Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die brood van die lewe.

(Evangelie van Johannes 6: 22-35)

43 Maar die volgende dag, toe ons na die ontbyt na buite gaan om te sien wat daar te doen was, het ons aan die oewer `n groot aantal mense aangetref wat ons die nag nog vanaf Tiberias met baie moeite nagevaar het. Dit was egter dieselfde mense wat die aand tevore aan die oorkant van die see aan die oewer gestaan het en duidelik gesien het dat die studente sonder My oor die see weggevaar het. En hierdie mense het nou ook gesien dat daar behalwe hul eie skepe, wat hulle goed geken het, geen ander skip was as die een waarin hulle die studente sonder My gesien wegvaar het nie, en hulle het geweet dat Ek beslis nie vir die afvaart aan boord gegaan het nie, maar dat net My studente weggevaar het. (Johannes 6:22)

[2] Terwyl ons so langs die oewer gewandel het, het daar nog mense in ander skepe aangekom, wat eers die oggend vroeg van Tiberias weggevaar het. Hulle het egter eers nog na die vorige plek gevaar, uitgestap en nog die plek besoek waar hulle deur My danksegging die brood geëet het, om hulle daarvan te oortuig of Ek dalk tog nog daar was. (Johannes 6:23) Omdat hulle egter nòg vir My nòg die studente daar gevind het, het hulle gou teruggegaan na die skepe wat op hulle gewag het en met gunstige wind na Kapernaum gevaar; want hulle het geweet dat die studente na Kapernaum gevaar het. Toe hulle teen die middag in Kapernaum aangekom het, het hulle dadelik die studente gesoek en veral vir My, om te kyk of Ek wel daar sou wees. (Johannes 6:24)

[3] En toe hulle My na `n lang gesoek gevind het, en wel in `n skool in Kapernaum waaroor later nog iets gesê sal word, en nou duidelik gesien het dat Ek van Tiberias na Kapernaum ook kennelik oor die see moes gekom het, omdat Ek via die ver omweg oor land oor al die berge en klowe seker `n paar dae nodig sou gehad het, het hulle aan My gevra: “O Heer, hoe het U dan die see oorgesteek?” (Johannes 6:25)

[4] Ek het egter vinnig aan die studente `n wenk gegee dat hulle dit aan niemand moes sê nie, omdat Ek My voorgeneem het om aan hierdie koningshelde `n les te gee, wat baie geskik sou wees om die kaf van die suiwer koring te skei.

[5] EK sê daarom aan die vraende mense: “Waarlik, waarlik, Ek sê vir julle: Julle soek My nie omdat julle die talle tekens wat Ek gedoen het, gesien het nie, maar net omdat julle as hongeriges op die berg die brood geëet het en daardeur versadig is. Daarom het julle My ook as dank `n groot profeet genoem en wou julle My uiteindelik selfs julle koning maak, omdat julle by julleself gedink het: “Sien, Hy het mag genoeg oor ons vyande, wat ons altyd maar laat werk, en daarbenewens kan Hy aan ons steeds op hierdie manier brood verskaf, dan sal ons nie meer nodig hê om te werk nie!” (Johannes 6:26)

[6] Ek sê egter vir julle: Die spys bevorder nie die geestelike lewe van die siel nie, maar net die verganklike lewe van die vleeslike liggaam. Ek, wat nou ook die Menseseun is, wil en sal aan julle egter `n ander spys toon en gee wat sal bly en vir ewig in die siel werk. Want daartoe het die Vader in die hemel My verseël en bestem. (Johannes 6:27) En die spys bestaan daarin dat julle waarlik God se wil doen en daardeur ook God se werke verrig.” (Johannes 6:27)

[7] Toe vra die vraers aan My: “Sê dan aan ons wat ons moet doen om volgens U woord, God se werke te doen! Ons is net mense en geen profete nie en kan maar net volgens die wet van Moses leef.” (Johannes 6:28)

[8] EK sê: “Ja, as julle jul aan die wet van Moses sou hou, dan sou julle My alreeds lankal herken het! Maar julle hou julle uit angs vir wêreldse strawwe, met heimlike woede aan die wêreldse voorskrifte en herken My daarom nie, hoewel Ek sulke tekens voor julle oë gedoen het wat nog nooit deur `n mens voor My gedoen is nie.

