|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 115
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die houtdiewe
115 Toe Petrus dit gesê het, sien ons verskeie vlotte wat stroomafwaarts geroei word, sodat hulle vinniger vaar as wat die water stroom.
[2] Petrus vra daarop aan Jored: 'Vriend, waarom roei die mense so; dit is by so `n snelstromende rivier tog nie gebruiklik nie?'
[3] Jored sê: 'Dit is houtvlotters wat waarskynlik nog vandag in Samosata wil wees. Dit is hier `n ou gebruik dat houtvlotters oordag, dit wil sê solank die son nog nie ondergegaan het nie, hier tolvry mag verbyvaar; as hulle egter hierlangs kom as die son al ondergegaan het, dan moet hulle hier aan land gaan en tol betaal, omdat hulle anders beboet word. Kyk, dit is die rede waarom hulle hulle vlotte nou so kragtig stroomafwaarts roei! As hulle so deurgaan, is hulle maklik binne twee uur in Samosata en sal nog binne die voorgeskrewe tyd daar aankom. `n Halfuur later sou hulle daar al boete moet betaal. So is dit!'
[4] Petrus sê: 'Ja, maar waarom `n boete? By my aan die Galilese see kan `n skip aankom wanneer dit maar kan en wil, en daarvoor hoef hulle geen boete te betaal nie; want aan toevallige, onvoorsiene hindernisse, waardeur mens op die water baie dikwels opgehou kan word, kan mens tog niks aan doen nie. Waarom dan `n boete?'
[5] Jored sê: 'Vriend, op jou manier het jy weliswaar gelyk; maar ook die boete hier is korrek en tereg. Want alle gebruikers van die water van hierdie magtige stroom tot waar dit bevaarbaar word, weet by elke stand van die water presies wanneer hulle van hulle stapelplek moet vertrek om op die regte tyd by die eersvolgende plek van bestemming aan te kom. As hulle hulleself nie daarby hou nie, kan hulle met `n vaart wat tot in die nag voortduur, maklik verongeluk omdat daar baie gevaarlike plekke in die rivier is waar ervare houtvlotters selfs oordag moet oppas om sonder ongelukke daarvan af te kom. Snags moet dit uiters moeilik wees om sulke gevaarlike plekke heelhuids verby te gaan. Om soveel moontlik te voorkom dat mense hulle maklik `n ongeluk op die hals haal deur hulle nie te hou by die algemene bekende voorskrifte vir die bevaarding van die stroom nie, het mense, met toestemming van die keiser, hierdie voorskrifte vir die riviervaart bekragtig, waardeur oortreders `n paslike boete in geld of natura opgelê kry. Die opbrengs hiervan gebruik mense dan vir die onderhoud van goeie landingspleke en vir die verwydering van hindernisse wat toevallig in die stroom ontstaan, vir watter doel die watertolgelde en landingsbelasting ook ten dele gebruik word. En kyk, vriend, so is dit tog `n regverdige saak?!'
[6] Nou sê Ek: 'Vriend Jored, maar wat gebeur dan as daar byvoorbeeld - soos wat dit hier die geval is - diewe kom wat vlotte wat op die water gelê het en wat reeds saamgebind was, en wat gereed was om op `n bepaalde tyd te vertrek, die vlotbewakers snags onskadelik gemaak het, die vlotte losgemaak en so gou moontlik weggevaar het, wat nou by die ietwat hoër waterstand baie goed moontlik is?'
[7] Jored sê: 'Heer, wat sê U?! As dit so is, moet ons hulle tog oombliklik probeer aanhou en hulle gryp! Hulle kom nou juis in ons omgewing!'
[8] Ek sê: 'Maak jou maar nie daaroor bekommerd nie; want hulle sou lankal hier verbygedryf het, as Ek hulle ondanks al hulle moeite nie belemmer het om verder te vaar nie! Maar nou kom hulle tog baie langsaam in ons omgewing en ons sal dan wel weet om hulle teen te hou!'
[9] Jored sê: 'Nou wag maar, julle gemene spitsboewe, daar sal `n end gemaak word aan julle praktyke! - Heer, het hulle die vlotwagters dalk ook nog vermoor?'
