Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Kenmerke van die maansiele wat op die aarde geïnkarneer is

121 (Die Heer:) Origens skaad so `n eienskap die mens sekerlik nie, en sy siel nog die minste; want sulke mense is gewoonlik baie goed en sagmoedig, en maklik in die omgang. Maar af en toe kan dit by hierdie mense voorkom dat hulle liggaam as gevolg van die growwer ingewande nog in besit geneem word deur `n ander siel wat nog vry in die aardse lugruim rondswerf, dikwels selfs deur meer as één, en meestal deur siele, wat reeds op hierdie aarde `n lewensproef in die vlees deurgemaak het, maar, vanweë hulle groot sinlikheid en selfsug, vir hulle lewensheil aan die ander kant nie slegs niks gewen het nie, maar selfs baie verloor het.  

[2] Hierdie siele word gewoonlik, na gelang van die manier waarop hulle hulle lewe wil verbeter, toegelaat, sodra daar vir haar `n goeie en deugdelike geleentheid voordoen tot `n nuwe liggaamlike lewensproef. Maar as sy dan nie meer kan wag totdat sy weer in `n moederliggaam geplaas word nie, en sê: 'Ag wat, vlees is vlees! Ons sal nou die eerste en die beste menslike liggaam in besit neem en dit straf soveel as wat dit maar moontlik is! En as die liggaam eenmaal deur al die straf ten gronde gegaan het, dan kan ons dit as volledig gelouterde siele verlaat en in die saligheid binnegaan!'

[3] Dergelike siele vergis hulle weliswaar geweldig, omdat so `n soort skynbesit van `n liggaam nie slegs niks help nie, maar slegs skaad, omdat sy dan weer baie lank moet wag voor sy toegelaat kan word tot `n egte herhaalde verwekking in `n moederliggaam. Maar sulke skynbare inbesitnames van die liggaam van ander mense word tog toegelaat, omdat elke siel wat ooit `n volledige vry lewe moet kry, uiteindelik maar net deur haar persoonlike, vrye wil verbeter en versterk kan word, en die vrye wil onmoontlik anders as dat sy deur allerlei bitter ervarings tot die beskeie nugterheid te bring is waardeur sy haar uiteindelik na die ligvolle wil van `n beter gees voeg en eers waaragtig uit haarself verbeter kan word.

[4] En kyk, dan gaan dit tydelik ietwat minder goed met ons mense wat `n maansiel het, omdat hulle deur sulke vry rondswerwende, nog steeds slegte siele – wat die mens die beste nog duiwels (Ouvraci = keerders na die betere) kan noem - die eerste en die maklikste tydelik in besit geneem kan word. Daardeur ly die eie siel van die liggaam nooit enige skade nie, maar sy het selfs nog nut van so `n toestand, omdat sy daardeur baie gedeemoedig word en aan die lewe van haar liggaam weinig of heeltemal geen genot meer beleef nie, wat vir maansielmense baie goed is. Want ten eerste is hulle, ondanks hulle heldersiendheid, merendeels baie eiesinnig en sterk gebonde aan die geslagtelike liefde, en ten tweede wil hulle altyd gelyk hê en is hulle twissiek, geslote en gemeen, hoewel nie bepaald heeltemal boosaardig nie.

[5] Maar ook die besetenheid is te genees deur gebed, deur die aanroep van My Naam, deur vas en deur die oplê van die hande in My Naam. - En dit is nou ook in die opsig alles wat julle voorlopig moet weet; al die hoër en meerdere sal julle gees julle leer, wat Ek op die regte tyd sal vervul met My Gees.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205