[9] Maar Ek sal julle nou sê wat God se werk van nou af is. Van nou af aan kan julle God se werk doen deur te glo dat Ek die Een is wat God deur die profete beloof het en wat Hy nou na julle in hierdie wêreld gestuur het!” (Johannes 6:29) 

[10a] Daarna het hulle almal baie verbluf opgekyk en gesê: “Watter tekens doen U dan verder nog, wat groter is as dit wat ons gesien het? Vertel dit eers en wys dit aan ons, sodat ons dit ook kan sien en dan kan glo wat U van Uself sê! Dus, watter ander tekens doen U nog? Tot nou toe weet ons maar net dat U allerlei siekes genees het en dat U ons waarlik op wonderbaarlike wyse versadig het met die talle brood wat op die berg uit die paar brode ontstaan het. Maar, sulke en soms selfs groter tekens het ook ander profete, sedert Moses, gedoen. (Johannes 6:30)

[10b] Het ons vaders geen manna geëet in die woestyn nie, soos wat geskryf staan? “Hy gee hulle brood uit die hemel te ete.” (Johannes 6:31)

[11a] Daarop het EK aan hulle gesê: “Waarlik, waarlik! Moses het aan julle geen brood uit die egte hemel gegee nie, maar net uit die lug van die sigbare, aardse hemel. Alleenlik My Vader in die egte, geestelike hemel gee aan julle nou deur My die ware brood uit die hemel! (Johannes 6:32)

[11b] Want dit is die ware brood uit die hemel in My, wat aan die wêreld die lewe gee! (Johannes 6:33)

[12] Hulle het egter nie begryp dat Ek met die ware brood wat aan die siel die ewige lewe gee, My woord en My leer, wat uit die ewige, lewendigste liefde en wysheid van God voortkom en daardeur self lewe en wysheid is en aan die siel die ware lewe gee, bedoel het nie.

[13] Omdat hulle maar net daaronder die brood verstaan het wat hulle op die berg geëet het, het hulle dan ook gesê: “Heer en Leraar, gee aan ons dan altyd sulke brood om te eet, meer verlang ons nie.” (Johannes 6:34)

[14] Daarop sê EK: “Wat praat julle, en wat wil julle hê? Het julle dan nie verstaan wat Ek gesê het nie? Ek Self is die ware brood van die lewe! Wie na My toe kom, sal geen honger hê nie, en wie in My glo sal nooit meer dors hê nie!” (Johannes 6:35)

[15] Toe het hulle gesê: “Heer, ons is nou tog by U! En hoewel ons glo dat U `n groot profeet is, miskien groter as Moses, van wie mens nie eers met groot sekerheid kan sê dat hy werklik ooit bestaan het nie, kry ons nou, omdat ons sedert vanmôre niks geëet het nie, tog honger en ook dors. Moses het ons nooit gesien nie, U het ons gesien en ons sien U nog, en daarom is U vir ons ook duidelik belangriker as Moses en alle ou profete. Maar nogtans is ons nou alreeds werklik honger en dors. Op watter manier moet ons dan U woorde uitlê?”

[16] Toe het EK saggies aan Johannes gesê: “Begryp jy nou, wat Ek gister heimlik aan jou op die berg gesê het; was dit nie waar nie?! Hierdie mense staan nog heeltemal op die vlak van die diere, en Ek gebruik sulke bedekte taal sodat hulle die spoor heeltemal moet byster raak sodat hulle daarna van My af sal weggaan; want hul tyd is nog lank nie daar nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205