[10] Ek sê: 'Ongetwyfeld, maar die wag het bestaan uit waakhonde. Hierdie diere het hulle vlotte woedend verdedig en twee van die diewe was deur hulle gebyt; maar aan die einde van die geveg is die diere deur die diewe doodgeslaan en in die water gewerp, en die diewe het die vlotte vinnig losgemaak en gou weggedryf, voordat die mense, wat deur die lawaai van die honde gewek was, daarby kon kom. Hulle het dadelik daarna mense oor die water en oor land agter hulle aangestuur, maar hulle het hulle tot nou toe nog nie kon inhaal nie. Hulle op die water sal nou wel nie so lank op hulle laat wag nie; maar die oor land sal eers teen middernag heeltemal uitgeput hier aankom. Ons sal hulle, dit wil sê hierdie houtvlotters, sodra die son ondergaan, na die oewer trek, wat baie gou sal gebeur, en jy, Jored, laat jou beamptes dan dadelik die landingsgeld opeis! Intussen sal die eienaars van hierdie houtvlotte, wat hulle agtervolg, aankom, en dit sal `n heel ander verhaal word! Laat jou beamptes nou gaan, want hulle sal baie gou teen die oewer moet stamp, omdat Ek dit so wil!'
[11] Jored ontbied nou gou sy beamptes, en die kom en gaan om die vlotte in te wag, sonder om egter te weet wat se gespuis die houtvlotters was. Die eerste vlot het digby die oewer gekom en die beampte eis die geld van die vier houtvlotters wat daarop gesit het.
[12] Maar hulle sê: 'Ons wil verder, - maar `n onsigbare mag hou ons teë en trek ons heeltemal na die oewer; ons betaal dus niks, omdat ons teen ons wil hier teëgehou word. Ook het ons geen geld nie en ons sal ons heffing eers betaal as ons terugkom.'
[13] Die beampte sê: 'Dit gaan nie by ons af nie! Kan of wil julle nie betaal nie, dan bly die vlotte intussen as onderpand hier totdat julle hulle sal vrykoop!'
[14] Toe wil die houtvlotters wel betaal, maar dan moet hulle hulle dadelik weer verder laat vaar, omdat hulle goeie, ervare nagvaarders was.
[l 5] Maar die beampte staan hulle dit nie toe nie en sê: 'Betaal, en vaar môre op die voorgeskrewe tyd weg! As julle nou nie wil betaal nie, terwyl julle geld het, dan sal julle dit môreoggend driedubbel moet betaal!'
[16] Toe die vlotdiewe dit hoor, betaal hulle die heffing en lê die vlot vas aan die oewer; maar hulle wil die vlot nie verlaat nie. Dieselfde gebeur ook met die volgende vyf vlotte, en toe die landingsgeld betaal was, merk die mense ook die vlot wat hierdie ses gesteelde vlotte agtervolg het, met agt mense daarop wat baie hard stroomafwaarts roei. Nouliks enkele oomblikke later stoot die vlot al teen die oewer.
[17] Hierdie agt houtvlotters herken dadelik hulle gesteelde vlotte en sê met oë wat gloei van toorn: 'Nou het ons julle, gemene spitsboewe, ons het julle al lank in die oog gehad! Wag maar, die steel van vlotte sal van nou af aan beslis vir altyd verby wees! Die hout is bestem vir Serrhe vir `n belangrike bouwerk, en ons het dit self vir baie geld heeltemal uit Cappadocië gehaal en wel uit Arasaxa, Tonosa en Saona tot aan Lacotena in Mesopotamië, waar ons woon, en julle gewetenlose skurke het dit op `n baie gemene manier van ons gesteel, sonder om eers aan julle eie sekerheid te dink dat julle ons nie met die swaar hout kon ontkom nie, en ons die middele het om julle tot diep in Indië te agtervolg! Hierdie keer sal julle nie julle uitgemete straf vryspring nie!'
[18] Toe sien hulle hulle welbekende tollenaar Jored, gaan na hom toe en doen by hom aangifte.
|
|
|
|
|