Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die wondermaaltyd in die huis van die owerste. Wese en werking van die liefde

138 Nouliks het ons met die talryke geselskap in die stad aangekom, of `n groot aantal mense kom ons tegemoet, begroet ons van alle kante en roep: 'Heil u, groot Verlosser, en ewige dank, want U het ons deur u wonderbaarlike almag verlos van `n groot las!'

[2] Daaroor was die drie wysheidspriesters baie verbaas, soveel te meer toe hulle ook die ander priesters tussen die volk ontdek.

[3] Ons kom nou by die groot huis van die owerste aan. Daar neem alle begeleiers afskeid en gaan na hulle huise en wonings; Ek en alle leerlinge gaan egter met die owerste en sy swaer, die hoofman van Samosata, en die ander huisgenote die huis binne om die middagete daar te gebruik. Ons het egter behoorlike teenslae, want die vrou van die hoofman en die vrou van die owerste, wat `n goeie kok was, het in die haas vergeet om hulle bediendes opdrag te gee om iets vir die middagete klaar te maak en daarom was daar dus nou nog niks gereed nie. 

[4] Toe word die owerste ietwat vererg en ontsteld, maar hy vermaan homself gou en sê: 'Wel, doen dan nou almal julle uiterste bes, sodat ons nie vanaand eers ons middagete hoef te gebruik nie!'

[5] Maar Ek sê vir die owerste: 'Laat dit maar; open nou maar die deure na die groot eetsaal, dan sal ons alles daar aantref wat ons nodig het!' 

[6] Die owerste doen dit en was nie weinig verbaas nie toe hy sien dat alle tafels daar gedek gestaan het met die beste en kostelikste spyse. Toe vra hy natuurlik die vroue waarom hulle hom dit nie dadelik gesê het toe hy daarna gevra het nie.

[7] Maar die vroue verontskuldig hulle nogmaals en sê dat hulle net so verbaas daaroor was soos hyself, omdat hulle van die toebereiding van die middagete selfs net so weinig af geweet het soos hy. Dit moes beslis ook `n wonderwerk gewees het.

[8] Toe bekyk die owerste die eetgerei en die hele bediening en bestek ietwat noukeuriger en sê dat alle skottels, lepels, messe en drinkbekers van suiwer goud gemaak was. Hy kom vinnig na My toe en sê: 'Heer, Heer, dit is U werk! Hoe is ek, arme sondaar, `n duistere heiden, deur U vir so `n barmhartigheid waardig bevind?! Ek is immers glad nie werd dat U mees heilige voete my onrein huis betree nie, - laat staan nog vir so `n ongehoorde eer, wat selfs vir `n keiser van Rome te groot sou wees!'

[9] Ek sê: 'Wat daar is, is daar; en nou gaan ons aan tafel en eet en drink opgewek wat daar op die tafels staan! Want as julle kinders van God wil word, skaad dit immers ook nie dat julle nog in die lewe `n keer ervaar hoe mens as kind in die vaderhuis eet en drink nie.'

[10] Daarop gaan almal welgemoed aan die tafel en begin om te eet en te drink. Maar toe weet hulle nie hoe hulle dit het nie, die owerste, die hoofman, sy seun en beide vroue, hulle dogters en die tien broers van die hoofman, en ook die ander uitgenooide gaste, want hulle verklaar dat hulle nog nooit sulke hemelse lekker spyse en so `n onvergelykbare heerlike wyn geproe het nie, en die vroue omring My en vra hoe dit moontlik was om sulke onbeskryflike smaaklike spyse voor te berei.

[11] Maar Ek sê: 'Ja, beste mense, dit vind julle nie op aarde nie; maar soos die erkende woord van God onder die mense op aarde, waar eenmaal die korrekte vuur van die liefde tot God en tot die naaste intensief aanwesig sal wees, sal die mense by die vuur sekerlik ook spyse vir homself berei wat net so goed en dikwels nog beter sal smaak as hierdie. Ek sê vir julle: Die ware, suiwer Liefde is die edelste heilige vuur; Sy kan alles doen. Sy is die beste kok, die beste herbergier, die beste krui vir alle spyse en die beste spys self. Waarlik, wie deur die suiwere Liefde gevoed word, word waaragtig goed gevoed, en wie deur Haar versadig word, sal in ewigheid geen honger hê nie! As die Liefde julle lewend sal maak, sal julle ewiglik geen dood voel, nog smaak nie. Doen daarom julle beste vir die suiwere liefde tot God en julle naaste; want die liefde sal julle alles gee wat julle meer as salig kan maak! En hoe die liefde daar uitsien, het julle in die afgelope drie dae gehoor, en dus hoef Ek julle niks verder daaroor te sê nie.' 

