Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die verkeer met die ander kant. Bewyse vir die voortlewe na die dood

107 Ek sê: 'Voorlopig mon of heeltemal niks nie, want jy is nog lank nie in staat om jou van al die geestelike `n ware, helder en korrekte begrip te vorm nie! 

[2] Dink jy dalk dat die mense so deur God verlaat is, dat hulle nou heeltemal geen berig meer uit die geesteswêreld kry nie? O, dan vergis jy jou deeglik; maar die mense het hulle self van God afgekeer, hulle het begin om hulle alles in die materie te soek en slegs daarvoor besig te wees, en so het hulle hulleself dus heeltemal van die geestelike afgewend. Geen wonder dat hulle dan niks meer waarneem en eintlik niks meer wil waarneem van die geestelike waarborge oor die lewe na die volledige, liggaamlike dood wat aan hulle gestuur is nie! 

[3] Hoe dikwels is mense, wat met die geeste en met die engele van God dialoog gehou het, nie deur die Judeërs en die Fariseërs as brutale leuenaars gestenig nie, omdat hulle niks wou hoor van `n gees wat hulle vermaan het nie! En omdat dit talle honderdduisende kere voorgekom het, is dit dan `n wonder dat elke onskuldige siener opgehou het en sy visioene en menings vir homself gehou het?

[4] Was ou Simeon en ou Anna in die tempel nie `n bron van informasie uit die geesteswêreld nie, omdat beide van hulle daagliks ure lank met die engele van God onderhoude gevoer het en selfs met hulle gedagtes kon wissel? Maar wie het hulle geglo? Mense wou selfs op `n bepaalde dag met oë, ore en mond met die hemelse geeste kontak gehad het; ook dit word, toe Simeon dit vra, toegestaan. Wat sê mens egter van hierdie geweldige verskynsel in die tempel? Dat Simeon en Anna in die geheim saamgewerk het met die Essene en die Egiptiese towenaars om vir die vrome spookverskynsel te sorg! Honderde tempeldienaars is tog met hulle oë, ore en mond getuie daarvan gewees! Waarom het hulle dit dan nie geglo nie?

[5] Die latere hoëpriester Sagaria het visioene gekry. Wie het hom geglo? Maar toe die mense sien dat die visioene van Sagaria volkome waar was, wat het die mense toe met hom gedoen?!

[6] Toe sy seun, Johannes, wat van die goddelike gees deurdronge was, in die woestyn gepredik het, en die Judeërs deur allerlei tekens oortuig was van die volle waarheid van wat hy gesê het, het hulle toe gedoen wat hy hulle geleer het? O nee, hulle het maar net baie kwaad geword en hom, giftig van ergernis, gegryp en hom in die gevangenis gewerp, en - die res weet julle!

[7] Nou is Ek hier, met die Allerhoogste Gees van God, en laat julle deur woorde en dade sien dat dit so is, en tog twyfel julle aan die waarheid van My woorde! Sê nou eers self: Watter groot en nog betroubaarder waarborge vir `n lewe aan die ander kant moet Ek julle dan nog gee?

[8] Of moet mense, wat deur die onbegrensde liefde van die Vader voorbestem is om volledig Sy kinders te word, nie wat hulle siele aanbetref, wat onder die oordeel val, in hierdie wêreld gebore word sonder `n reeds ontwikkelde, hoër bekwaamheid vir die lewe nie? Moet hy nie eers deur allerlei onderrig en oefening uit vrye wil kennis en vaardighede opdoen en daardeur, as jong, aankomde skeppers self aan hulle goddelike lewensvervolmaking werk nie, waartoe die Vader in die hemel hulle altyd alle moontlike hulpmiddele in die hand gegee het en nog steeds bly gee?

