Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die selfsugtige handelwyse van die priesters in die tempel

17 EK sê: “Vind jy dan dat hulle iets nuuts aan ons vertel het?! O, geensins nie! Dit is aan My selfs as Menseseun alreeds lankal bekend! Herinner jy jou nog aan My twaalfde jaar, toe Ek as Seun drie dae lank met die Fariseërs en skrifgeleerdes en oudstes verkeer het?! Sien, reeds destyds het dit in die tempel presies net so daar uitgesien as nou, en alreeds vroeër was dit ook al so; maar toe het daar tog minstens sommige waardige en waaragtige opvolgers van Moses en Aäron op die stoel van Moses en sy broer Aäron gesit, wat egter uit die stam van Levi gekom het. Maar Sagaría was die laaste, en nou is alle stamme daar in die tempel verteenwoordig, omdat elkeen na willekeur vir geld `n amp daar vir homself kan koop. 

[2] Kort en klaar, My huis - soos wat die profeet sê - het hulle in `n moordkuil verander en daarom kan geen heil meer daarin gesoek word nie! Maar nogtans sê Ek aan julle almal: Luister na die leer van diegene wat op die stoel van Moses en Aäron sit wanneer hulle die woord van God verkondig, maar kyk nie na hulle slegte dade nie en doen hulle dit ook sekerlik nie na nie, want dit is die afskuwelikste bedrog! 

[3] Dat hulle egter nou so is soos wat hulle is, is die oordeel van God oor hulle, omdat hulle van Hom afgedwaal het en hulle na Mammon gewend het, wat nou hulle god is. Wie weet nie dat die eersgeborenes uit elke huwelik vroeër tot hulle veertiende jaar vry en kosteloos in die tempel as `n offer aan God uitstekend vir die Heer opgevoed is en dat sulke eersgeborenes heel dikwels sigbaar deur die engele van die hemels bedien en onderrig is nie?” 

[4] ALMAL sê: “Ja, dit is woord vir woord waar!”

[5] EK sê verder: “Waar gebeur so-iets nou?”

[6] `n JUDEËR sê: “O, dit gebeur ook nou nog, maar weliswaar op `n heel ander manier! In plaas daarvan dat die eersgeborene as offer aan God die Heer, toegewys word, neem die tempel liewer geld aan; maar wie geen geld het nie, kan sy eersgeborene sonder enige beswaar self hou en dan word daar vir `n paar muntstukke in die skatkis `n aantal gebede in God se huis geprewel vir die toekomstige welsyn van die desbetreffende, of mens neem, as die ouers van die eersgeborene as reggeaarde gelowiges (Judeërs) nog halsstarrig vashou aan die ou instelling, dan word die eersgeborene wel met die voorgeskrewe seremonie aangeneem, maar dan teen `n geringe vergoeding direk in die hande van die een of ander vroedvrou oorgegee. As die kind aan die lewe bly, word hy of sy vervolgens as huisbediende gewoon aan die een of ander boer verkoop, waar hy dan soos `n dier grootword sonder lering en onderwys en eis die ouers hom vervolgens na sy veertiende jaar terug, dan verwonder hulle hul natuurlik uitermate daaroor dat hulle eersgeborene so weinig barmhartigheid in die tempel gevind het en dan het hulle eers werklik probleme met die kind.

[7] Daarom gee die armes tans hulle eersgeborenes ook glad nie meer aan die tempel nie, maar hou hulle liewer by die nuwe voorskrif waaroor ons vroeër gepraat het. By die rykes is dit ewenwel anders; hulle word wel in die tempel, natuurlik vir geld, heel behoorlik versorg en na verloop van tyd ook af en toe deur pseudo-engele besoek, bedien en onderrig in enkele Skriftekste wat van buite geleer is, maar wat die engele egter ewemin verstaan as hulle vrome leerlinge.”

[8] EK sê: “Laat ons nou ophou met hierdie verhale, wat ongelukkig maar al te waar is, want ons Judese burgers kom nou aan en ons wil hulle nie buitengewoon vererg nie. Weliswaar weet hulle ook heelwat, maar natuurlik nie al hierdie dinge nie en daarom sal ons hulle vooraf nie te ver inwy in die diepste, bose geheime nie. Praat julle ook so min as moontlik daaroor, want andersins sou julle in groot aardse moeilikhede kon kom, wat dan ook julle siele skade sou kon berokken! Dink liewer:”Ons is in ons harte vry en het die regte lig en die ware weg na die lewe gevind!” Solank Ek hulle egter nog duld, sodat die maat van hulle boosheid kan volword, solank moet ook julle hulle nog duld en volg hulle goeie leringe na, maar wend julle oë en ore af van die slegte leringe! En nou genoeg oor hierdie onderwerp, want ons burgers staan alreeds voor die deur en ook hulle het nog niks geëet nie; daarom moet hulle hier ook iets te eet en te drink kry.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205