[12] Toe dank almal My vir hierdie les en beloof My plegtig om soveel moontlik in die liefde te groei. 

[13] Toe sê een van die drie wysheidspriesters: 'Hoe kan `n sterflike, stoflike mens egter `n ewige onsterflike en suiwer geestelike God liefhê? Sou so `n menslike vermetelheid `n God nie in hoë mate vererg nie? Wat sou `n aardse koning nie sê as een van ons hom `n liefdesaansoek doen nie? Wat is `n koning egter vergeleke met `n God!' 

[14] Ek sê: '`n Dom en baie trotse koning, wat sy onderdane egter nie self geskape het nie, sou wel nie so vriendelik daarop gereageer het wanneer `n baie gewone, dom iemand by hom sou kom en sê: 'O groot koning, ek voel `n groot liefde vir u! Kom van u hoë troon af en laat u deur my omarm en gekus word!' Die koning sal so iemand beslis vir `n dwaas aansien en hom deur sy dienaars die deur laat wys; en as hy nie goedskiks gaan nie, dan sal hy hom moet laat welgeval dat hy `n tugtiging sal kry. Maar as die onderdane aan so `n koning `n waaragtige, daadwerklike liefde betuig, sal hy dit ook sekerlik baie goedgunstig aanvaar en beloon, en niemand die deur laat wys nie.

[15] God, die ewig ware, lyk egter nie soos `n dom heiden van hierdie aarde nie. Hy is Self suiwer liefde en dus ook die hoogste wysheid Self, wat as sodanig ook alle wêrelde en die mense uit Hom geskape het.

[16] Omdat Hy dus Self suiwer liefde is, wil Hy ook, dat alle mense Hom in die eerste plek bo alles sal liefhê, en vervolgens ook - omdat alle mense Sy werk is - elkeen wedersyds lief sal hê soos wat elkeen homself liefhet. As God egter alle mense meer liefhet as die beste vader sy kinders, waarom dan sal die mense Hom dan nie van hulle kant ewe-eens bo alles liefhê nie, sodra hulle Hom eenmaal goed herken het?

[17] Waarlik, Ek sê vir julle: Sonder die ware liefde sal julle God nie vind nie, Hom nooit goed herken en Hom sodoende ook nooit kan nader nie! Slegs die liefde toon julle die sekerste weg na Hom, - julle verstand egter ewig nooit nie! En wie die weg na God nie vind nie, vind ook nie die weg na sy hoogste eie lewe nie en dwaal daarom in die duister en op die weë van die oordeel en die ewige dood. Onthou dit van My; die res sal julle later wel van My leerlinge hoor.' 

[18] Daarop swyg die drie wyses en hulle eet en drink lustig verder.

[19] Maar een van hulle was `n taamlike puntenerige man, en hy sê selfs later vir die ander twee: 'Hierdie wonderbaarlike man praat die volle waarheid. Laat ons dus na hom luister, dit sal vir ons die beste wees; want hy is ons in suiwere wysheid wel duisendmaal duisend keer die baas!'

[20] Ek sê egter tydens die hele maaltyd verder niks meer nie; na die maaltyd keer die drie wyses hulle tot die leerlinge, en hulle onderrig hulle in die vernaamste grondreëls van My leer, wat die drietal baie sterk aanspreek.

[21] Self gaan Ek met die familie van die owerste en die hoofman na buite en laat die leerlinge nou slegs alleen werk. Dit spreek vanself dat alle nuwe leerlinge steeds ywerig aanwesig was terwyl die ou leerlinge onderrig gegee het, en vir hulleself ook die hoofpunte opgeskryf het. Eers teen die aand het ons weer bymekaar gekom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205