter nie, laat hom dan gaan - en bly julle by die waarheid van My leer! Want die denke en handel van die goewerneurs van Rome is nou daarop gerig om die mense volkome vry te laat wees in kennis, denke en geloof.

[13] Wanneer so `n heidense priester egter julle geloof van die lig aanvaar, steun hom dan as lid van die nuwe gemeente van God op aarde as hy ondersteuning nodig het, en sorg vir sy tydelike lewensonderhoud; het hy dit egter nie nodig nie, laat hom dan jou vriend wees!

[14] Wel, nou is ook vir hierdie geval gesorg, sodat julle in elke geval dit wat hinderlik sou kon wees vir My leer, presies kan weet wat julle moet doen! En omdat ons nou niks meer te bespreek en te behandel het nie, gaan ons weer na buite. Miskien doen daar hom hier of daar iets voor wat ons in die geleentheid stel om dieper daaroor na te dink!”

[15] Die voorstel was vir almal goed en ons het na buite gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205