[9] Waarom sê Ek dan vir julle: 'Handel volgens My leer, dan sal die ewige lewe hom vanself so duidelik moontlik in julle openbaar!'? En as dit so is, hoe kon julle dan nog so blind wees en sê dat die buitengewone stoïsynse vroue van hierdie priesters eintlik gelyk het om so te praat? O, julle baie blinde dwase! As Ek dit wou en as dit enig nut vir julle sou hê, sou Ek julle geestelike oë onmiddellik kon open, en dan sou julle sien dat julle van alle kante deur `n leër van geeste omring word! Maar wat sou julle dan sê? Ek sê jou: Presies dieselfde as die stoïsynse vroue! Julle sou dan, altans innerlik, so oordeel: 'Ja, solank ons lewe, voel en sien, is dit maklik om iets vir ons in die mou te voer; maar gaan maar eens na die begraafplase toe en maak dit eers aan die dooies wys, - hulle sal tog niks meer daarvan hoor, sien en voel nie!' En Ek sê vir julle: Julle het volkome gelyk; want hulle is ook sekerlik nie meer voorbestem om te lewe nie, hoewel daar ook nog in hulle lewensdeeltjies van die siel aanwesig is wat onder die oordeel val, wat na hulle volledige ontwikkeling ook eens vir `n ander individu tot `n vrye lewe gewek word.  

[10] Maar net die siel van die mens is vir die ewige voortlewe voorbestem; die materie kan nie as materie voorbestem wees vir `n ewige voortbestaan nie, omdat hy op sigself slegs iets geestelik is wat geoordeel is, dus alleen die vasgelegde wil van God vir `n bepaalde tyd is, en dat dit nie vir altyd so kan bly nie, omdat in God, saam met al die ander, sy wil ook vry is en dat `n gedagte van God slegs solank vasgehou word as wat noodsaaklik is vir die bereiking van `n hoër doel.

[11] Sonder God en buite God kan iets in ewigheid nooit en nêrens bestaan nie. Wat daar is in die hele, ewige oneindigheid is uit God, en dus eintlik volkome geestelik. Dat dit in `n wêreld as vaste materie sigbaar word, kom deur die standvastigheid van die goddelike wil; as dit sou ophou om aan `n gedagte van God vas te hou, sou daar vir `n stoflike oog selfs geen spoortjie meer te vinde wees nie, hoewel die gedagte van God wat op hierdie wyse opgelos is, geestelik ewig in God sou moet voortbestaan.

[12] Sê dan eers waar Ek die grond vandaan gehaal het waarmee Ek die meer opgevul het, of die materiaal waarmee Ek gisteraand die aardse besittings van die arm vissers verbeter het, en waar bly die materie van die drie gode wat weg is? By die meer en by die vissers is My gedagte deur My wil vasgelê, en by die beelde is My vasgelegde wil losgelaat en My oergedagte vry en weer geestelik gemaak. En dit is ook die verklaring vir die tekens wat Ek hier vir julle gedoen het. Vir die feit dat Ek egter ook Heer van die geeste en al die lewe is, is hierdie seun Jorab, wat eergisteraand deur My uit die volkome dood weer tot lewe gewek is, `n gedugte getuie. Kan Ek julle dan nog meer bewyse gee vir die verder lewe van die siel na die skeiding van die liggaam?'

[13] Toe sê die Skrifgeleerde: 'Nee, my God, my Heer en Leraar! Nou is alles vir my heeltemal duidelik. Ja, so is dit en dit kan ewig onmoontlik nie anders wees nie! Maar Heer, as die vroue van die priesters nou straks mag kom, laat my dan asseblief `n oomblik met hulle praat, dan sal ek hulle Diogenes wel op so `n manier uit hulle verjaag dat hulle later beslis nooit meer aan `n Diogenes sal dink nie!'

[14] Ek sê: 'Ja, ja, doen dit, want dit staan My tog al baie teen om met allerlei stoïsyne te doen te hê! Maar pas op dat jy uiteindelik nie aan die kortste end trek nie, want hierdie vroue is op hulle manier baie bekwaam en weet hoe om hulle saak te behartig.' 

[15] Die Skrifgeleerde sê: 'Heer, daarvoor sal ek wel met U hulp sorg!'

[16] Nouliks het hy dit gesê, of die vyf priesters met hulle vroue daag op.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205