Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die geskiedenis van die ryk man en sy werkliede

117 (Die Heer:) 'Kyk, lank gelede was daar `n man wat met sy familie weggetrek het na `n eensame land wat nog nooit deur iemand anders bewoon was nie, en hy kon sê: 'Sover die oog reik, is alles nou my eiendom!' Hy het vir homself gou `n behoorlike woning gebou, en hom met melk van die aanwesige wilde bokke gevoed wat daar in groot aantalle rondgeloop het en gladnie sku was nie, omdat hulle nog nooit deur `n jagter agtervolg was nie. Met die jare het sy familie ook uitgebrei, en die vroeëre, sobere, eenvoudige woning het letterlik in `n stewige kasteel verander. Dit het egter gebeur omdat hy `n groot hoeveelheid suiwer goud en nog `n groot hoeveelheid pragtige edelstene in die land gevind het, skatte wat hy nie meer in sy vroeëre eenvoudige woning durf bewaar nie.    

[2] Toe sy skatte aan goud en edelstene egter steeds groter geword het deur sy versamelwoede, stuur hy bodes uit om sy skatte in die bewoonde lande te ruil vir ander dinge wat hy vir sy huishouding nodig gehad het. In die begin het hy goeie sake gedoen, en hy laat ook `n aantal ander mense na sy land kom om daar vir hom te kom werk.    

[3] Omdat hy hulle egter maar weinig loon gebied het en hy hulle byna dag en nag vir hom en syne laat werk het, word hulle ontevrede en vra meer loon en `n beter behandeling. Die man, wat nou ryk was, sê egter: 'Wees geduldig totdat ek my huis beter ingerig het, - dan sal ek julle eis wel tegemoetkom!' Daarmee neem die arbeiders genoeë en raak weer aan die werk.

[4] Die ryk man dink egter by homself: 'Ek is nou weliswaar bang vir julle, maar ek sal my getroue bodes weer uitstuur om wagters en soldate te gaan haal. Hulle sal ek ietwat beter beloon en hulle sal dan wel weet om die oormoed van die arbeiders te beteuel.' - Dit doen hy dan ook, en toe die arbeiders dit sien, word hulle baie bedroef en sweer wraak teen die harde, ryk man.

[5] Toe stuur hulle ook mense in die geheim na hulle lande om hulptroepe te gaan haal. Hulle kom gou, omdat hulle `n ryk buit verwag het. Toe die arbeiders so hul versterking gekry het, het hulle weer na die ryk geworde man gegaan, wat nou `n groot land sy eiendom kon noem, en vra hom dringend vir `n behoorlike verbetering van hulle loon, en die behandeling waarop hulle al lank reg gehad het. 

[6] Maar die rykgeworde man roep die bewakers, wat die arbeiders moes straf vir hulle euweldaad en hulle in alles nog meer moes beperk. Toe was die geduld van die arbeiders op en hulle sê: 'Heer, deur ons harde werk het u so ryk geword! Ons hande het vir u hierdie stewige koningskasteel gebou, voorsien van allerlei werkplekke, die land met koring bebou en wyn wingerde aangelê. Ons het goud, silwer en allerlei edelgesteentes vir u versamel en het dit vir u na alle markte gebring, en as dank wil u ons nog harder laat werk en harder behandel?! Nou, wag maar, ons sal die begeerte daartoe wel vir u laat vergaan! 

[7] Elke mens op hierdie aarde het vir homself die reg van ontgin en versameling; as hy egter `n medemens dien, moet die hom goed versorg, omdat hy vir hom afstand gedoen het van sy eie ontgin- en versamelreg. Ons almal het dit vir u gedoen en u gegee ons wat u volgens die wet reg op gehad het, en daarvoor wil u ons nou so beloon?! Weet, harde man, dat ons van u vir al ons moeite en ons harde werke nie slegs byna geen loon nie, maar bowendien ook nog `n slegte behandeling gekry het, wat nou in die laaste tyd al sover gegaan het dat u op brutale wyse deur u geregsdienaars ons hutte laat deursoek het om te sien of ons dalk nie ook vir ons self `n kleinigheid versamel het nie? En as daar iets by iemand gevind was, het u nie slegs alles by hom laat wegvat nie, maar hom ook nog gruwelik deur u wagters laat mishandel, en u het selfs formeel `n wet laat afkondig wat lui dat elkeen wat iets van die skatte agterhou, met die dood gestraf sal word.   

[8] Omdat u, ellendige ou booswig, ook nog in staat was om dit aan ons te doen, sonder om maar in die minste te bedink dat ons ook net sulke goeie mense soos u is, en van God presies dieselfde regte op hierdie aardbodem gekry het as u, - daarom verlang ons nou van u dat u alle skatte wat ons met baie moeite vir u versamel het, aan ons te gee; want deur al die werk is dit ook ons eiendom! Die aarde het hulle aan ons gegee, en daar was nêrens `n God nóg `n mens wat ons verbied het om dit te neem nie, en dit is volkome ons eiendom. U is ten voorskrifte van ons slegs `n dief en selfs `n rower as u dit nie aan ons wil gee nie! Ons wil egter maar net hê wat ons versamel het, en vra tog niks vir die feit dat ons hierdie kasteel met groot moeite vir u gebou het nie, en daarmee sewe jaar lank geplaag was. Gee nou goedskiks wat ons s`n is, anders gebruik ons geweld en neem alles, en verwoes ook nog hierdie stewige kasteel!' 

[9] Toe die ryk man sien dat hy niks met geweld teen die talle arbeiders kon uitrig nie, besin hy hom en sê: 'Wees kalm! Ek sien die onreg in wat ek julle aangedoen het, en ek sal julle van nou af aan heeltemal behandel asof julle my eie kinders is, en ek skenk julle die algehele ontginnings- en versamelreg, en julle hoef my, soos diegene wat die land met baie moeite en baie angs en sorg ontdek het, slegs `n tiende deel van al die versamelde af te gee, waarvoor ek julle egter soveel moontlik toevlug en beskerming sal gee.'

[10] Toe sê die arbeiders: 'As u `n man van u woord was, sou ons u geglo het, maar omdat u tot op hede nog nooit gedoen het wat u ons beloof het nie, glo ons u ook hierdie keer nie! Want u groot hebsug laat nooit toe dat u u woord hou nie. Ons sou u graag weer wou glo, - maar ons weet maar al te goed dat u, as ons nou rustig weggaan, dadelik vir hierdie daad van geweld die bewaking in u kasteel tienvoudig sal versterk en ons dan baie streng deur u bewakers sou laat straf, wat ons gou sonder moeite sou baasraak. Gee ons daarom die eiendom waarop ons reg het, dan gaan ons vir altyd hiervandaan weg!' Maar die man het geaarsel en wou nie; toe neem hulle daarop self alles af en gaan daarvandaan weg.' 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205