|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 52
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Oor die versoeking en die swakke. Oefen die denke
52 Toe ons almal genoeg geëet en gedrink het, vra die herbergier aan My of ons, omdat dit reeds taamlik laat in die nag geword het, dalk wou gaan rus.
[2] Maar EK sê: “Wie behoefte aan rus het, moet gaan rus; Ek het egter geen behoefte daaraan nie en daarom gaan Ek nou ook nog nie rus nie. Bowendien is dit vir die liggaam beslis nie bevorderlik om dadelik na `n maaltyd te gaan rus nie; daarom bly ons nog `n paar ure wakker. Maar wie voel dat hy rus nodig het, laat hom gaan rus!”
[3] Almal sê: “Nee, nee, o Heer, ons wil met U wakker bly tot die môre, as U dit wil! Want ons weet maar al te goed dat by U alles `n innerlike, onnaspeurbare betekenis het, en dus is hier ook beslis iets daaragter, en dus bly ons wakker!”
[4] EK sê: “Julle het gelyk; waak en sorg dat niemand van julle in versoeking kom nie!”
[5] Toe het My eerste studente aan My gevra: “Heer, wat kan ons in U nabyheid dan wel in versoeking bring?! Want ons het aan U sy tog alreeds so baie beleef, en nog baie weinig het ons ook maar `n oomblik in versoeking gebring.”
[6] EK sê: “O, beroem julle maar nie daarop nie, want die gees van die versoeking gaan rond soos `n hongerige, brullende leeu en probeer die mense te verslind! Julle kan nie waaksaam genoeg wees en nie genoeg let op elke sagte wind wat julle, o so ligtelik, prikkel nie! As so `n prikkeling die mens in sy gemoed en hart ook maar `n haarbreedte aan sy kant gebring het, dan sal dit hom werklik baie wilskrag kos om sy vroeëre standpunt te herwin. Onthou dit alles goed; want solank as wat die mens in hierdie wêreld leef, dink, wil en handel, weeg sy vlees swaarder as sy siel.”
[7] Philippus sê: “Dit is sekerlik al te waar, en ek het dit alles baie goed by myself waargeneem; maar noudat ek oud is, doen geen enkele versoeking my nog iets aan nie. Ek het maar één fout en dit bestaan uit `n soort geloofswakte wat so nou en dan intree, dit wil sê, ek glo eintlik wel alles wat U sê, o Heer, - maar as my verstand alles soms nie dadelik begryp nie, dan word my geloof ook swak, en dan verval ek dadelik in allerlei ernstige vrae waarop van geen enkele kant `n duidelike antwoord in my gemoed en hart te vind is nie, en dan begin ek baie gou ligweg te twyfel. Dit is die enigste versoeking wat my nog steeds so nou en dan bekruip. Maar U, o Heer, sou my wel daarvan kon bevry en daardeur sou U my die gelukkigste mens maak!”
[8] EK sê: “As Ek dit deur die krag wat in My woon sou doen, sou jy geen vry mens meer wees nie, baie traag word en baie gou ophou om jou siel te oefen in die steeds groter verkryging van die ware lewenskrag.
[9] Laat elkeen dus sy las gewillig dra en hom steeds oefen in alle goeie dinge van die innerlike lewe! Op die regte tyd sal sy lewensmaat ook daardeur vol word en dan sal hy eers ware onverganklike vreugde hê oor die brood wat hy so self in die sweet van sy aangesig verwerf het.
[10] Stel jou `n baie verwende mens voor, wat vanaf die wieg totaal niks hoef te gedoen het nie. Hy het die beste spyse geëet en gedrink, hoogstens maar net geleer praat en het behalwe sy klere nooit enige las gedra nie. As so iemand dan `n gewig van etlike ponde oor `n bepaalde afstand moet dra, sal hy dit nouliks kan doen, omdat hy sy fisieke kragte nooit ook maar in die minste daarvoor geoefen het nie. As hy dan nogtans begin om sy liggaamlike kragte deur `n langsame toenemende proses van aktiwiteit te oefen, sal hy dit binne enkele jare ook sover bring, om groter laste met gemak op te tel en te vervoer. Maar sou hy ook tot hierdie groter liggaamskrag gekom het, as hy maar steeds die ander mense vir hom sy laste laat optel en dra het?!
[11] En kyk, presies so sien dit daar by jou met jou denkvermoë uit! Jy het dit vanaf jou jeug te min geoefen en eers nou op `n latere leeftyd het jy begin om dit meer te oefen, en jy hoef jou dus ook nie daaroor te verwonder dat jy nou baie dinge nie so gou opneem en begryp soos menige ander nie.
[12] Ek is egter `n goeie onderwyser en leier en Ek dra My studente nie op die hande oor alle weë en voetpaaie nie, hoe steil en oneffe ook, maar laat hulle self loop sodat hulle sterk genoeg word om voortaan selfstandig oor alle weë te kan gaan, ook die growwe weë.
[13] As iemand egter op `n bepaalde weg `n hindernis ontmoet wat egter te groot is, dan sal Ek hom wel lig en krag gee om ook hierdie groot hindernis te oorwin. Maar in die eerste plek moet elke mens self alles doen wat in sy vermoë is; as hy meer nodig het, sal dit op die regte oomblik aan hom gegee word. - Het jy dit nou goed begryp?”
[14] Philippus sê: “Ja, Heer, dit het ek nou goed begryp, en ek sal alle moontlike moeite doen om in my denke en geloof altyd so sterk as moontlik te word!”
|
|
|
|
|